Donderstorms het Maandagmiddag en -vroegaand verwoesting gesaai oor die noordoostelike dele van die land. Dit sluit ʼn tornado in die Lekwa- plaaslike munisipaliteit in Mpumalanga in en haelstorms in Johannesburg. Midrand het die ergste deurgeloop.
Lehlohonolo Thobela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, sê die donderstorms het erge skade aangerig aan eiendom, insluitend huise en ander strukture en voertuie.
Donderstorms het vroegmiddag oor die suidoostelike dele van Noordwes en die noordelike Vrystaat begin ontwikkel, en noordooswaarts in die rigting van Gauteng en suidwestelike Mpumalanga beweeg.
ʼn Waarskuwing is vir dele van Gauteng en Mpumalanga uitgereik ná dit op radar en satelliet opgemerk is (figuur 1).
Figuur 1: Radarbeeld (links) wys ʼn erge donderstorm in Gauteng en satellietfoto (regs) van Meteologix
Die geïsoleerde donderstorm in Gauteng (radarbeeld in figuur 1) het beduidende skade aangerig aan eiendom en infrastruktuur (figuur 2) weens groot haelkorrels. Daar was ook berigte van oorstromings en groot hoeveelhede klein haelkorrels.
- (Foto verskaf deur die SA Weerdiens)
- (Foto verskaf deur die SA Weerdiens)
- (Foto verskaf deur die SA Weerdiens)
- (Foto verskaf deur die SA Weerdiens)
Figuur 2: Foto’s van die hael in Gauteng en skade wat dit aangerig het.
In Mpumalanga is elektriese infrastruktuur, waaronder ʼn substasie, geraak. Bome is ontwortel en het op kragdrade en heinings in die Lekwa-munisipaliteit geval (figuur 3).
- (Foto verskaf deur die SA Weerdiens)
- (Foto verskaf deur die SA Weerdiens)
- (Foto verskaf deur die SA Weerdiens)
- (Foto verskaf deur die SA Weerdiens)
Figuur 3: Foto’s van die Lekwa- plaaslike munisipaliteit, Mpumalanga
Die weerdiens verwag gedeeltelike bewolk en warm toestande vir die grootste dele van die land vir die res van die week. Warm toestande word vir die suidwestelike dele van die land voorspel.
Geïsoleerde tot verspreide storms en donderstorms word vir die sentrale en oostelike voorspel (figuur 4). Geen ernstige waarskuwings is tot dusver uitgereik nie.
Figuur 4: Voorspelling vir Woensdag 15 November en Donderdag 16 November
“Die El Niño Suidelike Ossilasie (Enso) is tans in ʼn El Niño-staat en volgens die jongste voorspellings sal dit na verwagting deur ʼn groot deel van die somermaande voortduur,” voeg Thobela by. “Enso se tipiese impak op suidelike Afrika veroorsaak gewoonlik droër en warmer toestande tydens die somerseisoene (Oktober tot Maart). Huidige internasionale voorspellings dui egter op ʼn groot onsekerheid wat betref die tipiese droër toestande wat Suid-Afrika tydens tipiese El Niño-seisoene beleef, veral die oostelike dele van die land.”
Uiterste weerstoestande sal steeds van tyd tot tyd tydens die somerseisoen voortduur, terwyl droër toestande verwag word.
Die Weerdiens se multi-model-reënvalvoorspelling dui op bogemiddelde reënval vir die noordooste van die land, November tot Maart, met ondergemiddelde reënval vir die sentrale en suidwestelike dele van die land.
Minimum en maksimum temperature sal na verwagting landswyd bogemiddeld wees vir die betrokke tydperk.
Volg die Weerdiens by www.weathersa.co.za of op Twitter by @SAWeatherServic
Gelukkig was daai liniaal SHATTERPROOF.
‘n Paar van die foto’s is deur meer as die hael getackle… Tensy die wind probeer opruim het.