Erfenisstigting, VTM wil met Ramaphosa vergader oor ‘temaparke’

Die Voortrekkermonument in Pretoria. (Foto: VTM)

Die direksie van die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting wil met pres. Cyril Ramaphosa vergader oor die regering se voorneme om sekere standbeelde en monumente na sogenaamde temaparke te verskuif.

Ds. Cassie Aucamp, direksievoorsitter van die Erfenisstigting, sê die ontmoeting word aangevra met die oog op ʼn inklusiewe onderhandelingsproses oor die plek van simbole in die land se uiteenlopende sienings van geskiedenis.

Aucamp sê Suid-Afrika is ʼn land met ryke verskeidenheid en geskiedenis.

“Monumente en standbeelde is tasbare simbole van die ryke en diverse geskiedenis van al die gemeenskappe in Suid-Afrika en van die land as geheel.

“Met die onderhandelinge wat tot die 1994- en eventueel die 1996-Grondwet gelei het, het die uniek-eie simbole van elke gemeenskap nie die aandag gekry wat in beginsels vir die Grondwet neergelê is nie. Ons is daarom oortuig dat ʼn nuwe kultuurakkoord waarby alle gemeenskappe in Suid-Afrika betrek word, dringend noodsaaklik is,” sê Aucamp.

“Gedagtig daaraan dat die onderhandelde skikking nie die vredesvoorwaardes was wat ʼn oorwinnaar op die oorwonnene afgedwing het nie, maar ʼn onderhandelde akkoord tussen gemeenskappe, is hierdie by uitstek nie ʼn saak wat van bo af eensydig deur die regering afgedwing mag word nie, maar waarin gemeenskappe met mekaar in gesprek moet tree in die gees van die leuse op ons landswapen, ‘Eenheid in verskeidenheid’.”

Aucamp sê die verskuiwing van monumente en standbeelde na die voorgestelde temaparke – waarvan die regering eensydig die tema bepaal en gemeenskappe se simbole gebruik om in sy eie narratief oor die land se geskiedenis in te pas – is ʼn kwessie wat nie net die hart en vesel van gemeenskappe sal raak nie, maar ook negatiwiteit en selfs aggressie by lede van bepaalde gemeenskappe sal ontlok – iets wat die land tans hoegenaamd nie kan bekostig nie.

“Die storie van Suid-Afrika is nie die storie van die regering van die dag nie, maar die storie van al die gemeenskappe in ons land, soms ook met sy eie verstaanbare eensydighede en subjektiewe beklemtonings,” sê Aucamp.

Hy sê die Erfenisstigting glo ook dit is strydig met die Wet op Nasionale Hulpbronne, wat Suid-Afrikaners aanmoedig om deur die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap in vennootskap met die regering te tree sodat daar vir mense se erfenis gesorg kan word en dit vir toekomstige geslagte bewaar kan word.

Ramaphosa het op Erfenisdag sy steun toegesê aan die veldtog om sekere standbeelde te laat verwyder.

Aucamp sê hy glo die kwessie behoort met die president bespreek te word omdat dit die saambestaan van alle gemeenskappe in die land raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Heinrich ·

Ramaphosa tree op as president van die ANC, nie as president van die land nie. My vrees is dat, indien die standbeelde gelos word waar hulle is, dit gevandaliseer sal word. In ‘Temaparke’ sal dit veiliger wees, en die ware weergawe van die geskiedenis kan saam met die standbeelde uitgestal word.

Adeline ·

Daar is ‘n duidelike onweerlegbare boodskap vanaf die voos vrot korrupte cANCer leier en sy Black Matter wat uitgestuur word – die enigste kultuur – geskiedenis (wat gruwelik verdraai is) en sy volgeling en kollegas en kamerade se bestaans reg is al reg wat in di eland bestaan. Elke plan en voorneme is om ons as blanke (kleurlinge ingesluit) moet verwyder word van die aardbol af – dit is die waarheid en dit is die boodskap wat wêreldwyd deur hulle uitgedra word – selfs boaan web blaaie word verkondig as jy dit oopmaak.”BLACK LIFE MATTER” Nou is my vraag wat van die ander nasies en volke in ons land, plante en diere – maak hulle reg om te leef nie saak nie en is dit hoekom ons so baie agteruitgang en verwoesting op alle gebied beleef?

Alta Alleman ·

Dit gaan nou oor een nasie. Hulle wil nou as ‘n suprieme volk bestaansreg hê. Daar gaan nie meer plek wees vir ander bevolking nie. Hulle gaan almal stormloop om bo uit te kom.

Pieter J ·

Hoekom kan Afrikaners nie self besluit waarheen hul standbeelde moet gaan nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.