Ernstige tekort aan bloedvoorraad

(Argieffoto)

Die SA Nasionale Bloeddiens (SANB) sê hy ondervind ʼn ernstige tekort aan bloedvoorraad en het ʼn beroep op skenkers gedoen om so gou moontlik te gaan bloed skenk.

Volgens die bloeddiens staan sy voorraad tans op 2,6 dae. Die voorraad vir bloedplaatjies staan in hierdie stadium op 0,3 dae.

“Op ʼn tydstip dat mense verstaanbaar daarop konsentreer om veilig te bly en infeksie van Covid-19 te probeer vermy, is daar bitter kommer vir veel anders. Covid-19-beperkings het ons vermoë om genoeg bloed in te samel geweldig beperk, veral omdat ons nie toegang tot skole, tersiêre instellings of maatskappye vir bloedinsamelingsinisiatiewe het nie,” sê die SANB.

“Gevolglik het ons bloedvoorraad beduidend gedaal.”

(Foto: @dthompsonza/Twitter)

Die bloeddiens sê die veiligheid van skenkers, sy werkers en die breër gemeenskap is van uiterste belang en hy doen omvattende stappe om die veiligheid van skenkers te verseker. Almal wat bloedskenkklinieke besoek word vir Covid-19-simptome gesif en enigiemand met verkouesimptome of simptome van infeksie word gevra om eerder later terug te keer.

Die bloeddiens sê dit is steeds veilig om in hierdie tyd bloed te skenk. Diegene wat Covid-19 opgedoen het, word ook vir ʼn bepaalde tydperk weggewys.

“Dit is belangrik om te besef dat mense nie in gevaar is om Covid-19 deur die bloedskenkproses of deur ʼn bloedoortapping op te doen nie, omdat lugwegvirusse normaalweg nie deur skenking of oortapping oorgedra word nie.

“Die huidige tekort hou ʼn ernstige gevaar vir die land se gesondheidsorgstelsel in. Daar is talle mense wat op lewensnoodsaaklike skenkings staatmaak om gesond te bly en ʼn normale lewe te lei.”

Die SANB het veral ʼn beroep op diegene met ʼn O-bloedgroep gedoen om dringend te gaan bloed skenk. O staan bekend as die universele bloedgroep, omdat dit aan pasiënte met enige bloedgroep geskenk kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JohanR ·

Dink die ANC het ons leeg gesuig van alles….selfs bloed!

Misky ·

Gaan vra die EFF en hulle is reeds die strate vol en werk nie soos die res van ons belastingbetalers nie.

Mallie ·

Ek het nog nog nooit en sal nou nog minder bloed skenk. Indien my familie of vriende bloed nodig het en ek kan help doen ek dit en dan wil ek sien dat dit uit my are uit in hulle are ingaan. Ander sal ek dit nie doen nie. ANC, EFF en wie nog sal nie my bloed kry nie ek is wit.

JohanR ·

Stem saam Mallie. As dit ooit soe kom dat familie of vriende bloed nodig het sal ek sommer daar en dan skenk om HULLE lewe te red. Ek het dit in die mag gedoen toe ‘n broer soldaat geskiet is. Hy het 3 pintjies nodig gehad en ek en twee anders is getoets vir ons bloed groep, ons was die regte, en het toe geskenk.

Elize ·

Vir hierdie kaders gee ek nie eers ys in die winter nie. My eie mense sal kry as hulle dit nodig het

saggiespraat ·

Ons dink nie baie reg nie maar ek stem saam…. Ek hoor O groep wat ek is gaan na die kinders en ouers wat geboorte gee… Maar dan sien ek hoe n dronk man in gestoot word met bloed oorals want hy het in omglik gekom of hulle het met daai din gedrinkte bloed met messe gefight…. en dus net bloed ooral
AG ek kan aan en aan gaan so dan dink jy gaan jou bloed om hulle te help wat soek vir dit. Of gaan dit regtig vir die wat dit Baie nodig het…. Muskien moet Suid Afrika dit doen as dit kanker of geboorte redes of enige Goeie rede is bel hulle wat will bloed skenk dat hulle in kom en gou gee om n lewe te red.

Sies ons is regtig onredelik maar so moeg vir gee en gee en gee en al wat ons kry is NIKS

Persheks Adri ·

Hou verby dankie! Ek kan in elk geval nie bloed skenk nie ek’s te maer en bloeddruk te laag en my bloed gaan beslis na niemand toe nie! My eie mense sal dit kry indien hulle dit nodig het.

johanf ·

Ek stem, maar ek het onlangs weens ń lae HB nodig gehad, na 4 operasies weke uitmekaar, wil net die wat geskenk het bedank, julle het my lewe gered….!!

Vlam14 ·

Ek het nog nooit bloed geskenk nie en veral nou, na daar soveel haatspraak oor ons wit velle is, sal ek dit nog minder doen. Ons word gesê dat ons, ons geboorteland moet verlaat en dat hul ons gaan uitmoor, maar ons bloed is goed genoeg. Nee dankie!! Skenk maar julle eie bloed vir julle eie mense en ons skenk ons bloed vir ons eie mense.

Johan ·

Ek het bloed geskenk my lewe lank. Skielik is ek te oud! Ek is 70+ en gesonder as baie jongeres. Nou kan julle gaan bars,buitendien ,met my laaste skenking,het so ń vet wanna-be die naald 2 maal in my biseps gesteek!

Train ·

Ek het vir omtrent 15 Jr geskenk. Toe ek geboorte gegee het en ‘n noodkeiser moes kry het ek baie bloed verloor weens komplikasies. Moes 2 eenhede bloed kry. Ek, oftewel my medies moes betaal. Ek voel net hulle kan vir die wat pligsgetrou skenk darem verniet gee die dag wat hulle dit benodig. Maar behalwe vir dit, die meeste skenkers is blank. Die meeste wat dit ontvang is swart. Ons vel kleur is nie goed genoeg om in die land te mag bly en werk nie. Ons word uit gemoor. Maar vir ons bloed sal hulle nie nee sê nie. Nodeloos om te sê. Ekt opgehou skenk. As my vel kleur nie goed genoeg is om gelyk behandel te word nie, gaan jy ook nie my bloed kry nie. Sorry nè…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.