Ermelo-moordverdagte toe nie in hof

Issie Dippenaar. Foto: Facebook

Issie Dippenaar. Foto: Facebook

Die saak teen die verdagte wat vir die moord op Issie Dippenaar van Ermelo in Mpumalanga aangekla word, is vandag in sy afwesigheid in die plaaslike landdroshof aangehoor.

Kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak is vir vandag op die hofrol geplaas omdat die 28-jarige verdagte na verwagting Woensdagmiddag ontslaan sou word. “Hy is egter nog steeds in die hospitaal en die saak is toe in sy afwesigheid aangehoor. Die saak is tot 30 November uitgestel,” het Prinsloo gesê.

Aangesien die verdagte nie self in die hof verskyn het nie, kan sy naam nog nie bekendgemaak word nie. Prinsloo het egter vroeër bevestig die verdagte is ʼn voormalige tuinier wat vir Dippenaar gewerk het. Sy het gesê Dippenaar se bankkaart, ʼn groot bedrag kontant en ʼn gaspistool is tydens die inhegtenisneming in sy besit gevind.

Maroela Media het vroeër berig Dippenaar se buurman het Maandagaand by haar huis gaan ondersoek instel nadat haar ma haar nie telefonies in die hande kon kry nie. Volgens Louwrens Jacobs, Dippenaar se swaer, het die buurman gesien dat al die ligte buite die huis af was, maar Dippenaar se slaapkamerlig was aan. Hy het ʼn man in die huis sien beweeg en het ʼn private veiligheidsmaatskappy ontbied.

By die motorhuis het hulle Dippenaar se Audi gesien wat halfpad uit die motorhuis getrek was. Die venster was oop en twee selfone het op die passasiersitplek gelê. By nadere ondersoek het hulle Dippenaar se liggaam in die motor se kattebak ontdek. Haar hande en voete was vasgebind en ʼn verband is gebruik om haar mond toe te bind. ʼn Elektriese koord was om haar nek gebind.

Lees alle vorige berigte oor Issie Dippenaar op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jean ·

Dis die oudste truuk in die boek, hy leer mooi by sy ANC makkers, nes jy uitgevang is, speel jy siek en so word die hofsaak uitgestel en uitgestel en hy sien dalk nooit die binnekant van die tronk nie, of word gou gou op mediese parool vrygelaat.

Wayne Goosen ·

Hy was eintlik raak geskiet met sy inhegtenisname, dis hoekom hy nog tans gehospitaliseer word.

Jean ·

Was net ‘n vleiswond… ek glo daar word nou weer vir tyd gespeel.

Wilma Potgieter ·

Doodskoot moes dit wees
. Die Bybel se n oog vir n oog en n tand vir n tand

annette ·

Die oog vir n oog werk nie meer nie want die Bybel is omseil om sogenaamde menseregte te beskerm.

Susan ·

Nou sien, dit is nou ‘n saak wat sal kwalifiseer vir die doodstraf. (Soos baie ander). Hy het haar gedreig sodat sy tot die dood toe bang was vir hom; Hy het presies vooraf beplan hoé hy haar sou voorlê, beroof, en vermoor. Haar besittings is by hom gevind en sy DNA glo ek, ooral. Hoekom moet sulke mense leef, en ons mense moet sterf? Dit is nou ‘n saak wat bo alle twyfel bewys kan word.

Alida ·

Hy hoort nie in die hospitaal nie maar in n baie koue kamertjie.

Jan ·

Hy hoort nerens nie. Bring die doodstraf terug. Hy het iemand anders se reg om te lewe weggeneem, waarom moet sy reg om te lewe nou eerbiedig word? Hy het sy eie reg om te lewe vir die doodstraf verdiskonteer.

Hannie ·

Ek raak stom, stil wanneer ek van hierdie gruwels lees, hoe en waar gaan dit eindig!

Jan ·

Gee hom die doodstraf. Hy het haar reg om te lewe van haar ontneem. Toe hy haar vermoor het, het hy sy eie reg om te lewe vir die doodstraf verdiskonteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.