‘Erge afpersing, korrupsie by Pretoria-vlugtelingkantoor’

Argieffoto

Argieffoto

Die teenkorrupsie-organisasie, Corruption Watch, het Dinsdag in ʼn korrupsieverslag beweer “endemiese afpersing en korrupsie” gedy onder regeringsbeamptes wat veronderstel is om asielsoekers en vlugtelinge te help, veral by binnelandse sake se Marabastad-vlugtelingontvangskantoor in Pretoria.

Die organisasie het Dinsdag die verslag getiteld Project Lokisa: Asylum at a Price bekendgestel. David Lewis, Corruption Watch se uitvoerende direkteur, het gesê die oomblik wat asielsoekers en vlugtelinge by Suid-Afrika se grens kom, word hulle gekonfronteer deur beamptes of gewonde landsburgers wat ʼn “spreekwoordelike hek beman” waardeur die vlugtelinge eers moet gaan.

“Hierdie hekwagters wissel van veiligheidsbeamptes, wat R100 vra voordat hulle vlugtelinge toelaat om die dokumentasiesentrum binne te gaan, tot die beampte by die departement van binnelandse sake wat die bewaarder is van daardie noodsaaklike finale stempel en wie se fooi duisende rande beloop,” het Lewis gesê.

Altesaam 314 buitelandse burgers het sedert 2012 afpersing, dreigemente en omkoopgeld wat deur regeringsbeamptes geëis word, by Corruption Watch aangemeld. Meer as 70% van die klagtes hou verband met omkoopgeld vir asiel- en vlugtelingpermitte en lede van die SAPD en metropolisiebeamptes is betrokke by 17% van klagtes.

Volgens die verslag word omkoopgeld van tot R15 000 geëis en immigrante wat die omkopery aanmeld, word aangerand “of die omkoopgeld betaal word of nie”.

“Metropolisie en SAPD-beamptes het op goedere beslag gelê, gedreig om migrante sonder dokumentasie te deporteer en het dokumente by buitelandse burgers afgeneem, tensy omkoopgeld betaal word,” lees die verslag. Volgens die verslag is Pretoria die stad waar die meeste korrupte aktiwiteite afspeel, gevolg deur Johannesburg.

In die verslag vertel ʼn asielsoeker, wat net as Sarah geidentifiseer word, dat ʼn beampte van binnelandse sake in 2015 R7 000 van haar geëis het vir volle vlugtelingstatus. Sy het ʼn R3 000 deposito betaal en dit was die laaste keer wat sy van die beampte gehoor het.

Die korrupsiebewerings betrek ook maatskappye wat spesialiseer in vertalings- en tolkdienste. Een personeellid by die maatskappy is glo ʼn prominente middelman tussen die personeel by binnelandse sake en asielsoekers.

Malusi Gigaba, die minister van binnelandse sake, het in September die berugte Marabastad-sentrum besoek en gesê tegnologiese opgraderings by die sentrum sal help om korrupsie daar hok te slaan. Corruption Watch het egter Dinsdag gesê hulle is nie oortuig dat dit die waarheid is nie. Volgens die organisasie het die beamptes by Marabastad “hulle hande in die koekieblik”.

Die departement van binnelandse sake was nie beskikbaar vir kommentaar oor die verslag nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johan ·

Dis in die kultuur van ons meerderheid in die land om kurrup te wees… daar is niks wat dit gaan verander nie………as daar geen waardes is van jy steel nie, jy maak nie dood nie, jy koop nie iemand om nie, jy intimideer nie gaan die situasie nooit veranders nie dis nie net daar nie…….ons weet mos dis in alle regerings departemente…….jy kan bogenoemde rassiesties of veralgemening noem maar dis die persepsie wat die meerderheid in die land skep……….and thats a fact…..

Belastingbetaler ·

Van watter lande is die asielsoekers en vlugtelinge? Volgens my is al die lande in Afrika se regerings ‘demokraties’ verkies, so waarvandaan hardloop die Zimbabwiers, Mosambiekers en ander Afrika lande se inwoners? Die wittes is daar verjaag, hulle het gehelp om grond te onteien en mense aan te rand, nou kom soek hulle ‘asiel’ in ‘n land waar daar nog wittes is en kom ‘demand’ hier al wat ‘n reg is. Gaan terug na jou land toe, sover ek weet is daar nie erens in Afrika ‘n (aktiewe) oorlog aan die gang nie,. Die werkloosheid in SA het reeds toegeneem, ons kan nie beskostig om vlugtelinge in te neem nie. Skokkend om egter te sien dat die omkopery en afpersing deur die SAPD en Metropolisielede gedoen word.

Johann ·

Dis tragies hoe die land verval het, die ekonomie, Zuma, die mense vertrou nie die wetstoepassers nie, hulle voel onveilg, studenteonluste, korrupsie oor die jare heen, geweld, moord, verkraging, die geroei en stoei om oorleweing en elkeen om sy plek in die son. Intussen is daar nog die doodskis-geval, ander erge rasse konflikte, Julius, die Doom-geval, die Kudu-taxi geval van ‘n week gelede.

En weet julle wat? More oormore, lees ons van dieselfde.

En volgende maand is dit Kersfees en ‘n week daarna gaan ons die nuwe jaar in.

Potlood ·

As jy sien hoe daardie kantore in Marabastad lyk, sal NIKS jou verbaas nie! Dis ‘n Hool en die Rommel le soos berge! Nie eers Bossies groei daar nie! Doen jouself ‘n guns en gaan kyk self as julle wil sien hoe dit werklik gaan… Net om dit te sien is ‘n verduideliking…
Ek ry elke dag daar verby en net terwyl ek daar verby ry sien ek gereeld geweld en misdaad. Die ander dag het ‘n klomp mans sommer ‘n ander man met klippe bestook en hom geslaan dat die bloed spat (letterlik)! Reg voor ons in helder dag lig…
Dit gaan so erg daar dat hulle nie verskillende lande (persone) op selfde dag daar toelaat nie, anders is daar geweld (hulle sal nie dit so stel nie).
En as jy vroeg daar verby ry en die massas mense sien, is dit geen wonder dat ons land so agteruit gaan nie (net nog een rede)… Die kwaliteit van die mense is swak en hulle bring al hulle geweld en slegte maniere saam…
Het ons nie al genoeg van die probleme in ons eie land al klaar nie?

E.K. ·

Hierdie moedig natuurlik dinge soos prostitusie aan – waar gaan so persoon geld kry ANDERS as om hul tot prostitusie te wend. Dis maar EEN van die slegte gevolge van die hele vrotspul. Om wragtig ‘n ander mens wat net ook ‘n lewe wil maak so uit te buit skreeu ten hemele. Wragtig, hulle mag dalk wegkom op aarde daarmee maar verseker, VERSEKER sal daar in die hiernamaals MOOI vir diesulkes “gesorg” word. Ek het eintlik nie woorde om my absolute afgryse te beskryf nie…

Jan ·

Potlood, en dit gaan nie die persepsies oor hulle laat weggaan nie, ook nie daardie van die owerhede nie.

Alida ·

Potlood, wys my een staatsgebou of instansie waar dit skoon en sindelik is. Alles word bemors en as die toilette verstop raak sit hulle sommer op die grond langs die toilet. Dit het ek met my eie oe gesien. Selfs die hospitale is ‘n broeiplek vir vieslike siektes. Hoe verlang ek nie na die dae waar die verpleegsusters soos engele oor die blink vloere beweeg het met hulle spierwit uniforms en sluiers nie. Deesdae dra die verpleegsters “crocks” in die gange.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.