Ernie ‘Lastig’ Solomon vroeër vanjaar ook geskiet

Ernie “Lastig” Solomon (Foto: ANA)

Ernie “Lastig” Solomon, die voormalige leier van die 28-bende, se skietdood in Boksburg aan die Oos-Rand volg op ʼn vorige aanslag op sy lewe vanjaar.

Solomon en sy seun is in Mei vanjaar voor ’n nagklub in die Wes-Kaap geskiet. Solomon is vyf keer in die oënskynlike verrassingsaanval geskiet, maar het oorleef. Sy wag is egter in die voorval doodgeskiet.

Solomon was ten tyde van sy dood Vrydag glo nie meer betrokke by bendes nie en het ’n kletsrymer geword.

Solomon is Vrydagoggend in Kingfisherweg in Freeway Park doodgeskiet. Drie ander, onder wie ’n baba, is in die voorval gewond en na ’n hospitaal gehaas.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê ’n wit Ford Ranger met vier insittendes het teen ’n wit BMW, ook met vier insittendes, gebots. Solomon was die bestuurder van dié motor.

Twee gewapende mans het uit die Ford Ranger geklim en skote op die BMW afgevuur waarna al vier verdagtes die Ford Ranger agtergelaat en in ’n wegkommotor op die vlug geslaan het.

Solomon is op die toneel dood verklaar.

Die verdagtes is steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

twaalfboor ·

As ek weer van hom hoor……. Sal dit die 2de keer wees. Is dit werklik nuuswaardig?

Cherokee ·

Vergewe as ek verkeerd onthou, maar ek dink jy het Kataza, van wie jy vele kere gehoor het,ook as nie-nuuswaardig beskou.

JohanR ·

My gooiste hy was ‘n BENDE leier……hy was ‘n BENDE leier! You live by the sword you die by the sword! Die Kaap veral is besaai met bende leiers, en ek voel rerig niks!

Anon ·

Steeds praat niemand oor die ware “kingpins” van die dwelm wêreld nie… Lastig is ‘n patsy…

Casper ·

Hy het die aanslag in die Kaap oorleef,wat het hy in Boksburg gesoek?Daar was mos bespiegelinge deur lede van die 28-bende wat beweer het Malema sit agter plaasmoorde.Hy was nie meer ‘n bendeleier nie.Meneer toe jy ‘n bendeleier was het jy baie vyande gemaak.

Androclus ·

Hulle het hom geken,die wat geskiet het is natuurlik sy vyande,dis hoe die nommers operate.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.