Ermelo-boer wreed vermoor

Argieffoto: Lorraine Claasen

“Dit was ongelooflik tragies om my buurman so te sien.”

Só het Henry Geldenhuys, adjunkpresident van TLU SA, gesê nadat hy Woensdag op die toneel was waar Moolman Meyer (67), ʼn boer van Ermelo, Mpumalanga, wreed vermoor is.

Geldenhuys en Meyer se plase grens aanmekaar in die Sheepmoor-gebied tussen Ermelo, Piet Retief en Amsterdam in Mpumalanga.

“Meyer het Saterdag met sy bakkie Ermelo toe gery om ʼn vrag vuurmaakhout te verkoop. Hy het twee werkers wat hom help om dooie hout in die plantasie te kap wat hy dan vir ʼn ekstra inkomste verkoop.

“Ons vermoed die werkers het Meyer laat weet daar is fout met sy trekker. Dit is hier waar hulle hom oorval en doodgekap het met ʼn panga.”

Geldenhuys sê een van Meyer se vriende het onraad vermoed toe hy Dinsdag by Meyer wou kuier. Hy het alarm gemaak toe hy sy bakkie sien maar geen spoor van sy Meyer kon vind nie.

ʼn Soektog is van stapel gestuur waarby die polisie, TLU SA en die landbougemeenskap betrek is. Hulle het Dinsdag van 17:00 tot 22:00 na Meyer gesoek. Die soektog is vroeg Woensdagoggend weer hervat.

“Ons het om 10:30 op Meyer se erg verminkte lyk langs sy trekker afgekom.”

Volgens Geldenhuys was daar tot kapmerke tussen sy vingers soos hy probeer het om sy aanvallers af te weer.

Meyer het meer as 50 jaar op die plaas geboer. Hy het egter oor die laaste paar jaar begin om sy boerdery af te skaal.

Geldenhuys het gesê die huis is geplunder en die aanvallers het vermoedelik met selfone en vuurwapens weggekom. Hy glo hulle het oor die grens na Swaziland gevlug aangesien die plaas naby dié grens is.

Volgens Geldenhuys is een van Meyer se jonger broers, Joshua (64), byna ʼn jaar gelede saam met sy werkers op sy plaas aangeval. “Hulle het hom in die arm gesteek en hom en sy werkers oor die kop geslaan, maar hy het darem ligter daarvan afgekom.

“Die aanvallers het sy vuurwapens gesteel maar dit is later tydens ʼn renosterstroperyvoorval teruggevind.”

Geldenhuys het gesê sy organisasie reken misdaad in die land is tans heeltemal buite beheer.

“Die aantal moorde wat daagliks in Suid-Afrika gepleeg word, is reeds te veel om nie eers van plaasaanvalle en –moorde te praat nie.

“Die polisie is vinnig om taakspanne aan te stel vir taxigeweld en vragmotors wat brand maar dit is nou hoogtyd dat die president ʼn soortgelyke taakspan vir plaasaanvalle aanstel.”

Geldenhuys het gesê op grondvlak sal boere moet besef dit is ʼn vraag van “wanneer is dit ek?”.

“Boere moet by hulle plaaslike veiligheidstrukture betrokke raak en hulle eie paraatheid opskerp.”

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

“Die polisie sal later vandag ʼn amptelike verklaring oor die voorval uitreik,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Petro ·

Dis verskriklik!!! Baie sterkte aan die familie en vriende. Ek stem saam, hoekom nie ook n taak span aanstel vir plaasmoorde nie??? Hulle bly vergeet, dis die boere wat sorg dat ons almal iets op ons tafels kan sit om te eet? Beteken dit niks?

Theresa ·

Dit is vreeslik wreed. Dis onmenslik. Ek kan nie dink dat hulle eenvoudig so iets kan doen en aangaan met elke dag asof hulle niks verkeerd gedoen het nie. Die Regering moet begin wakker skrik en ophou geld mors op snert en aandag aan die misdaad in hierdie land gee. Dis heeltemal buite beheer. Elke geval is maar net nog ‘n nommer vir julle. Gevoelloos en gee net aandag aan julle dinge!

Realisties ·

Kom ons dink gou logies hieroor. Hy is besig om hout te kap en te verkoop, hy kry nuus sy trekker is onklaar, 1ste instink – ry en maak trekker reg. Hoe moet mens paraat wees dis deel van jou dag se gebeure. Iemand kon netsowel gebel het om te sê sy middag ete is reg hy moet huis toe kom en hulle kon hom daar oorval het. Dis deel van die loop van die dag. Hoe moet mens paraat wees? Moet jy jou gun gelaai hou en begin skiet vir enige ou wat jou nader net vir ingeval…?? Ek dink nie daar is n antwoord of oplossing op hierdie aarde hiervoor nie. Dis sinnelose moorde. Net die Here kan jou elke dag beskerm as jy Hom vra. Dag in en dag uit.

Erg ·

Dit ruk regtig nou handuit en eskaleer op ‘n skaal wat amper onmoontlik klink!!!!! Asseblief boere, loop met julle vuurwapens rond en wees altyd bewus van wat om julle aangaan en vertrou NIEMAND wat saam jou werk. Mens is goedhartig en dink, ek betaal hierdie plaaswerker se salaris en hy sal my nie iets aan doen nie? Nee dink weer, hulle voel niks vir jou nie. Jou lewe beteken vir hulle absoluut niks nie. Elke liewe berig omtrent hierdie laaste ruk bevestig dat dit ‘n plaaswerker was wat ‘n man vermoor het, en wat vrouens en kinders verkrag!!!!!!!!!

susan ·

Hoeveel meer plaasmoorde voor daar iets aan gedoen word. Hoe wreed en selfsugtig-wat gaan aan in ons land. Hoekom hoekom word niks gedoen nie, maar ander onnutsige dinge word gou aandag aangeskenk. Protest aksie en nonsense oor dienslewering word gou uit gesorteer, nee man wat nog-bly ons nou in die wilde weste.

Regs! ·

Die regering gaan niks doen nie want dit is nog hulle plan van die begin af! Hulle plan verloop perfek! Die enigste een wat jou gaan beskerm is jyself! Skrik wakker boere!!!!!!

Z ·

Sjoe! Dood moet ons almal, maar om só te moet veg tot die einde moet verskriklik wees.
My innige-innige simpatie vir sy hartsmense wat met hul gebroke harte oor n onnatuurlike dood moet saamleef.

Celeste ·

Ons mense moet begin besef dat die regering niks vir die boere en oor plaasmoorde gaan doen nie. Jy kan kla soos jy wil, dis duidelik soos daglig dat boere uitgelewer is. As ons mense nie gaan saamstaan nie is dit verby met afrikaners. Die grap is net almal selfs ek se afrikaners moet saam staan maar daar kom niks van dit nie. Oor n paar minute word nog n boer vermoor dan se ons weer ons moet saamstaan maar niks gebeur nie. Ons hou van praat en kommentaar gee. Iemand moet n oplossing he

jo ·

Ek stem saam, hoe kan ons begin? Ons eie weermag of taakspan. Iewers moet daar iemand wees wat weet hoe.

CJ ·

Jul kan iets doen.Sluit aan by die BL. ( Boere Legion ) R 50 p.m Hulle werk saam polisie en is 100% n wettige organisasie. ‘Familie Kommando’ Ons mense moet begin aansluit by sulke organisasies.Elke persoon moet net sy klein deel doen.Ons moet ophou praat en vertel hoe erg dit is en hoop/ verwag iemand anders gaan iets doen omtrent dit.Jy is daai iemand.Dit begin met jou.Kyk oor jul ‘white picket fenses’ oop en haal jul koppe uit die grond uit.Los jul ‘comfort zones’ Want een van die dae is daar nie meer n ‘veilige’ plek nie.Ek gee nie om oor my nie,maar my kinders sal n toekoms hê.

Stelling ·

My eerlike opinie is dat niks nooit hiervan sal kom nie. Aanvaar dit soos dit is…ons Afrikaners kon nog nooit saamstaan nie! En asb los tog die verlede praaitjies oor hoe ons dit en dat oorwin het! Al wanneer dit sal gebeur as dit raak aan jou eie vel. Elke dag word boere doodgemaak, en wat gebeur ons kommentaar hoe wreed dit is en more is dit “back to normal”, wat braai ons more? Die regering die en die regering dat…Ramaphosa moet dit doen en dat doen… asseblief skrik tog net wakker. Ek self soek geen oplossing nie, dis mors van tyd. Stap maar verby Afrikaners, niemand sal meer more se nie, kinders het geen meer respek nie en dan praat ons van saamstaan, hoe lagwekkend! Hoekom dink julle gebeur dit met ons? Leef ons werklik reg? Kruisig my maar soveel soos jul wil, soos hul se die mensdom hou nie van die waarheid hoor nie. Beste advies is as jy in staat is om die land te verlaat GO! Hier is geen hulp oppad nie!

Haan ·

@Stelling baie dankie vir jou raad. Volg dit asseblief, verlaat SA – dit is duidelik dat jy eerder in sak-en-as wil sit as om n bydrae te lewer.
Aan die burgers wat wil bly hef ek my pleidooi: dra asseblief jul vuurwapens aan jul sy, en hou op om jul werknemers goedsmoeds te vertrou.

Kiewiet ·

Elke plaasmoord wat gepleeg word. Se fotos van die vermoorde Boer moet aan Ramaposa gestuur word sodat hy kan wakker skrik en begin besef dat plaasmoorde in werklikheid is en daagliks aan die gebeur is.

Joubert ·

Dink jy regtig Ramaphosa weet dit nie Kiewiet? Hou asseblief op dink die regering gaan vir ons intree. Hulle gaan niks doen nie. Ons is op ons eie, en ons sal vinnig tot aksie moet begin oorgaan.

Haan ·

Dink jy regtig hulle gee n dooie duit om? Dit was die kommuniste se plan van die begin af! Waarom sal numba 1 in charge nou daarvan afwyk? Raak betrokke by veiligheidstrukture en/of burgerregte organisasies en maak uself weerbaar

humor ·

Chris ek stem saam met jou. Die mense wat enige hoop het dat CR n pinkie gaan verroer om plaasmoorde te stop verkeer in n waan. Dit is deur die geskiedenis bewys dat dit n werksmetode in kommunistiese oorname is. Die pres staan koud en afsydig teenoor dit. Hoe donker moet die siel van hierdie man nie wees nie. Aan sy hande kleef bloed. Ons sal eenvoudig ons eie veiligheidsstrukture moet uitbou en meer agressief dringend die buitewereld moet om hulp vra.

Erick ·

En nou wil julle mense kwalik neem wat die land wil verlaat! Sterkte aan die familie.

Gerrie Minnaar ·

Die Here hoor my! Vir hoe lank gaan ons as mede Afrikaners na mekaar luister en met mekaar simpatiseer oor hierdie moorde, verkragtings, mishandeling alvorens ons,ons rug gaan styf maak en se tot hiertoe en nie verder nie!

wanted ·

Meskien nou met belte met holsters aan ons sye rond gaan soos in die tyd van die wilde weste ????????

Haan ·

En? Wat is fout daarmee. Ek dra my vuurwapen daagliks op n wettige wyse, en ek sal vir jou sê dit doen wondere vir my gemoedsrus

Iskariot ·

LEER N LEEFWYSE VAN AGTERDOG AAN,
JA..EK WEET DIS NIE TE GEMAKLIK NIE.
MAAR LEES WEER DIE BG ARTIKEL….
SY MENSE MET WIE HY ELKE DAG SAAM GEWERK HET, HET HOM IN DIE LOKCPVAL GELEI
VERTROU NIEMAND!!!!!

Angie ·

Ek sien en dink nou aan iets………..
Ek gaan kyk ‘n bietjie op die internet en kom op hierdie konsep af.

Dink dit sal ‘n great idee wees as boere so iets by hulle dra.
Sodra daar moeilikheid is, druk hy die knoppie en dit stuur onmiddelik ‘n sein uit.
Dit kan selfs ‘n “Silent Panic” stuur.

Panic Button
Specifications:
Can be programmed to either duress or panic. (Duress is a silent panic.)

Features:
Can be fixed or used as a mobile panic button
Large red push button – easy to press in emergency situations
LED indicates the button has been pressed

Pieterbusa ·

Ongelukkis sal geen veilighiedstruktuur of paraatheid enigsens help as jy deur jou eie werkers (wat jy vertrou) vermoor word nie.

Shirley ·

Nee! Moolman! Ek kan dit nie glo my vriend. Ek het altyd gevrees vir jou lewe op die plaas. Nou sal ek nooit weer jou stem op die foon kan hoor. Ek hoop nie iemand sit daar agter. Rus in vrede my vriend. Sterkte vir sy geliefdes. Totsiens my vriend.

Elke dag ·

Vanmiddag is daar nog ‘n berig van ‘n boer wat vermoor is, van nog iemand wat in hul huis aangeval en vermoor is, more lees ons weer van die volgende slagoffers en so gaan dit aan en aan, dag na dag, nag na nag ….

As daardie swaar gewapende moordbende (Netwerk 24) nie vandag of gister in die Vrystaat gevang is nie het ons seer sekerlik nog voor vanmiddag van nog plaasmoorde gelees. Hulle was op pad om te moor. Volgens die berig was hulle was swaar gewapen met hulle moordwapens … Op pad om te moor.

Elke dag. Dit gaan nie stop nie. Dit gaan nooit ophou nie. Elke dag nog moorde. Wag maar … die volgende daaglikse moordberig in reeds in die wagtou om gepubliseer te word … Binnekort is dit elke uur …

Mag die einde vir die volgende slagoffers genadiglik gou wees. Sodat hulle nie gemartel en vermink word en erge pyn en lyding ervaar voordat hulle sterf nie.

Joe ·

Hierdie is net nog `n voorbeeld oor hoe boere stadig maar seker vermoor word sondaer dat die regering eers daarin belangstel. Op ierdie manier sal die wereld maar net toekyk en dit toeskryf aan misdaad. Hierdie is die regering se doelstelling om te sorg dat dit sonder baie geraas in die nuus, toegesmeer word tot niemand van ons meer oor is nie, dan het hulle mos die grond sonder betaling. Staan vas mense, staan saam. Ons moet ons rue styf maak en die boosaards begin karnuffel tot hulle sien waar ons vandaan kom..

DA BO ·

Ek het n flits met die sterkste skok stok aan. Het nooit geweet hoe sterk maar nou die dag toe kry ek kans om hom te toets. Het iemand gehelp en daai man was met eerste skok plat grond toe. Hy was so verlam dat mans hom kon vastrek. Is n klein flits met n skakelaar wat sy hele voorkant aanskakel na n elektriese stroom. 2 rye drade om die bokant. Gaan na selfverdediging winkels waar allerande wapens verkoop word en kry net iets om die boosdoeners buite aksie sal stel.

Siener van Melbourne ·

n Mens kan mos nie iemand wat dit aan ander doen klassifiseer as n mens nie.

diefie ·

Mag die selfde met die skuim gebeur. Sterkte aan die familie.

Landvaneensydigheid ·

Ek weet dit kan nie lekker wees om dit te sien nie veral nie vir ‘n familie lid nie, maar ons sal moet begin die fotos bymekaar maak en die buiteland in stuur. Hulle kan dit nie meer ignoreer nie. Behalwe as die werêld en die glansryke VN nog ‘n situasie soos Uganda, Yugoslavia of Cyprus will sien.

Sterkte aan die familie. Ons harte is met julle.

ChrisE ·

Dit help nie ons klits onsself op die forum op en braak gal nie. Vra jouself af wat gaan jy in ‘n aanval situasie doen. Dit gebeur blitsvinnig, vra my. Ongelukkig moet ons bedag wees op enige persoon wat jou persoonlike ruimte binne beweeg. Bewapen jouself. Dit klink nie reg nie, maar ons is in ‘n staat van lae intenisteit anargie. Daar word gevaarlike uitsprake deur groepe gemaak teen die gemene vyand. Ek is nie ‘n waarsêer of siener nie. Die dag kom nader dat daar een boer te veel in die land doodgemaak word.

toy ·

Stuur dit die wereld in, ons bly in een van die wreedste lande denkbaar. Kan mens so onmenslik wees met iemand anders. Ek weet net elkeen se dag kom wat mense so wreed vermoor.

Op plase, plotte, in stede en dorpe … ·

….word mense daagliks wreedaardig vermoor. Mense wat bid vir beskerming.

Lida ·

Dit hou net aan en aan. Die mense wat ons land regeer gee ni om ni. Hulle kry baie geld leef lekker het wagte om hul te beskerm. Waar is ons land se weermag as hul nog bestaan?

JD ·

Kom ons daag mekaar uit om ń verskil te maak , ons het die kennis en opl om ons self te beskerm , vir elke mens in suid afrika wat regtig omgee vir hierdie mooi land en sy mense , vra ek vandag , kom ons wys die wereld ons kan hierdie uitdaging oorwin , kom mense daar is mense wat weet om hierdie slegte goed stop te sit , vergeet van politiek en die wat mense oorheers met patetiese denkrigtings , as ons nie self iets gaan doen nie is ons tyd baie kort in hierdie mooi land , aan al die moordenaars en krimenele in dié land JULLE tyd is self kort want ons dien ń lewende GOD , HY gaan optree .

SkaamteLOOS ·

Hier is ‘n idee…..

Dalk moet al die boere die geld wat hulle aan SARS moetbetaal saamsit en dit mooi verdeel en hulle plase veilig maak met daai geld wat in anycase net vir die skelms gaan.

James ·

Ramaposa se padda kook plan loop seep glad en hy ontken natuurlik dat enige boer vermoor word. Jou stilte het bloed op jou hande… maar hy gee in elke geval nie om nie.

Frm ·

Hoe word n leier “gebore”? Hy of sy staan op n seepkissie en verkondig sy siening. Mense drom saam om te luister en of gooi hom met tamaties of stem saam met hom. Daardie persoon is dan ģedwing om dit wat hy verkondig het aan te spreek en nie net praat nie.
Hierdie gesiglose kommentaar lewer baat niemand niks. Jy voel dalk beter as jy jou se getik het maar jy hoef dit nie tot uitvoer te bring nie. Kom ons hou op kommin taar lewer en staan op n kassie en neem die voortou.

charmaine ·

Dis nou n boer n dag, en nou ook jonger paartjies, jong tieners…
Ek kan nie meer hierdie nuus lees nie oor al die slagtings nie, ek draai nie die blinde oog nie, maar dit maak my bang! Nog n boer, nog n boer en sy vrou, nog n jong paartjie aangeval of vermoor!!! Nee!!

Stefan Kruger ·

Dis verskriklik! Doodgekap met pangas. Ek kan nie eers ‘n hond wat skaap gevang het dood skiet nie, wat nog te se dood kap met ‘n panga. Hoe kan een mens so iets aan ‘n ander doen?

Jannie van Niekerk ·

Ses plaasmoorde waarvan ek weet sedert Desember 2018. Wanneer gaan Pres Ramaphosa iets hieroor sê?

Dirk ·

Dalk moet diegene wat die verantwoordelikheid vir plaasbeveiliging by die SAPD oorgeneem het iets se!

Johan Muller ·

Dit is tragies en AFRIKAANSE MEDIA rep nie n woord nie—dalk polities nie korrek of in bree lyn nie. JUIS DAAROM WIL EK VIR MAROELA MEDIA BAIE DANKIE SE WAT HIERDIE LEEMTE VUL—soms die enigste.

Israel ·

Skaamteloos, Jd, toy en baie ander het goeie idees, die feit is dit moet gedoen word , die mense moet bymekaar kom en goed op die tafel sit, My voorstel is maak van alle plaasmoorde hoe grusaam ook plakate en sit dit orals op, veral waar toeriste aandoen, sit dit op winkelvensters lamppale ens ,maak julle eie koerante en versprei dit die wêreld in , dan stop om tax te betaal , kry elkeen n handwapen en dra dit dag en nag, wees paraat en baie waaksaam,moet nie die mense VERTROU nie al werk hulle hoe lank saam met jou,The Devil was once an angle to woon selfverdedigingsklasse by , kry radios en sluit aan by netwerke , dra peppersproei saam in die motor ook,en so kan n mens aangaan,

Patriot ·

Vroeg oggend klink die tarentale se getjirrr op. Iewers is `n haan wat kraai. Terwyl ek lè en luister na die dag se wakker word dank ek die Vader dat hy ons deur die nag gespaar het. En wonder ek wat die dag inhou. Is dit vandag my beurt ? Gaan ek vandag vermoor word? Ons het sondag `n vadersdag ete , gaan ek gespaar word tot dan? Of is dit roekeloos om iets soos `n gesinsdag te beplan?

Dirk ·

@Patriot, moet niks doen met jou familie wat van hulle n teiken kan maak nie. Tref die nodige voorsorgmaatreels indien jy weet hoe, anders moet jy maar vir jou bure of die veiligheidskundiges vra, maar net nie vir die kundiges in die kroee nie!

Weermagkind ·

Herstel die kommando-stelsel onmiddellik in volle krag. Ons het geen ander keuse nie. Hierdie is terrorisme en almal weet dit.

Dirk ·

Die slimjanne van die Nobel prys vir vrede het die konsep uitgedink dat wanneer jy die slegte ouens van vryheidsbewegings die goeie ouens maak deur demokrasie, hulle daartoe geneig is om goed te raak soos wat die tyd aanstap. Hulle het hulself egter duidelik misgis met die ANC.

Pieter h ·

Boeresport. Maak die boer dood en vat sy goed. En sekere partye klap hande. En die staat kry dalk grond om weg te gee by.

emily ·

Hoop CR lees die berig, hy wil mos weet van die moorde. Net n jammerte hy en sy trawante doen niks daaraan nie.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

57 moorde n dag in Suid Afrika…

…dis 20 805 moorde n jaar in Suid Afrika..

…en die publiek stel nie belang om hul eie handwapen te kry vir selfbeskerming nie..

hercu ·

die huidige regering, cANCer, DA, BLF EFF en ander korrupte rampokker bendes voel vere vir die land en/of die ekonomie en dink net aan hulself vir vandag!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.