Ernie se liefdadigheidsorganisasie samel al meer as R759 miljoen in

Ernie Els. Foto: Tyrone Winfield.

Die Els Foundation for Autism is vanjaar 10 jaar oud en Ernie Els maak gereed om dié liefdadigheidspad vir nog baie jare te stap.

Els, een van Suid-Afrika se beste gholfspelers ooit, is tans in aksie by die Tsjeggiese Meesterstoernooi in Praag. So tussendeur die voëljies en die arende het hy tyd gekry om oor sy seun, Ben, asook oor sy liefdadigheidsorganisasie te gesels.

Tot op hede het die organisasie reeds R759 miljoen ten bate van kinders met outisme ingesamel.

“Wanneer jou kind outisties is, verander jou lewe heeltemal. Ek het jong vriende hier op die toer wat klein kinders het en dit voel vir hulle asof hulle lewe gaan verander, maar ek sê wag tot jy ’n kind met outisme het, dán verander jou hele wêreld. Of altans, dit was wat met ons gebeur het,” het Els gesê.

“My seun word 17 jaar oud in Oktober en die omvang van sy outisme is taamlik ernstig. Hy praat nie baie nie. Maar ons werk elke dag met hom en hy het die kosbaarste uitkyk op die lewe.

“Hy is baie gelukkig en ons probeer om in sy wêreld te lewe, in plaas daarvan om hom na ons wêreld te probeer trek. Hy het ’n wonderlike gesindheid en geniet die lewe ten volle.”

Toe hulle destyds die organisasie in Florida in die VSA op die been gebring het, was dinge nie altyd so maklik nie.

“Ons het al ons energie gebruik om gholftoernooie te reël vir ons bewusmakingsveldtog, maar ons het geen daadwerklike plan gehad nie. Daar was baie druk op ons om dinge aan die beweeg te kry.

“Deesdae probeer ons steeds geld insamel om die projek uit te brei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

se net ·

Hou tog asseblief net die Staat uit jou planne, anders was daar geld gewees.

Wie weet ·

Jy was nog altyd my Hero nou is jy my groter Hero well done for the big easy

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.