Erge donderstorms vir Gauteng, ander provinsies verwag

Argieffoto (Foto: freeimages.com)

Inwoners van Gauteng moet bedag wees op erge donderstorms wat laatmiddag oor die hele provinsie kan voorkom.

Kgoloselo Mahlangu, weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse weerdiens (SAWD), het aan Maroela Media gesê die verwagte storm is egter redelik onvoorspelbaar.

“Ons kan nie in dié stadium sê waar dit die ergste gevoel sal word nie. Wanneer die storm aktief is, sal ons dit op ons radars monitor. Die storm kan gepaardgaan met enigiets van ʼn groot aantal haelkorrels of ʼn klein aantal groot haelkorrels of alternatiewelik net met erge reën,” het Mahlangu verduidelik.

Sy het die publiek gewaarsku om verkieslik binne te bly en laagliggende brûe te vermy as hulle wel moet bestuur.

Daar het Woensdag vlugtig ʼn koue front oor die Wes-Kaap beweeg, maar dit het vandag reeds aangeskuif al langs die kuslyn na die suidooste.

Die weerdiens het gewaarsku teen stormsterk suidoostelike winde tussen Kaap Agulhas en Kaap Columbine. “Die winde sal meestal oor die see wees. Hermanus, George en die Agulhas-gebiede het Donderdagoggend ʼn bietjie reën gekry, maar dit blyk dat die Wes-Kaap ʼn droë dag sal hê,” het Mahlangu gesê.

Volgens haar is daar nie reën voorspel vir die Kaapse metropool môre nie, maar wel vir Hermanus, Vredendal, Ceres en Worcester in die ooste.

Intussen het die SAWD ook op Twitter gewaarsku teen erge donderstorms in die sentrale dele van die Vrystaat Donderdagmiddag. Bloemfontein het Donderdag en Vrydag ʼn 60% kans op reën.

Die ander provinsies wat erge donderstorms kan verwag Donderdagmiddag is die suidwestelike dele van Limpopo, die westelike hoëveld van Mpumalanga en Gauteng. Erge donderstorms kan ook verwag word in die oostelike dele van Noordwes. Rustenburg het ʼn 60% kans op reën Donderdag en Vrydag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

wilma ·

Ai tog ek wat so reg vir die ZUMA MUST FALL MARCH more, sal maar my reen pakkie aantrek!!!!

Rooikop ·

Ek is so bly oor die reen voorspelling my God is grooter en almagtig by Hom is niks ontmoontlik nie!!! Mag al hierdie negatiewe tyd wat in ons land op die oomblik aan die gang is skoon gereen word

trevor ·

praat julle waarheid of julle die optog toesmeer sodat daar nie optog nie. is julle bang nee optog gaan voort van daai Blikskottel moet bedank of geskors word.

Adam ·

Rooikop nou se vir hom die Weskaap is stofdroog. En reken dit sal reen soos altyd. Somerreen by jul Gautengers en nou begin by Weskaap. My weervoorspelling is groot!

Juanee ·

Ek gee ni om vir reen nie hoe lekker # ek daans sommer in die reen ***

Johann ·

Baie dankie aan Maroela vir die waarskuwing, ek glo mense wie liggies hieroor besin het geen kennis van watter inpak dit op mens en dier kan hê nie

Jan maak n plan ·

Dieselfde mense het einde laasjaar gesê dit sou Februarie 2017 nog droog wees. Sal maar sien as die klip nat is dan reen dit.

Marcel ·

Deesdae is die SAWD so onbetroubaar, as hulle reën voorspel kan jy maar weet dit gaan 10 teen 1 nie reën nie. Maar net nog ‘n tak van ons staatsdiens wat vervalle geraak het.

Leen ·

Aaaag nee, wat – los maar vir Worcester van die Weerdiens se kaart af. Hulle voorspel en voorspel reën en dan, al wat ons kry is die verdekselste wind, belowende wolke en berigte van liefdelike reën elders, maar nie ‘n druppel val hier nie!

Maraleze ·

Selfde hier in Montagu….. belofte, wolke, wind en …… ‘n droë klip☺

Daniel ·

Thanks, SA Weather Service for the forecast. It was a hit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.