Ernstige tekort aan bloedvoorraad

(Argieffoto)

Die SA Nasionale Bloeddiens (SANB) sê hy ondervind ʼn ernstige tekort aan bloedvoorraad en het ʼn beroep op skenkers gedoen om so gou moontlik te gaan bloed skenk.

Volgens die bloeddiens staan sy voorraad tans op 2,6 dae. Die voorraad vir bloedplaatjies staan in hierdie stadium op 0,3 dae.

“Op ʼn tydstip dat mense verstaanbaar daarop konsentreer om veilig te bly en infeksie van Covid-19 te probeer vermy, is daar bitter kommer vir veel anders. Covid-19-beperkings het ons vermoë om genoeg bloed in te samel geweldig beperk, veral omdat ons nie toegang tot skole, tersiêre instellings of maatskappye vir bloedinsamelingsinisiatiewe het nie,” sê die SANB.

“Gevolglik het ons bloedvoorraad beduidend gedaal.”

(Foto: @dthompsonza/Twitter)

Die bloeddiens sê die veiligheid van skenkers, sy werkers en die breër gemeenskap is van uiterste belang en hy doen omvattende stappe om die veiligheid van skenkers te verseker. Almal wat bloedskenkklinieke besoek word vir Covid-19-simptome gesif en enigiemand met verkouesimptome of simptome van infeksie word gevra om eerder later terug te keer.

Die bloeddiens sê dit is steeds veilig om in hierdie tyd bloed te skenk. Diegene wat Covid-19 opgedoen het, word ook vir ʼn bepaalde tydperk weggewys.

“Dit is belangrik om te besef dat mense nie in gevaar is om Covid-19 deur die bloedskenkproses of deur ʼn bloedoortapping op te doen nie, omdat lugwegvirusse normaalweg nie deur skenking of oortapping oorgedra word nie.

“Die huidige tekort hou ʼn ernstige gevaar vir die land se gesondheidsorgstelsel in. Daar is talle mense wat op lewensnoodsaaklike skenkings staatmaak om gesond te bly en ʼn normale lewe te lei.”

Die SANB het veral ʼn beroep op diegene met ʼn O-bloedgroep gedoen om dringend te gaan bloed skenk. O staan bekend as die universele bloedgroep, omdat dit aan pasiënte met enige bloedgroep geskenk kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Dink die ANC het ons leeg gesuig van alles….selfs bloed!

Misky

Gaan vra die EFF en hulle is reeds die strate vol en werk nie soos die res van ons belastingbetalers nie.

Mallie

Ek het nog nog nooit en sal nou nog minder bloed skenk. Indien my familie of vriende bloed nodig het en ek kan help doen ek dit en dan wil ek sien dat dit uit my are uit in hulle are ingaan. Ander sal ek dit nie doen nie. ANC, EFF en wie nog sal nie my bloed kry nie ek is wit.

Elize

Vir hierdie kaders gee ek nie eers ys in die winter nie. My eie mense sal kry as hulle dit nodig het

saggiespraat

Ons dink nie baie reg nie maar ek stem saam…. Ek hoor O groep wat ek is gaan na die kinders en ouers wat geboorte gee… Maar dan sien ek hoe n dronk man in gestoot word met bloed oorals want hy het in omglik gekom of hulle het met daai din gedrinkte bloed met messe gefight…. en dus net bloed ooral AG ek kan aan en aan gaan so dan dink jy gaan jou bloed om hulle te help wat soek vir dit. Of gaan dit regtig vir die wat dit Baie nodig het…. Muskien moet Suid Afrika dit… Lees meer »