Erge koue, sneeu op pad

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Woensdag gewaarsku dat uiters koue weerstoestande vir vier tot vyf dae vanaf Woensdag oor ʼn groot deel van die land ervaar sal word.

Kevin Rae, weervoorspeller verbonde aan die SAWD, het gesê dié weer kan sneeu en uiters koue toestande oor groot dele van Suid-Afrika teweeg bring.

Die provinsies wat die waarskynlikste beïnvloed gaan word deur die weer is die Wes-Kaap, Oos-Kaap en in ʼn mindere mate die Noord-Kaap.

“Die hoëveld-streek van die Vrystaat, Noordwes, Gauteng en Mpumalanga asook dele van KwaZulu-Natal kan geïsoleerde storms ervaar,” het Rae gesê.

Die SAWD het gewaarsku dat daar Donderdag swaar reën wat tot gelokaliseerde oorstromings kan lei in plekke oor die suidelike dele van die Oos-Kaap verwag word asook sneeuneerslae op die Sneeuberg in die Oos-kaap.

“Swaar reën wat tot gelokaliseerde oorstromings kan lei word Vrydag tot Saterdag ook aan die kusgebiede van die Eden-distrik in die Wes-Kaap verwag,” het Rae gesê.

Daar word ook sneeuneerslae op die hoogliggende gebiede van die Wes-Kaap en Oos-Kaap verwag en die SAWD het kleinveeboere spesifiek gewaarsku om voorbereid te wees.

Die stelsel sal volgens Rae Sondag begin om die land te verlaat hoewel laer dagtemperature volgens hom die volgende paar dae steeds gevoel sal kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Penellope Jones ·

Lyk asof die winter nou eers aangeland het!
Solank alle droogtegeteisterde gebiede net reen kry!

Sophia ·

As die Theeaterskloofdam tog net kan styg tot sy volle potensiaal – dis ons belangrikste bron van watervoorsiening. Ek bid ook vir reen in die res van die land wat so onder die droogte gely het.

Dankbaar ·

Dankie Jesus , dat U ons so ongelooflik seen!! Ons eer U

Leser ·

Ja nee, solank dit reen, dan vat ons maar die koue. Dis ‘n klein prys om te betaal.

Nettie ·

Rerig?????

Ons hier in die Boland, bibber nou al van Dinsdag af – taamlike hoeveelheid sneeu op die berge ens. – maar nou dat die kouefront oor die Oos-Kaap en in die rigting van Gauteng beweeg, word daar eers kennis geneem dat dit baie koud is ………

Mary ·

Dit sal wonderlik wees om reen te kry, al is dit bietjie koud. Na so n bui reen lyk alles weer mooi skoon en vars en ons sal weer kan skoon lug in asem na n woeste Augustus maand se wind met n mynhoop wat jou laat voel het of jy verstik in die stof!!

Anti-negatief ·

Ek wens die ondankbare mense wil ophou kla oor die koue! Trek lae klere aan en juig oor die reën EN die sneeu wat gaan smelt en na ons damme toe gaan afloop! ‘n Bietjie bibber is ‘n klein prys om te betaal vir die feit dat die ergste droogte vir eers afgeweer is in die grootste deel van Wes-Kaap. Dank die Liewe Vader daarvoor!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.