Eshowe-geweld: ‘Hengelaar was glo aggressief’

Foto’s van ʼn hommeltuig wys die omvang van die skade nadat talle brande in die Eshowe-gebied gestig is. Foto: Steve Wiltshire/ANA

Die eienaar van ʼn plaas in Eshowe in KwaZulu-Natal, waar die skietdood van ʼn beweerde onwettige hengelaar aanleiding gegee het tot gewelddadige betogings in die gebied, het Donderdag gesê hy is nog nie gereed om oor die beproewing te praat nie.

Die plaaseienaar het aan African News Agency (ANA) bevestig dit is sy plaas, maar gevra dat sy naam nie in dié stadium bekendgemaak word nie.

ʼn Betroubare bron het aan ANA gesê dat die swart kommersiële boer, wat ook betrokke is by die mediese bedryf in Durban, baie ontsteld is oor wat gebeur het.

Maroela Media het vroeër berig Spamandla Xulu (30) is Dinsdag na bewering deur ʼn veiligheidswag op die plaas doodgeskiet toe hy saam met ʼn ander man by die dam op die plaas visgevang het. Die mans is glo voor die skietvoorval gevra om die plaas te verlaat, maar het geweier. Die ander man kon ná die skietery ongedeerd wegkom.

Die bron, wat versoek het dat sy naam weerhou word weens die spanning in die gebied, het gesê die veiligheidswag was reeds die tweede persoon wat Xulu en sy vriend gevra het om die plaas te verlaat. Xulu en sy vriend in albei gevalle baie aggressief.

Suikerrietlande in die Eshowe-gebied in KwaZulu-Natal is tydens ʼn gewelddadige betoging aan die brand gesteek (Maart 2018). Foto: Facebook via Intelligence Bureau SA

“Die veiligheidswag, wat werk vir ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy wat gekontrakteer is en hoogs opgeleide mense in diens het, is deur die toesighouer ontbied nadat hy reeds vir Xulu en sy vriend gevra het om te loop, maar hulle geweier het. Hy het eers op Xulu geskiet nadat Xulu hom met ʼn tuisgemaakte wapen, wat soos ʼn spies gelyk het, aangeval het,” het die bron beweer.

Op ʼn vraag aan brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, of Xulu ʼn tuisgemaakte wapen by hom gehad het, het Naidoo gesê hy kan dit nie bevestig nie.

Verskeie bronne het bevestig dat die geweld wat Woensdagaand uitgebreek het, eintlik al dae lank onder die oppervlak geprut en net oorgeborrel het toe die skietvoorval gebeur het. “Emosies het hoog geloop die afgelope twee dae,” het nog ʼn bron gesê.

Foto’s van ʼn hommeltuig wys die omvang van die skade nadat talle brande in die Eshowe-gebied gestig is. Foto: Steve Wiltshire/ANA

Talle van die naburige plase al langs die R66, wat Eshowe met Melmoth en Empangeni verbind, se suikerrietlande is heeltemal deur die betogers verwoes.

Nog ʼn bron het aan ANA beweer dat wit boere voel hulle word vir die voorval blameer weens hul velkleur.

Genl. Khehla John Sitole, Suid-Afrika se nasionale polisiekommissaris, het ʼn beroep op die plaaslike gemeenskap gedoen om kalm en “verdraagsaam” te wees.

“Die man wat daarvan verdink word dat hy Xulu doodgemaak het, is in hegtenis geneem en die gemeenskap moet die reg toelaat om sy gang te gaan. Ek het ook die provinsiale kommissaris opdrag gegee om ʼn ondersoektaakspan te ontplooi om die brand van die plaashuis en plase te ondersoek en diegene wat daarvoor verantwoordelik is, vas te trek aangesien sulke gedrag strafregtelik en onaanvaarbaar is,” het Sitole gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Sharron ·

Jammer te laat – sy naam alreeds bekend gemaak deur die Zululamd Observer

marous ·

Hy is geskiet omdat hy ‘n man aangeval het , nie omdat hy visgevang het nie. Waarom word die man toegesluit ?

Selfbeskikking ·

Presies. Jy mag jouself nie eers meer verdedig in SA nie en daarom moet 0ns nou begin onderhandel vir selfbeskikking want om jouself te verdedig is n basiese mensereg wat ons in ons eie land sal kan toepas.

Lou ·

En die polisie moet net sy woord vat, daar word altyd eers gearresteer en klag gemaak gedurende ondersoek.

Net SA ·

Moenie die plaas afbrand nie asb. moenie geweldadig raak nie ek vra mooi. Sit groot asseblief neer jou kan petrol en klippe ek smeek jou asb.
DIS FLIPPEN belaglik laat die polisie NIKS doen nie. Maar hulle het mos immers mooi gevra

Sunette ·

Wil jy vir my se hulle het ‘n swart boer se plaas age brand? ??? Hulle het dit seker nie geweet nie

Janosh ·

Sunette, ek sal geld op daai stelling van jou sit.

Ek het op ‘n ander berig ook gesê dat daar baie meer agter die skietery sit. Nou blyk dit wel so te wees.

Cherokee ·

‘Die swart kommersiële boer wat uiters ontsteld is, laat die prentjie nou anders lyk, maar ek is jammer daaroor al ìs dit ‘n swart boer wat ly onder vandalisme deur swartes. My vorige skrywe blyk bevestig te word dat ‘n wag homself beskerm het. Die afleiding is dat ‘n wag wat instruksies uitgevoer het, toegesluit word, nie omdat hy die wet oortree het nie, want hy mag homself verdedig, maar om die jillende vandalistiese massa te probeer beheer. Ek hoop die sekuriteitsmense gaan die vraag opvolg op grond van wat hul wag toegesluit is. Donker Afrika.

Casper Labuschagne ·

Hierdie is die Eshowe geweld waaroor die hoofstroom media glad nie berig gee nie. Google se nuusindeks lewer slegs een berig hieroor vanaf East Coast Radio op. As dit nie vir Maroela Media was nie, het ons nie hiervan geweet nie – dus ‘n groot dankie aan Maroela Media.

Cherokee ·

Ek weet nie hoe reg jy is nie maar die eerste berig wat ek daaroor gekry het, met digitale fotos ingesluit, was in Engels vanaf ‘n Engelse (Indiese) Watchap kennis. Daarna het ek dit op Maroela gelees (maar die Maroela berig kon toe ook al ‘n uur of drie oud gewees het).

Theresa ·

Geskiet uit selfverdediging.
Die mans wat vis gevang het was nie genooi om dit op daardie plaas te kom doen nie – onwettige betreding moet by die ou wat nog leef se vonnis gevoeg word, want die vis is ook nie hul s’n nie – die man wat die plaas gekoop het s’n.
Daar sal wyd verkondig moet word dat oortreders op ander se eiendom ‘n kriminele oortreding is.
Gaan drink koffie of vang vis net op uitnodiging. Drade spring en kruip en gate knip of heinings afbreek om in te kom waar jy nie ‘n sent ooit betaal het om daar te wees nie, is uit. Was aggressief to gevra is om te waai. Sies man – arrogant verby. Die reuse skade moet terugbetaal word aan die boere wat verliese ly.

Danie ·

Die staat moet nou gedagvaar word vir al die skade. Hul moet betaal want hulle pas nie en leer nie wette en waardes vir die res van die swart mense, dis hoekom hulle nie die reg sy gang wil laat gaan nie en somme self inspring en mense beskadig sonder dat hulle eers feite bymekaar het.

Boet Fasie ·

As dit nou op ‘n witboer se plaas was, sou dit nou ‘n perd van ‘n ander kleur gewees het

JoeV ·

Dis ‘n tragedie maar kom op ‘n goeie tyd… hoop die wereld kyk.

Piet ·

Dit blyk dat die wag onregmatig gearresteer was. Die brande wat toe gevolg het en die feit dat die wag nie sy pligte kon uitvoer nie, gaan die boer kannonvoer gee vir n eis teen die staat. Hy sal n eis teen die staat wen, indien die wag onskuldig bevind word. Die wag sal dan self ook n eis kan instel teen die polisie vir onregmatige arrestasie.

Werner ·

Sien op n24 dat die geweld eintlik gaan oor grond en nie soseer omdat die ou geskied is nie die spanning tussen die blanke boere en gemeenskap loop nou al vir weke baie hoog daar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.