Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê twee huise wat aan polisiekonstabels behoort, is erg beskadig toe dit deur die betogers aan die brand gesteek is. Twee polisievoertuie se vensters is ook stukkend geslaan.
“Twee polisiebeamptes wat kamers in ʼn private woning huur, is ook baie skade berokken toe die betogers die vensters stukkend geslaan en hul persoonlike besittings geplunder of gebreek het,” het Otto gesê. “Gelukkig is niemand tydens hierdie voorvalle beseer nie.”
Die burgemeester van Modimolle, Elizabeth Lekalakala, se huis is Dinsdag in die vroeë oggendure deur ʼn groep betogers beskadig te midde van spanning in die gebied oor ʼn gebrek aan water. Die hoofpad tussen Phagameng en Modimolle is met bande wat aan die brand gesteek is, boomtakke, vullis en klippe versper. Altesaam 14 mense is in hegtenis geneem.
Lt.genl. Fannie Masemola, die provinsiale polisiekommissaris, het die geweld veroordeel en gesê dit is ʼn groot jammerte dat die gemeenskap polisielede aanval wat juis daar is om hulle te beskerm. Hy het gesê die polisie sal geen steen onaangeraak laat om die oortreders vas te trek en aan die pen te laat ry nie.
Masemola het ook sy dank uitgespreek teenoor mense in die gemeenskap wat aangebied het om die polisiebeamptes wat onder die betogers deurgeloop het te help om weer op hul voete te kom. “Dit is presies die houding wat ons nodig het sodat almal kan saamwerk,” het hy gesê.
- Foto: SAPD
- Foto: SAPD
- Foto: SAPD
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Hulle is darem gekwalifiseerd om te vernietig ,af te breek ,verwoes en te plunder.Soos hulle sè hulle het papiere vir dit
Dis nou ‘n goeie rede om privaat sekuriteitsmaatskapy aan te stel om die SAP te beveilig. Nog ‘n kader of BEE kontrak in die vooruitsig.
SAPD, waarom gee julle die hef in die hand weg aan hierdie kriminele?? Wie is ultimately baas? Die polisiediens maak n stelling: Dis jammer dat so iets gebeur het” Nee nee nee! Los nou hierdie jannie-jammergat houdinkie. Julle het die mag. Stuit hulle!!
Ja-nee, waar is….moet af !!!! Afbreek, dit is wat hulle goed kan doen. Wens hulle was so goed in werk !!!
Die berig sê nie hoekom die burgemeester die skuld kry vir die watertekort nie. Maar is die tekort nie agv ‘n tekort aan reën nie? Hoe kan 1 persoon verantwoordelik gehou word vir die klimaat? Dit wys my dat hierdie mense se logika nie normaal werk nie, want wie gaan gestenig word as daar n voedsel tekort kom (soos voorspel agv elniño)? Die wit boere gaan die sagte teikens word. Die burgemeester moet n gekwalifiseerde persoon uitkry om met die mense te gaan praat om hulle te leer en aan hulle te verduidelik van reen tekort. En dat daar partymaal… Lees meer »