Erg beseerde man langs pad gevind

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn man Donderdagmiddag met sy hande en voete vasgebind langs ʼn pad in Randfontein aan die Wesrand gevind is.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep kinders wat langs die pad gestap het, het omstreeks 13:00 op die man afgekom. Die kinders het ʼn lid van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in kennis gestel wat die polisie ontbied het.

“Die man het in die gras gelê en sy hande en voete was vasgebind. Hy het veelvuldige beserings gehad en was só ernstig beseer dat hy per helikopter na ʼn hospitaal geneem moes word,” het Ernst gesê.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man is vermoedelik aangerand en was in ʼn kritieke toestand. Hy is na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem, maar het aan sy beserings beswyk oomblikke nadat die helikopter geland het.

“Volgens die polisie se voorlopige ondersoek is die man deur twee of drie voertuie langs die pad afgelaai. Die oorledene is geïdentifiseer as ʼn inwoner van Soweto. Hy is tussen 30 en 33 jaar oud. Geen verdere inligting is in dié stadium beskikbaar nie, maar alle moontlike leidrade word opgevolg,” het Ernst gesê.

Die polisie het versoek dat enigiemand met meer inligting ao. Rupert van Zyl by 011 278 8100 of Crime Line by 08600 10111 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

miv ·

So tragies! Kan my net indink wat die arme man moes deurmaak. Innige simpatie aan sy geliefdes. Hoop die SAPD kry die skuldiges vinnig aangekeer.

Arno ·

Hy kon net uit een voertuig afgelaai geword het, al was daar meer as een voertuig :)

Jay ·

Hoe kan ń saak van moord ondersoek word, as die persoon nog leef? Is dit dan nie eerder poging tot moord of aanranding met die doel om ernstig te beseer nie?

Amanda Jordaan ·

Jay lees weer die berig die man is oorlede oomblikke nadat helikopter geland het

MM ·

Volgens Netwerk24 is die man in sy huis gekry en vasgebind aan ‘n stoel???
Afgelaai met 2 of 3 voertuie??? Huh

Landi Slatter ·

Dagsê MM

Dankie vir jou navraag. Die persverklaring wat aanvanklik deur Netcare911 uitgestuur is, was foutief en is later gewysig nadat Maroela Media navraag gedoen het. Maroela Media het die feite met Netcare911 en die SAPD bevestig. Dus is hierdie inligting korrek.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

MM ·

Dankie ek het aangeneem dat julle berig meer korrek is, want Netwerk24 jy kan ook nie meer hulle berigte as korrek aanvaar nie.

Landi Slatter ·

Dagsê Lynette

Maroela Media se nuus is gratis en jy hoef dus nie ʼn lid te wees om dit te lees nie!

Maak dit vir jouself baie maklik om seker te maak jy mis nie iets nie:
• Besoek daagliks ons webwerf by http://maroelamedia.co.za/
• Teken in op ons daaglikse en weeklikse nuusbrief (http://maroelamedia.co.za/nuusbrief/)
• Klik “like” op ons Facebook-blad (https://www.facebook.com/MaroelaMedia)
• Volg ons op Twitter (https://twitter.com/maroelamedia) of Toeter (http://www.toeter.com/MaroelaMedia/toete)
• Laai ons app af indien jy ʼn iPhone of Android-slimfoon het (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/die-lekkerste-gratis-nuus-app-is-hier/)
• Jy kan selfs op elke werksdag ʼn laatmiddag WhatsApp-boodskap ontvang om seker te maak jy het nie die belangrikste stories van die dag gemis nie: http://maroelamedia.co.za/whatsapp-nuusflitse/

Lekker, Maroela!
Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.