Norma Gigaba, die vrou van oudminister Malusi Gigaba, het Maandag in die Hatfield-landdroshof in Pretoria verskyn op aanklag van crimen injuria en opsetlike saakbeskadiging ná sy glo ʼn luukse motor gekrap het wat haar man geleen het.
Sy moet op 14 September weer in die hof verskyn.
Gigaba (40) is Vrydag deur die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in hegtenis geneem en is oornag by die Brooklyn-polisiestasie aangehou. Haar regspan staan onder leiding van adv. Dali Mpofu.
Sy is Saterdagoggend vrygelaat, maar is nie toegelaat om terug te keer na die huis wat sy met die voormalige minister van binnelandse sake, openbare ondernemings en finansies deel nie.
Die staatsaanklaer het haar egter ná die hofverskyning magtiging gegee om terug te keer na die gesin se huis in Waterkloof.
Die Valke het Maandag gesê die dossier met die aanklagte van crimen injuria en opsetlike saakbeskadiging is aan die polisie oorgegee. Dit word bevraagteken waarom die elite-eenheid betrokke is in die saak, maar ʼn woordvoerder het Maandag verduidelik die Valke ondersoek eintlik ander, meer ernstige bewerings teen Norma Gigaba. “Daar is nog ʼn vlak op die saak, en ons ondersoek meer ernstige bewerings,” het brig. Hangwani Mulaudzi gesê. Daar word verneem dat dit verband hou met ʼn bedreiging op haar man se lewe.
Malusi het in 2018 bedank as minister van binnelandse sake ná ʼn vernederende seksvideo aan die lig gekom het en die openbare beskermer bevind het hy het onder eed gelieg en die uitvoerende etiekkode oortree in die Fireblad Aviation-saak. Hy is nie meer ʼn LP nie, maar die ANC het hom gevra om die party se jeugvleuel te omskep.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Nou moet Gigaba wat seksvideos maak,die ANC se jeugvleuel omskep.
Wat ń voorbeeld is hy nou?
So word almal net hersikuleer in poste.
Die valke moet huis moles en vuil wasgoed sake ondersoek ? ‘n Gewone konstabel kon dit doen .
Wonderlike voorbeeld vir almal ne!
Hy is nie meer ʼn LP nie, maar die ANC het hom gevra om die party se jeugvleuel te omskep. ANC kader sal ALTYD ‘n ou jobbie iewers he. Miskien kan hy daar by die ANC jeugvleuel begin om ontslae te raak van al die oor 50. As hy klaar is daar by die jeugvleuel, kan hy begin by die vroueliga. En na dit kan hy kyk na al die ANC gemors in LootFreely Huis. Begin by Carl Niehaus.
Eish! …ek het daai kar geRY!!