Eshowe-boer bepaal nog omvang van skade deur betogers

Eshowe (Foto: Steve Wiltshire via ANA)

Die eienaar van ʼn suikerrietplaas in Eshowe, KwaZulu-Natal, bepaal nog die omvang van die skade nadat sy plaas byna in sy geheel verwoes is toe ontstoke betogers brande gestig het in die suikerrietplantasies en in sy geboue.

Dr Fikile Qoboshiyane, wat ook as ʼn oogarts praktiseer in Durban, het Vrydagaand aan African News Agency gesê alhoewel die plaas verseker is, moet hy en sy plaasbestuurder nog die omvang van die skade bepaal.

Byna al die suikerriet op sy 225 ha plaas, asook werkswinkels, huise, werkers se huise en die plaashuis is Woensdagaand en Donderdagoggend afgebrand.

Qoboshiyane se plaas is een van drie plase wat deur betogers geteiken is. Die betogings het begin ná die 29-jarige Spamandla Xulu deur ʼn veiligheidswag op die plaas doodgeskiet is. Xulu en ʼn ander man het glo onwettig visgevang in ʼn dam op die plaas en het geweier om die plaas te verlaat. Dit het tot ʼn onderonsie en uiteindelik die noodlottige skietery gelei. Die ander man is nie beseer nie.

Ongeveer 300 betogers het teen Donderdagoggend aan die brandstigtingsaanvalle deelgeneem en het ook die R66 met brandende bande en rommel versper. Dié pad verbind Eshowe met Melmoth en Vryheid.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het gesê alles was Vrydagoggend rustig en die polisie monitor die gebied.

“Byna my hele oes is deur die brand vernietig, asook die huise op die eiendom,” het Qoboshiyane bygevoeg.

Hy besit die plaas al sedert 2004 en hy, sy plaasbestuurder en die polisie in Eshowe het Vrydag met Umlalazi-munisipaliteit vergader. “Gelukkig het niemand in die huis gebly toe dit aan die brand gesteek is nie,” het hy bygevoeg.

Volgens hom sal die brandstigting op die plaas waarskynlik ʼn invloed hê op indiensneming, maar dit is nog te vroeg om dit te bevestig.

Suikerriet word tussen April en Desember geoes en ʼn groot hoeveelheid tydelike werkers word in dié tyd in plattelandse dele van KwaZulu-Natal aangestel.

“Ons probeer nou die situasie bestuur. Die plaaslike munisipaliteit het ons laat weet dat hulle kontak sal maak met die familie van die oorledene.”

Die veiligheidswag, wat daarvan beskuldig word dat hy Xulu geskiet het, is in polisieaanhouding op aanklag van moord en sal die naweek in ʼn plaaslike korrektiewe fasiliteit spandeer. Sy werkgewer is V1 Security in Durban, wat veiligheidsdienste lewer aan kommersiële boere in die gebied.

Nathaniel Zwane, bestuurder van V1, wat die telefoon namens sy werkgewer Nelson Mhlongo beantwoord het, het gesê die maatskappy sal na verwagting Maandag ʼn persverklaring uitreik. Hy het gesê Mhlongo is nie tans in die land nie. “Ons het in hierdie stadium geen verdere inligting buiten om te sê dat ons veiligheidswag in aanhouding is nie. Ons sal waarskynlik Maandag meer weet nadat ons ons eie ondersoek gedoen het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Manie Strydom ·

Dagvaar die polisie of die staat vir die skade hulle moet jou en jou eiendom beskerm wat nie gebeur het nie jou, sekuriteits man was gearresteer deur die onbevoegde polisie en geen maatreels is deur hulle in plek gelos om jou eiendom te beskerm nie .Ek stel voor kry n bevoegde prokereur en dagvaar vir skade open en shut case.

Pieter ·

Die polisie het die boer gefaal arresteer sy mense en kyk toe hoe kriminele die plaas vernietig sonder om een krimineel te arresteer was die sekerheids wag net n sagte teiken of asisteer die onbevoegde klomp in blou met die afbreek en vernietiging.

Selfbeskikking ·

Enige mense insluitend sekuriteitswag is veronderstel om die reg te he om sy of haar eie lewe te verdedig indien gekonfronteer deur n gewapende agressiewe aanvaller, tog sit doe arme wag nou in tronk. Dis uit, onaanvaarbaar, ons moet onderhandel vir ons eie land waar ons wet en orde sal handhaaf. Dis regtig enigste oplossing want SA sink vinnig wat menseregte aan betref.

Chris ·

Daar is ‘n naam vir wat deesdae al hoe meer in die land gebeur – Anargie! en as die regering nie dringend aandag hieraan gee nie, gaan die land onregeerbaar word.

Kaster ·

Daarom moet ons of uit of afstig deur selfbeskikkingsgesprekvoering voor die land finaal ondergaan.

White Rhino ·

Waarom se Ramaposa niks? Hy is seker tevrede?Stuur die berig na Australie

Casper Labuschagne ·

Is ek die enigste een wat die aanname gemaak het dat dit ‘n wit boer en gevolglik ‘n wit sekuriteitsmaatskappy en wit sekuriteitswag was wat ‘n swart persoon doodgeskiet het? Nou vra ek die vraag, is ons samelewing so gekondisioneer dat ons so iets immer in die stereotipe sal sien van wit boer, swart slagoffer? Of is dit die media wat self daardie aanname gemaak het en dit gerapporteer het binne daardie raamwerk? En diegene wat die plase afgebrand en paaie versper het, het hulle nie verseker ook self hierdie aannames gemaak nie?

Miskien moet ons terugkeer na die praktyk om altyd die ras van die betrokke individu te vermeld, want ons samelewing maak in elk geval ras-verbande aannames wat selfs nog net erger negatiewe gevolge het.

Hans ·

Daar behoort seker foto’s van die brandstigters ens te wees-hoekom is hulle ook nog nie in hegtenis geneem nie. Betogers landswyd breek brand roof ens maar mens hoor nooit dat hulle in hof verskyn nie om verantwoording vir hul dade te doen nie.

Ekke ·

Plaas berig in oorsee se courante .almal kan sien hoe lyk grond wat gebrand word in SA.

CHRISTA ·

Hulle het aangeneem dat die plaas aan ‘n WIT boer behoort en uit woede die plaas aan die brand gesteek!! Nou kom dit op die lappe dat die plaas al vir 14 JAAR aan ‘n SWART BOER behoort!!! NOU wil ek Mal-ema en die ander linkses se kommentaar aangaande hierdie voorval hoor!!! (Of WEET hulle nie eers van hierdie gebeure nie – soos die plaasmoorde?)!!!

Gestremde ·

Daar was ‘n videoklip op News24 waar ‘n swart persoon gesê daar is oproerigheid in Eshowe oor grondbesit of grondgebruik. Ek glo nie die persoon het besef dat die plaas aan ‘n swart persoon behoort nie en het lekker probeer om grondonteiening sonder vergoeding te probeer goed praat…wat ‘n verassing…hoop hy klop homself op sy eie skouer…veels geluk man, die fout is nie net altyd blank nie.

Tokkolos ·

Lekker foutjie die gewees ne wonder waar gaan jewels nou suiker vir sy koffie kry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.