Erg verminkte liggaam van tiener gevind

misdaadtoneel

Argieffoto

Die polisie in Noordwes ondersoek ʼn saak van moord nadat die naakte en erg verminkte liggaam van ʼn onbekende tienermeisie Sondagmiddag in ʼn rivier aangetref is.

Kol. Sabata Mokgwabone, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die meisie se liggaam het omstreeks 15:00 in die Kgetlengrivier, in die omgewing van die Finfoot-plaas naby Assen, gedryf.

“Jong skaapwagtertjies het die gruvonds gemaak en die polisie ontbied,” het Mokgwabone gesê. “Die liggaam is uit die water gehaal. Albei haar hande, haar kop en geslagsdele word vermis.”

Mokgwabone het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om die polisie met hul ondersoek by te staan, en om te help om die meisie te identifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

anon ·

Moord moord mootd plaas hul di doodstraf trug bring maar nee hul word altyd op borg vry gelaat

Marietjie ·

Mutimoord. Wanneer gaan die mense besef muti is die grootste klomp twak onder die son. Bly ons nie in ‘n verligte eeu nie? En asseblief moet net nie sê dis kultuur nie. Die Vader het tog vir ons verstand gegee om mee te dink en te redeneer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.