Ermelo-moord: Verdagte se naam bekend

Issie Dippenaar. Foto: Facebook

Issie Dippenaar. Foto: Facebook

Die man wat tereg staan vir die moord op Issie Dippenaar van Ermelo in Mpumalanga het Woensdag vir die eerste keer in die plaaslike landdroshof verskyn.

Kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder van die polisie, het gesê Banele Sihlali (28), Dippenaar se voormalige tuinier, het vlugtig verskyn op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede. Die saak is tot Vrydag uitgestel om Sihlali die geleentheid te gee om regshulp te kry.

Die saak is verlede week vir die eerste keer in Sihlali se afwesigheid aangehoor. Hy kon nie self in die hof verskyn nie aangesien hy steeds in die hospitaal aangesterk het nadat hy tydens sy inhegtenisneming in die sy geskiet is.

Maroela Media het vroeër berig Dippenaar se buurman het die aand van 21 November by haar huis gaan ondersoek instel nadat haar ma haar nie telefonies in die hande kon kry nie. Volgens Louwrens Jacobs, Dippenaar se swaer, het die buurman gesien dat al die ligte buite die huis af was, maar Dippenaar se slaapkamerlig was aan. Hy het ʼn man in die huis sien beweeg en het ʼn private veiligheidsmaatskappy ontbied.

By die motorhuis het hulle Dippenaar se Audi gesien wat halfpad uit die motorhuis getrek was. Die venster was oop en twee selfone het op die passasiersitplek gelê. By nadere ondersoek het hulle Dippenaar se liggaam in die motor se kattebak ontdek. Haar hande en voete was vasgebind en ʼn verband is gebruik om haar mond mee toe te bind. ʼn Elektriese koord was om haar nek gebind.

Lees alle vorige berigte oor Issie Dippenaar op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elsabe ·

Hy het doodgemaak waste regshulp wil hy he of gaan hy nou ook verstandelik vertraag wees. wys sy gesig!!

Ben Prinsloo ·

Ek hoop die witman en witvrou van Ermelo het en gaan nog in hulle hordes opruk na die hof.

Cherokee ·

Dink jy dit dien enige doel om voor ‘n hof te gaan staan met plakkate an baniere, Ben? Ek het wel al gesien dat openbare reaksie by uitspraak genoem word maar weet nie of dit wel ‘n doel dien om te betoog voor ‘n hofgebou nie. Die wetstoepasser is buitendien binne in ‘n hofsaal en het nie die tyd om deur vensters te loer en baniere te lees nie.

Hugo ·

Dis hartseer om te sien hoe ons vrouens een vir een uit ons samelewing geruk word. hierdie en die stories van Sundra is vir my baie hartseer. dis tyd om oorlog te verklaar teen misdaad. dis tyd om dit by die wortel uit te ruk. So kan ons blankes nie aangaan nie.

CHRISTA ·

Wat verwag julle? Mal-ema het mos ‘n “free hunting license” op blankes uitgereik!!!

Liza ·

Jy is so reg Christa, hy gaan seker gestuur word vir waarneming ook, sluit hom toe hy is skuldig, dit is soos Elsabe se wat se regshulp kan hy dit spel…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.