‘Ervare’ Opod-ondersoeker op kleinhoewe vermoor

(Argieffoto: Marcus Trapp/Pixabay)

’n Senior ondersoekbeampte verbonde aan die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) is Dinsdagoggend op sy kleinhoewe in die omgewing van Cullinan, oos van Pretoria, doodgeskiet.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê Mandla Mahlangu (46) en een van sy werkers is omstreeks 03:30 deur ’n groep mans op die kleinhoewe in die Jakkalsdans-omgewing oorval. Die mans het ’n vuurwapen op die twee slagoffers gerig waarna Mahlangu doodgeskiet is.

Volgens Naidoo het die mans met verskeie huishoudelike items in Mahlangu se wit Nissan-bakkie gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

In dié stadium word roof as ’n moontlike motief vir die aanval ondersoek, sê Naidoo.

Sontaga Seisa, woordvoerder van Opod, het gesê die direktoraat betreur Mahlangu se dood. Hy het hom as ’n ervare ondersoekbeampte bestempel.

Volgens Seisa kan Opod in dié stadium geen verdere kommentaar lewer wat moontlik die ondersoek kan belemmer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Destarte ·

Ek wéét ek is nie ‘n speurder nie, maar die klink vir my soos ‘n “inside job”.
Jammer oor die verlies aan die wat agterbly en sterkte met die tyd wat voorlê.

Cherokee ·

Interessant alhoewel negatief, dat geen van die ‘inside job’ mense genoeg verbeelding het om dit te vertaal nie.

Nell ·

Nou toe kom, wa’s jou verbeelding skep vir ons ‘n lekker gatskop woord vir ”inside job.”
Die beste wat google kan doen is ”binnebedrog.”

Daleen ·

As die motief roof was hoekom net vir Mandla doodskiet en die werker geen skade aandoen nie? Iewers is iets nie reg nie.

Willem ·

Roof? Hierdie man was besig om ‘n vorige polisiekommisaris vir korrupsie te ondersoek…

lollapot ·

Net nog iemand wat dalk sy werk REG gedoen het. . . SALUUT! Rus in vrede. . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.