‘Erfenisbate van onskatbare waarde vir ewig verlore’

Die stadsaal in Bloemfontein nadat dit Woensdag (21 Junie 2017) aan die brand gesteek is. Foto: Twitter via @Talk2Elia

Dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-raadslid in die Mangaung-metro, sê die Bloemfonteinse stadsaal was ʼn erfenisbate van onskatbare waarde wat nou vir ewig verlore is.

Dit volg ná stakende werkers van dié metro, wat Bloemfontein, Botshabelo, Dewetsdorp, Wepener en Tweespruit insluit, Woensdagaand die gebou weens hul ontevredenheid met die ANC-beheerde munisipale administrasie aan die brand gesteek het.

Volgens Snyman-van Deventer is die stadsaal die eerste keer in 1883 gebou en weer in 1935 herbou.  Die munisipale argief wat in die kelder van die stadsaal gehuisves was, is ook na bewering verwoes.  Behalwe vir die hout wat uit ʼn skeepswrak van die 1800’s herwin en in die boog van die verhoog gebruik is, was die besonderse erfenisbate ʼn nasionale gedenkwaardigheid en ʼn spesiale deel van Bloemfontein, die Vrystaat én Suid-Afrika se geskiedenis.

“Dit is werklik ʼn hartseer gevolg van ʼn onbevoegde ANC-administrasie en burgemeester se onvermoë om behoorlike bestuur toe te pas.”

Sy het bevestig dat die VF Plus ʼn klag van kwaadwillige saakbeskadiging teen SAMWU, sowel as sy provinsiale sekretaris, Thabang Tseoua, aanhangig gemaak het.

“Die skuldiges moet aan die pen ry en SAMWU behoort vir die skade te betaal, maar hoe vervang ’n mens iets wat meer as 100 jaar se geskiedenis bevat het?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Hennie ·

Maak ‘n beginsel besluit wie in die toekoms nie toegelaat sal word in waardvolle geboue nie.

willie ·

ons kan wys wat ons in die geskiedenis al bereik het tov geboue, tegnologie, hartoorplantings, wapentuig, ens! ander kan net die teendeel daarvan wys, daarom het hulle wat regeer en in die meerderheid is nodig om hulle met wetgewing teen die minderheid moet beskerm! wat ñ vernedering!

Tersia ·

Dis tyd dat vakbonde volle aanspreeklikheid vir enige skade aan provinsiale en nasionale bates moet dra. Hierdie unies het baie fondse.

Wessels ·

Dus maar hoe dit gaan in die land. Ons het nou nie baie natuur rampe nie maar mens rampe het ons in oorvloed.

Albert ·

Eendag lank gelede was Suid Afrika regeer deur mense met waardes.Maar dis lank gelede

Voorstel ·

Ook ek het goed van waarde maar ek weet nie waarheen daarmee want oral het die regeerder sy hand in die ‘pie’.
Betreffende die stadsaal is my voorstel om dit net so te los en aan buitelandse toeriste te wys as ‘n besienswaardigheid oor hoe dit nou gaan in hierdie eens beskaafde land waar ook toentertyd kolonialisme voorgekom het.
Daar moet dus nie eers opruimingswerk gedoen word. Nogal ironies dat die stadsraad nie ‘n klag gaan lê het by die polisie.

Vic ·

And this, ladies and gentlemen, is how Africa ends up looking the way it does

nhk ·

Dit is n hartseer saak. Niks het waarde of n betekenis vir hierdie mense. En so word die mens groot gemaak sonder waarders ….sonder respek….sonder dissipline. En so gaan dit net aan en aan.

Andre ·

En die vurige Nasionale Party ondersteuners van die laat 80’s en vroeg 90’s tesame met die Ja-stemmers, is nou doodstil. Kom mense, laat weet ons hoe om hierdie tipe van probleme aan te spreek! Julle was dan destyds so slim …

Boetman ·

Absoluut Andries.
Dan moet hul sommer vertel waar en wanneer die wigte en teenwigte inskop – dit wil ek nie mis nie!

Johannes Meintjes ·

Dit is jammer dat Afrika oor die algemeen nie waarde heg aan geskiedenis en kultuurskatte nie. Daarbenewens is die Nasionale Demokratiese Rewolusie se tendens besmoontlik om terreur op sensitiewe terreine te saai. Intussen smeer ons maar die salf van niksseggende berade en baie vergaderings aan die hele probleem van verval, wanorde en gebrek aan respek in die nuwer Nuwe SA.

madels ·

Ongelukkig die enigste waarde wat hierdie regering aan die geskiedenis heg is om die heeltyd vir almal te vertel hoe erg hul behandel was deur die wit regering.. dis die enigste erfenis wat hulle vir miljoene volgelinge wil agterlaat, n haat, n onvergewensgesindheid, n bitterheid en bloedvergieting van hul eie mense en die wittes…… wat n RAMP!

Rommel ·

Net rommel het oorgebly, verteenwoordigend van die land se rommelstatus. Wat ‘n verdomde skande . . . !!!

JoeV ·

Daar is steeds mense wat ‘n toekoms “verwag” of “onderhandel” met ander kulture Het nog nooit gewerk nie, in geen land op aarde nie.
Diè is JOU kultuur, jy is ingestem onder een mens een stem. Waarom die lang trane? Oral in Afrika is daar geen “gendenk” geboue oor nie, en mense verwag dit gaan hier oorbly.
Wat veroorsaak dat die beskaafde “kultuur” houers in Suid Afrika verwag dat daar gebou en beskerm sal word om beskaafde norms te onderhou en te bou terwyl daar in geen Afrika land getuienis daarvan is nie?
Skud af die belange van die verlede, dit bestaan nie, werk vir eie reg en bestuur, bou ‘n NUWE erfenis bate, wees verseker om te veg vir die “erfenis” wat oorhanding is is ‘n verlore stryd en tyd en geld wat daaraan vermors word kon baie beter gebruik word vir eie skole en verdere oplyding IN JOU KULTUUR.
Gebruik die puinhoop as herhinnering aan die waarde van deelname aan die gemors waaraan mense tyd en geld spandeer met die “hoop” dat dit sal reg kom. Jy is in ‘n gewelddadige verhouding wat nie deur misbruik van verslawende middels veroorsaak word nie, maar ‘n kultuur.
P.S. maak net seker die gedenkplaat is van veroeste ou stuk staal en nie van iets waardevols nie!

René Prinsloo ·

Al wat mens kan sê dit is “barbaars”. ANC wil nie verantwoordelikheid aanvaar vir hulle onbevoegde kaders wat in poste sommer net ingedruk word nie.

Herman Human ·

HH skryf.. Stem saam, los die gemors net so! Tiperend van die nuwe Suid Afrika. Die ou gebou was die trots, Stadsaal en middelpunt van Bloemfontein. Die hoop gemors en murasie is nou die trots en Stadsaal van Mangaung!

anton ·

Alle gedenkwaardige plekke/geboue ens. wat van belang is en was vir die Afrikaner gaan met tyd verwoes word.
My voorstel is dat daar genoeg foto’s en video’s van dit gemaak word want dit sal al wees wat eendag n bewys sal wees van dit wat eens was.

anton ·

Net n vraag? Waarom word sulke geboue van belang en eintelik alle ouer geboue nie met behoorlike brandbestrydings toerusting (sprinklers) toegerus nie?
Alle nuwe geboue word met dit toegerus.
Want ek wil glo dan sou die gebou nog gestaan het.

Ben Prinsloo ·

Anton ek is seker die sprinklers is daar maar soos by all anc beheerde rade is dit nie in werkende toestand nie. Raak opgesom Willie, better kon dit nie gestel gewees het nie. Heg geen waarde aan niks nie. Slegs baie vindingryk as dit by die negatiewe kom.

Chaparel ·

Stem saam, los dit wat oor is net so maar ek dink dat geen toeris uit die buiteland dit sal besoek nie , hulle gaan eerder na n mooi skoon, beskaafde, geletterde, gerespekteerde en liefdevolle land om vakansie te hou.
SA het geval baie ver geval.

Josef Espag. ·

Bewaar die afgebrande historiese monument in sy huidige toestand as n Nasionale historiese monument vir die nageslag!

Albert Ward ·

Dit is absoluut tragies dat sommige mense al ewig ‘iets’ moet vernietig wat absoluut niks met die ’oorsaak’ te doen het nie!! Wat bereik jy daardeur? Net mooi niks!! Op ‘n ander noot, weet iemand of die struktuur van so ‘n aard is dat dit gerestoureer kan word?? Want ek hoop regtig dat hierdie prag gebou gerestoureer sal kan word. Ek weet dit sal nooit weer dieselfde wees nie, maar dis sal goed wees. Baie beter as wat een van daai glas oogsere in sy plek opgerig word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.