Erge skade vir polisie ná Modimolle-betoging

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die betogers wat Dinsdag chaos in Modimolle (Nylstroom) veroorsaak het toe hulle tydens ʼn betoging gewelddadig geraak het, het erge skade aan polisie-eiendom en voertuie aangerig.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê twee huise wat aan polisiekonstabels behoort, is erg beskadig toe dit deur die betogers aan die brand gesteek is. Twee polisievoertuie se vensters is ook stukkend geslaan.

“Twee polisiebeamptes wat kamers in ʼn private woning huur, is ook baie skade berokken toe die betogers die vensters stukkend geslaan en hul persoonlike besittings geplunder of gebreek het,” het Otto gesê. “Gelukkig is niemand tydens hierdie voorvalle beseer nie.”

Die burgemeester van Modimolle, Elizabeth Lekalakala, se huis is Dinsdag in die vroeë oggendure deur ʼn groep betogers beskadig te midde van spanning in die gebied oor ʼn gebrek aan water. Die hoofpad tussen Phagameng en Modimolle is met bande wat aan die brand gesteek is, boomtakke, vullis en klippe versper. Altesaam 14 mense is in hegtenis geneem.

Lt.genl. Fannie Masemola, die provinsiale polisiekommissaris, het die geweld veroordeel en gesê dit is ʼn groot jammerte dat die gemeenskap polisielede aanval wat juis daar is om hulle te beskerm. Hy het gesê die polisie sal geen steen onaangeraak laat om die oortreders vas te trek en aan die pen te laat ry nie.

Masemola het ook sy dank uitgespreek teenoor mense in die gemeenskap wat aangebied het om die polisiebeamptes wat onder die betogers deurgeloop het te help om weer op hul voete te kom. “Dit is presies die houding wat ons nodig het sodat almal kan saamwerk,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

PJ ·

Hulle is darem gekwalifiseerd om te vernietig ,af te breek ,verwoes en te plunder.Soos hulle sè hulle het papiere vir dit

Leeukuil ·

Dis nou ‘n goeie rede om privaat sekuriteitsmaatskapy aan te stel om die SAP te beveilig. Nog ‘n kader of BEE kontrak in die vooruitsig.

svdm ·

SAPD, waarom gee julle die hef in die hand weg aan hierdie kriminele?? Wie is ultimately baas? Die polisiediens maak n stelling: Dis jammer dat so iets gebeur het” Nee nee nee! Los nou hierdie jannie-jammergat houdinkie. Julle het die mag. Stuit hulle!!

Gertjie ·

Ja-nee, waar is….moet af !!!! Afbreek, dit is wat hulle goed kan doen. Wens hulle was so goed in werk !!!

TDW ·

Die berig sê nie hoekom die burgemeester die skuld kry vir die watertekort nie. Maar is die tekort nie agv ‘n tekort aan reën nie? Hoe kan 1 persoon verantwoordelik gehou word vir die klimaat? Dit wys my dat hierdie mense se logika nie normaal werk nie, want wie gaan gestenig word as daar n voedsel tekort kom (soos voorspel agv elniño)? Die wit boere gaan die sagte teikens word.
Die burgemeester moet n gekwalifiseerde persoon uitkry om met die mense te gaan praat om hulle te leer en aan hulle te verduidelik van reen tekort. En dat daar partymaal na hulself vinger gewys kan word vir die tekorte, want hulle werk nie spaarsamig met die water nie, want hulle glo hulle mors sal nie saak maak nie ( so dink miljoene mense dieselfde)
Ek dink baie van die mense sal liewer afbreek en andere blameer as om hand in eie bors te steek. Dit het niks tedoen met armoede nie. Dit gaan oor n gebrek aan logika, en dit kan geleer word. Hulle moet net bereid wees.

Pietman ·

Aan TDW: Jy kan nie logika aanleer nie. Toets dit maar onder alle omstandighede- LOGIKA is nie n begrip wat eers verstaan word onder die meerderheid van Afrika se bewoners nie. Nog niemand kon my al verkeerd bewys nie.

TDW ·

Ek hoor wat jy sê, en ek verstaan jou frustrasie, maar ek glo logika kan geleer word. Iets wat vir iemand logies is is vir n ander onverstaanbaar sonder genoegsame kennis en ervaring. Dink byvoorbeeld aan iemand wat nog nooit n kraan gesien het nie, vir ons is dit logies hoe mens n kraan oopdraai om water te kry, maar vir daai persoon sal dit onverstaanbaar wees. Dis bietjie filosofies, maar relevant. Die probleem lê egter by die WIL om te leer en beter te verstaan. Wil hierdie mense leer en beter verstaan hoekom hulle sit sonder water? Ek twyfel, hulle soek net iemand om te blameer, maar mens kan maar probeer om hulle rede te laat verstaan. Miskien, net miskien kan hulle wyser word en help om omstandighede te verbeter.

Nicolene ·

Daar mag afgebrand, gemoor, geplunder, verkrag, vernietig word naar daar mag tog net nie opgetree word teen hierdie barbaarse gedrag nie! Wanneer gryp die weermag in?

Ahooy ·

ERGE SKADE VIR DIE POLISIE!!!!!!!!!! Twee voertuie se ruite gebreek??? Sjoe, ek hoop die staat gaan oor HIERDIE groot verlies kom!

Blommetjie ·

Hierdie mense is al van Desember maand sonder water. Almal wat werk MOET eet, drink en was. Die rede hoekom die burgermeester die skulk kry is omdat minisipale rekenings nie betaal is nie. Sy sit en geniet haarself rustig in haar die woonhuise, Bela Bela, Modimolle Koro Creek en Phagameng terwyl haar eie mense kripeer van ellende. Ja die reen seisoen is skaars maar dis nie net die min reen se skuld nie. Daar kan plan gemaak word as die opgaardamme leegloop met sinking van boorgate. Daar is altyd ‘n alternatief vir enige probleem. Sy beklee die amp en moet daarvoor verantwoording doen en optree

david ras ·

Die betogers met nou nie kla as daardie polisiemanne hulle nou vasvat nie. Was dit nou nodig om hulle besittings te plunder en brand…..hulle is immers nie verantwoordelik vir die tekort aan water nie.
Of is hulle reaksie teen die polisie ‘n manifestasie van ‘n groeiende neiging landwyd van “daar mag nie gevolge vir ons optrede wees nie “……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.