Erge verkeer weens stakende trokdrywers

Die N3 tussen Harrismith in die Vrystaat en Montrose in Pietermaritzburg was Dinsdag deur ʼn groep van sowat 30 vragmotorbestuurders versper. (Foto: Facebook / Long distance truckers)

Ontevrede vragmotorbestuurders het die afgelope paar dae verskeie hoofpaaie in die Oos-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal versper en gevolglik geweldige verkeersopeenhopings veroorsaak.

Luidens verklarings deur die polisie en Fikile Mbalula, minister van vervoer, is vragmotorbestuurders ongelukkig oor die aanstel van buitelandse trokdrywers wat Suid-Afrikaners kwansuis van werksgeleenthede ontneem.

Die minister en verskeie ander rolspelers het intussen met die gegriefde vragmotorbestuurders in die Oos-Kaap vergader, ʼn memorandum aanvaar en ʼn ooreenkoms onderteken.

As deel van dié ooreenkoms is die N9 en M10 naby Middelburg in die Oos-Kaap Dinsdagoggend weer oopgemaak, nadat dit teen Maandag langer as 24 uur gesluit was. Dié pad lei onder meer na die Gqeberha- (Port Elizabeth-)hawe.

Die N3 tussen Harrismith in die Vrystaat en Montrose in Pietermaritzburg is egter Dinsdag steeds deur ʼn groep van sowat 30 vragmotorbestuurders versper, wat verkeersopeenhopings in albei rigtings (ook by die Tugela Plaza op pad na Gauteng) veroorsaak het.

Die polisie het intussen op Twitter gesê sy eenheid vir openbare orde is na die toneel ontbied, wat tot dusver vreedsaam is.

Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, dring dié vragmotorbestuurders ook daarop aan om met Mbalula te praat.

Die minister het nog nie aangedui wanneer en of hy wel dié vragmotorbestuurders gaan toespreek nie.

Mbalula, asook Thulas Nxesi, minister van arbeid en indiensneming, Weziwe Tikana-Gxothiwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid, en Noncedo Zonke, burgemeester van die Inxuba Yethemba-munisipaliteit, het ʼn memorandum met eise van die Oos-Kaapse vragmotorbestuurders aanvaar.

“Ons erken deur skakeling met die betogende bestuurders en operateurs dat die aanstel van buitelanders werksgeleenthede van Suid-Afrikaners beïnvloed. Al die betrokke partye, onder wie die regering, vragmotorbestuurders en -operateurs, is verbind tot ʼn blywende oplossing binne die raamwerk van die wet,” het die ministers in ʼn gesamentlike verklaring gesê.

Die pad vorentoe

Luidens die verklaring sal vragmotorbestuurders en -operateurs ʼn klein tegniese span saamstel wat in gesprek met die regering oor die knellende kwessies sal tree.

Dié tegniese span sal binne die volgende sewe dae verslag doen.

Die nasionale gesamentlike en operasionele intelligensiestruktuur (NatJoints) sal glo ook teen middernag Dinsdag ʼn amptelike boodskap uitreik oor die ontplooiing van multidissiplinêre wetstoepassingspanne wat daarop gerig is om die nakoming van die wet te handhaaf en te verseker dat buitelandse operateurs wat vragmotors bestuur wel die nodige dokumente het en aan al die vereistes van die wet voldoen.

Sodanige ontplooiing sal glo so gou moontlik geaktiveer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

casper ·

Hierdie spul is terroriste man !!!
Hulle verdien m te boet vir hulle dade !!!
Wanneer gaan daar opgetree word???
Lamsakkige en onbeholpe regering !!!!!!!!!!!!!!!

Wakkerslaper ·

Die huidige regime sal net mooi niks doen nie, onthou hulle is self terroriste…

Axel ·

Jy slaan die spyker op die kop. Hulle het kla Suid Afrika opgedons, nou die paaie ook, als al gevat, wat soek hulle nog???

Wakkerslaper ·

Man! Dit gaan darem maar alte lekker in hierdie “reënboog demokrasie” wat ons so graag wou gehad het…

casper ·

Ons was belieg en verraai deur die regering van die dag in 1994 !!

Wakkerslaper ·

Net so! Volksverraad deur de klerk ek kie! Die 2de referendum het nooit plaasgevind soos wat belowe was nie. Uitgelewer aan ‘n bloeddorstige terroriste beweging… en nou pluk ons die vrugte daarvan…

Jakes ·

Ongelukkig is baie trokdrywers in SA maar alte lui om hul werk behoorlik te doen en wil enorme salarisse verdien met absurde byvoordele. Daar is darem ook baie wat hul sout werd is. Hoekom moet die minderheid dan die ekonomie ontwrig deur hul belaglike optrede?

Harley Davidson ·

Die polisie moet hulle werk doen ,n openbare pad kan nie deur iemand behalwe wetstoepassing geblokkeer word nie,die ekonomiese terorisme moet gestop word of die ekonomie gaan daaronder ly wat werkskeping tot gevolg gaan hê wat gaan beteken dat ek moet immigreer.

casper ·

Polisie em werk is twee woorde wat nie saam gebruik gan word nie.
Hulle is net daar om te “monitor”

Misky ·

Ongelukkig wil meerderheid van ons SA mense nie werk nie, maar net die salaris hê.

Jack ·

Ek lag so.Die minister van vervoer is seker die slegste een wat daar is.Hy moet nou die chaos uitsorteer.Ai dit is lagwekkend en tragies op dieselfde tyd.Dit is ‘n sirkus van onbeholpenheid en onbevoegdheid wat nou iets moet uitsorteer wat eerstens nooi moes toegelaat moes gewees het nie.Kom minister van vervoer.Wys ons hoe jy die probleem gaan oplos.

Pieter ·

Die helfte van zim is hier hulle stem mos vir die siek anc en daai drywers behoort ook nie aan n unie nie.

Swartskaap ·

Die rede dat buitelanders in diens geneem word is dat our people aan vakbonde behoort en te lui is om te werk.

Pampoen ·

Hulle kan hulle arbeid weerhou. Om die paaie te blokkeer dat ander mense nie daar kan ry nie is nie toelaatbaar nie. Ek blameer nie die polisie wat nie die wet toepas nie, maar die politieke leiers wat dit toelaat.

Eclectus ·

Net drie weke gelede lees ek van die tekort aan bestuurders in Amerika, Brittanje en hier, en ‘n tekort van meer as 3 000 vir SA is genoem. Nou hoe nou?

ameli ·

Waar is die eienaars van die trokke, hulle moet optree teen die spul wat met hul besighede se trokke die paaie blokeer.

Carel Aaron ·

Dis nie staak nie, maar hoogverraad. Sluit hulle toe.
Kan iemand aan die imbesielle verduidelik dis presies waarom buitelanders gehuur word, want hulle staak nie vir alles nie.

Te dankbaar vir werk. Tog het die drywers werk, want hulle bestuur self nog lorries. Oik maar dom.

Pablo ·

Hoe het hulle die staking beplan sonder dat die ANC daarvan geweet het. Wat n sirkus. Dit raak net al hoe meer lagwekkend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.