Ernstige misdadigers moet uittree, sê ANC-KZN

Mdumiseni Ntuli, provinsiale sekretaris van die ANC in KwaZulu-Natal (Foto: Doctor Ngcobo/African News Agency/ANA)

Die ANC in KwaZulu-Natal het gesê lede wat van ernstige misdade aangekla is, moet uittree, hangende die uitslag van hul regsake, het die party se provinsiale sekretaris Dinsdag aan verslaggewers gesê.

“Alle comrades wat van ernstige misdade aangekla word, moet uit hul posisies van verantwoordelikheid in die regering tree,” het Mdumiseni Ntuli by die party se hoofkantoor in Durban gesê.

Hy sê dié besluit word gelei deur die “edele beginsels” wat die ANC die afgelope eeu gelei het en wat aanvaar is by die buitengewone vergadering van die provinsiale uitvoerende raad. Die aankondiging volg ná twee ANC-burgemeesters in verskillende distrikte in hegtenis geneem is op aanklag van moord en poging tot moord.

Mluleki Ndobe, burgemeester van Harry Gwala-distriksmunisipaliteit, is verlede week Sondag met drie medebeskuldigdes in hegtenis geneem op aanklag van moord op die sekretaris-generaal van die ANC-jeugliga, Sindiso Magaqa. Magaqa is in 2017 geskiet en het twee maande later gesterf weens komplikasies van skietwonde. Twee kollegas wat saam met hom was, het die aanval oorleef. Die staat het Maandag voorlopig die aanklagte van moord, poging tot moord en sameswering om moord te pleeg teen Ndobe en een van sy medebeskuldigdes teruggetrek, glo weens ʼn gebrek aan bewyse. Die saak teen die twee oorblywende beskuldigdes duur voort.

Ntuli het gesê omdat die saak teen Ndobe teruggetrek is, moet hy terugkeer werk toe om die inwoners van sy munisipaliteit te dien. Hy bly op die party se lys van kandidate vir die verkiesing op 8 Mei.

Ntuthuko Mahlaba, burgemeester van Newcastle, is Vrydag in hegtenis geneem in verband met die moord op die streeksleier van die ANC-jeugliga, Wandile Ngubeni en poging tot moord op die streeksekretaris van die ANC-jeugliga, Mafika Mndebele. Albei mans is geskiet toe hulle saam met vriende in ʼn kroeg gekuier het. Ngubeni het gesterf en Mndebele is ernstig gewond. ʼn Plaaslike hof het Maandag gehoor Mahlaba staan tereg op aanklag van moord, poging tot moord en twee aanklagte van sameswering om moord te pleeg. Hy bly in aanhouding en sal volgende week weer in die hof verskyn vir sy formele aansoek om borgtog.

Ntuli het gesê die provinsiale uitvoerende raad is baie besorg om te hoor van die inhegtenisnemings. “Jy kan nie ʼn staatsamptenaar wees as jy nie in staat is om die publiek te verteenwoordig nie.”

“ANC-leiers moet bo verdenking wees – politiek en sosiaal – en seker maak dat die persepsie van die regerende party dieselfde is.” Hy het gesê die provinsiale uitvoerende raad is onseker hoe om die beeld, statuur en reputasie van die ANC te verstewig en te konsolideer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

George in Bloem ·

Ja,ek kan goed verstaan hoekom hy so se want die res hou nie van kompetisie nie….

Thomas ·

Verstaan ek reg,? Die minder ernstige misdadigers kan aanbly?

Manie van Worcester ·

soos ek ook verstaan, as hy se alle misdadigers moet uittree val die anc plat, dan bly niemand oor nie.

Sê net ·

Julle sal maak dat ek aan my bier verstik. “Edele beginsels” Wat jy waar kry in die ANC?

Manie van Worcester ·

Ook gehoor daarvan, verstaan dit nog glad nie maar gehoor dis wat mens behoort te he

Cherokee ·

Ntuli sê ‘omdat die saak teen Ndobe teruggetrek is moet hy terug keer werk toe’, maar hy sê ook dat hulle bo verdenking moet wees. Indien ‘n saak teruggetrek is weens ‘n gebrek aan bewyse, plaas dit so een nie bo verdenking nie.

Ina van Rensburg ·

Dit het wragtig laat in die dag geword as enige mens moet VRA dat die sg ‘misdadigers’ moet skuif!
Hulle moes alreeds in die tronk gewees het? Nou word daar GEVRA om te gaan. Neem die wetters almal in hegtenis en sluit hulle toe!

Alida ·

Dit alles verkiesings praatjies. Niemand gaan nerens nie glo my.

Willie ·

Hou daardie name dop. Hulle gaan tog net weer iewers uitpop as burgemeesters by piepklein munisipaliteite elders in die land… na die verkiesing natuurlik.

willem Botha ·

Dit beteken omtrent die hele ANC regering en die sapd ook.

Boet Fasie ·

Nee meneer hulle moet nie uittree nie, hulle hoort in die tronk.

Hanna Hoekom ·

“Edele beginsels” en ANC kon nog nooit in een sin genoem word nie. Ai, die verkiesing is mos om die draai…

Sue ·

Ja, dis tyd dat hulle met pensioen gaan… n staatsgesubsidieerde pensioen seker.

Dina ·

Wat is die verskil tussen ‘misdadigers’ en ‘ernstige misdadigers’? Ek het nog altyd gedog misdadigers is misdadigers, maak nie saak in watter graad nie. En dit blyk dat almal/meeste van die ANC bestuur skuldig daaraan is. Wonder of daar nadese nog iemand gaan oorbly?

MW ·

Slaan my nog steeds dronk dat mense so baklei om ‘n bankrot land te regeer? Gaan nog vir die krummels in die “cookie jar” ook moor. “Edel” misdadigers? wraggies ja, dis ‘n nuwe konsep

Mariana ·

Ekskuus “edele beginsels” en die ANC? Dit is lagwekkend. Daar moet GEEN plek wees vir misdadigers in die regering nie, ongelukkig is dit nou presies waarmee ons sit. Beginsellose mense wat net plunder en maak en breek soos hulle lekkerkry en niemand keer hulle nie.

ne ·

Die anc kan maar sê wat hulle wil. Almal het al geskep. Net die “poorest of te poor”bly agter.

Jannie ·

UITTREE?? Regtig? Sodat hulle met ‘n vet pensioen vergoed kan word? LOL!!! NEE…….skop hulle g*tte…sonder enige vergoeding!!! Van wanneer af word kriminele met ‘n “golden handshake” gegroet?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.