Eric Nobbs oorlede

Eric Nobbs [Foto: Facebook]

Die bekende akteur Eric Nobbs is Sondag in die ouderdom van 68 jaar oorlede.

Hy het in 1978 sy professionele debuut as akteur gemaak en het in talle TV-reekse en rolprente gespeel, onder andere Die Byl, Orkney Snork nie en Ma-plotters.

Hy het ook onlangs in die kykNET reeks Lui Maar Op, Belinda gespeel.

Bekende akteur en sanger Richard van der Westhuizen het op Facebook sy medelye met Eric se afsterwe betuig.

“Ek het met diepe skok en hartseer verneem dat Eric Nobbs skielik oorlede is. Drie dae gelede het ons nog saam gewerk en lank en lekker gesels. My innige meegevoel aan Des en familie,” skryf Richard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SjN ·

Sleg, nog n legendariese akteur het gegroet, sterkte aan sy geliefdes.

Ockert ·

Nog een van my gunsteling akteurs opgeroep vir hoër diens. RIV, Eric

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.