Ermelo-vrou vermoor: Tuinier in hof

Issie Dippenaar. Foto: Facebook

Issie Dippenaar. Foto: Facebook

Die voormalige tuinier van Issie Dippenaar (58), die vrou wat Maandagaand in haar huis in Ermelo, Mpumalanga, vermoor is, sal vandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder van die polisie, het gesê die 28-jarige verdagte is Woensdagmiddag uit die plaaslike provinsiale hospitaal ontslaan. Hy is daar behandel nadat hy Dinsdag tydens sy inhegtenisneming in sy sy gewond is.

Dit was nie onmiddellik duidelik op hoeveel aanklagte die verdagte tereg sal staan nie. Prinsloo het bevestig dat die verdagte voorheen vir Dippenaar as tuinier gewerk het, maar sy naam kan eers bekendgemaak word sodra hy in die hof verskyn het.

Maroela Media het vroeër berig Dippenaar se buurman het Maandagaand by haar huis gaan ondersoek instel nadat haar ma haar nie telefonies in die hande kon kry nie. Volgens Louwrens Jacobs, Dippenaar se swaer, het die buurman gesien dat al die ligte buite die huis af was, maar Dippenaar se slaapkamerlig was aan. Hy het ʼn man in die huis sien beweeg en het ʼn private veiligheidsmaatskappy ontbied.

By die motorhuis het hulle Dippenaar se Audi gesien wat halfpad uit die motorhuis getrek was. Die venster was oop en twee selfone het op die passasiersitplek gelê. By nadere ondersoek het hulle Dippenaar se liggaam in die motor se kattebak ontdek.

Jacobs het Woensdag aan Maroela Media vertel dat Dippenaar voor haar dood doodsdreigemente gekry het en vir haar lewe gevrees het.

Lees alle vorige berigte oor Issie Dippenaar op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Acca ·

Nou waar is al die politieke partye veral die slapgat DA wat rassisme veroordeel. Ons weet almal die velkleur van die tuinier. Ooo jammer dis mos nie n wit persoon wat die swart persoon aangeval het nie. Anders om is totaal verkeerd maar soos nou is dit mos reg. Waar is die DA. As julle guts het wys dit of is julle ruggraatloos

Kaufman ·

Moet niemand vertrou nie en wees altyd gereed vir aanvalle. Vertel meer oor die doodsdreigemente, of sy dit aangemeld het by polisie, en indien wel, of die polisie dit geignoreer het.

Simon ·

Kaufman,
Ek verstaan jou wens vir meer info. Dit bestaan en is redelik volledigheid gedek in n vorige Maroela Media berig.
Vriendelike voorstel: gaan kyk daar en jy sal antwoord daar kry..

Alida ·

Die DA is ‘n politieke party die SAPD doen hul eie werk. Kry ‘n lewe. Wat wil jy he moet die DA doen?

mariana ·

Politieke Partye is verantwoordelik om n stem te wees vir land burgers. . Alida.

petra van Vuuren ·

Nou kom ek vertel julle wat gebeur het. Dis nie net die politieke partye wat nie hulle werk doen nie.
Dis meer die SAPD wat gedink het hulle was slim. As hulle gehoor gegee het aan die dreigemente wat Issie ontvang het, dan was dit dalk nou ‘n ander situasie.

As julle iemand wil blameer, blameer die swak diens van die wonderlike SAPD.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.