Ericsson-werker afgedank oor k-woord en haatspraak

k woordEricsson, die telekommunikasiemaatskappy, het Dinsdag ʼn werknemer afgedank omdat sy die k-woord op Facebook gebruik het.

Die vrou, wie se naam weerhou word omdat sy glo dreigemente ontvang het, het van dié sosialemedia-platform gebruik gemaak om haar frustrasie oor taxibestuurders uit te spreek.

Sy het onder andere op Facebook geskryf: “Effing k****r taxi. En weereens stem ek dat die doodstraf teruggebring moet word. Hierdie barbare verdien nie om te lewe nie.” Sy het dié uitlating gemaak nadat sy glo in ʼn botsing betrokke was. Sy het bygevoeg sy en haar seun is ongedeerd, maar dat die taxibestuurders “in die hel kan verrot”.

Die vrou het ná ʼn herrie oor haar uitlating uitgebreek het, om verskoning gevra. Sy het verduidelik dat sy en haar seun in een jaar reeds twee keer in ernstige tref-en-trap-ongelukke was waarby taxi’s betrokke was. Sy beweer ook dat haar huis beroof is, sy aangerand is en dat daar op ʼn kort afstand op haar geskiet is. “Verstaan julle nou my woede? Loop in my skoene. Ek is nie ʼn rassis nie, maar ek verstaan die verskil tussen ʼn goeie persoon en ʼn barbaar.”

Sy sê in haar verskoning sy het nie bedoel om onsensitief of neerhalend te wees nie.Twitter2

Magnus Mchunguzi, die besturende direkteur van Ericsson Suid-Afrika, het aan Maroela Media bevestig dat die vrou afgedank is. Volgens Mchunguzi is die vrou ʼn subkontrakteur en het sy die maatskappy se etiese kodes oortree. “Ons het ʼn zero-toleransiebeleid teen alle vorme van diskriminasie,” het hy gesê. “Elke werker by Ericsson, hetsy permanent of ʼn kontrakteur van ʼn ander maatskappy, onderteken ʼn erkenning dat hulle ons etiese kode gelees het en dit verstaan. In hierdie geval is hierdie kode oortree en is die betrokke individu summier afgedank.”

Arthur Goldstuck, ʼn sosialemedia-kenner van World Wide Worx Technology, het aan die SAUK gesê sosiale netwerke kom aan talle verbruikers as wetteloos voor, maar dat mense maklik van haatspraak aangekla kan word. Hy het gesê sosiale netwerke werk net soos enige ander publieke platform en dat dit ʼn spoor van bewyse kan los, aangesien skermskote van bewyse maklik geneem kan word. Hy het gesê as ʼn mens eers iets aanlyn geplaas het, kan dit nooit heeltemal uitgewis word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anon ·

Arme vrou! Ek voel haar pyn, mens kan nie help om so op te tree nie. Die goed maak mens woedend. Sterkte aan die vrou.

Willem ·

Dit is seker nie reg nie dit word as rassisme gesien maar wat is AA en BEE…. ook diskriminasie wat teen n huidige minder bevooregte groep naamlik wit mense engels en afrikaans…. daargestel is .

Hannes ·

Dit is omdat mense so behep is met facebook dat die goed gebeur. Hoekom blaker sy alles wat met haar gebeur altyd uit. op facebook.

Rudi ·

Ek’s miskien nou wel ‘n lid van die internetbehepte jonger geslag, maar ek stem saam. ‘n Sekere vriend van my het ook die geneigdheid om sy ontevredenheid met sy werkgewers op Facebook te plaas. Dis dom – onprofessioneel – eendag is eendag dan vang slim sy baas.

pop ·

Ek loop soms en kap my kop teen die mure en se daai woord oor en oor net om dit uit my gestel te kry. Veral as ek lees hoe ons mense wreed vermoor word. Stomme vrou, my hart bloei vir jou!!!!

Dewald ·

Hulle is baie gou om ‘n vinger na ‘n blanke te wys en dan te skree “rassisme”!
Maar ou zoempies homself het die sange gelei op die anc se eeufees vieringe en luidkeels gesing “skiet die witmense” in sy eie taal…daarmee is niks fout nie.

Riaan ·

Waarom moet iemand verskoning vra oor hul opinie?! Dit is ‘n verwronge, verdraaide, opgevoeterde wêreld waar jou vryheid van spraak onderdruk word, jy geintimideer word, afgedank word deur ‘n werkgewer wat oënskynlik jou mees basiese mensereg onderderuk, skaad en van jou wegneem deur hul intimidasie- en manipulasietektiek! Ons land se konstitusie gee elkeen die REG om ‘n opinie te mag hê, en dit uit te mag spreek. Wie dink hierdie arrogante maatskappy is hulle om menseregte so blazé te ignoreer en te skend!?

jakes ·

Gebruik liefs ‘n troetelnaam vir hul in die toekoms- Marmite monsters.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.