Ervare klimmer sterf op berg

Foto: Bergklimklub van Suid-Afrika

ʼn Ervare bergklimmer is Sondag op die Muizenberg-krans in Kaapstad dood.

Minstens 25 lede van die Bergklimklub van Suid-Afrika se soek-en-reddingspan was Sondagmiddag in samewerking met Wildernis-soek-en-redding en ander rolspelers in ʼn grootskaalse operasie betrokke om by die klimmer uit te kom.

Weens uitdagende weersomstandighede het reddingspanne vanuit die lug asook op die grond probeer om hom te bereik. ʼn Helikopter van die provinsiale gesondheidsdepartement is ingespan om ʼn klimmer met tegniese ervaring en ʼn paramedikus tot naby die man te neem.

Die grondspan het teen die berg opgeklim en toue gebruik om die klimmer na ʼn meer beskutte gebied te verskuif van waar die helikopter hom kon bereik.

Foto: ER24

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het omstreeks 15:00 op die toneel aangekom.

Die klimmer is met die helikopter na ʼn pad langs die berg vervoer waar paramedici hom begin behandel het.

“Die klimmer, glo in sy 70’s, het ernstige beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. Hy het kort nadat behandeling begin is aan sy beserings beswyk.”

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wondernet ·

Anni, waar word dit berig dat die persoon alleen geklim het?

Anni ·

As j di berig lees noem hul geensins dat daar lede saam was ni. Dis hu ek dit lees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.