Ermelo-fietsryer sterf

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Fietsryer is Sondag buite Amsterdam in Ermelo, Mpumalanga dood nadat hy van sy fiets afgeval het.

“ʼn Groep fietsryers het op die pad tussen Lothair en Amsterdam gery,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, in ‘n verklaring gesê.

Ruan van der Linde, Christo se seun, het Maandag aan Maroela Media gesê dit is nog nie duidelik waarom hy van sy fiets afgeval het nie. Paramedici het vroeër aangedui hy het moontlik ‘n probleem met sy fiets ondervind, maar Ruan het bevestig dit is nie die waarheid nie. Die fietse word baie goed nagegaan.

Christo (45) het vermoedelik sy kop gestamp toe hy geval het. “Hy was in ʼn kritieke toestand toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Vermaak bygevoeg. Omstanders het aan paramedici gesê hy het stuiptrekkings begin kry net nadat hy geval het.

“Hy het glo ʼn hartaanval gekry nadat nooddienste by die toneel opgedaag het. Alle pogings om sy lewe te red was tevergeefs,” het Vermaak bygevoeg.

Plaaslike owerhede sal die oorsaak van sy dood bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ruan van der Linde (Christo se seun) ·

Hi ekt die berig gelees . Eerstens ek vra dat dit dadelik reg gestel sal word . Aangesien die persoon wat die berig geskryf het n leek aangaande fietse is wil ek net herbevestig dat die NIE !!!! n meganiese probleem op sy fiets was nie ekt die fiets menigde male deurgegaan en kan julle verseker dat dit nie so is nie . Ek vra dat dit onmiddelik reg gestel sal word .Kontak my vir enige verdere inligting voor daar net bewerings gemaak word 0785750742 Dankie . Groete Ruan van der Linde

Sune van Heerden ·

Dankie dat jy met ons in verbinding getree het, Ruan.
Die wysigings is aangebring.

Baie sterkte vir julle gesin
Groete
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.