Esidimeni: ‘Diere moet nie eers só behandel word nie’

Argieffoto

Sandra de Villiers, wie se broer tydens die Esidimeni-tragedie gesterf het, het Woensdag tydens ʼn arbitrasieverhoor getuig oor die haglike omstandighede by die Cullinan-sorg-en-rehabilitasiesentrum (CCRC) waar haar broer en ander pasiënte behandel is.

De Villiers het getuig by die verhoor, onder leiding van afgetrede regter Dikgang Moseneke.

Die tragedie, waar talle pasiënte gesterf het nadat hulle van Esidimeni na nieregeringsorganisasies oorgeplaas is, was deel van die departement van gesondheid se plan om pasiënte, wat aan geestelike versteurings lei, na NRO’s oor te plaas. Die departement het gesê die besluit het ten doel gehad om kostes te bespaar en nuwe gesondheidsdiensverskaffers toe te laat.

De Villiers beskuldig die departement van gesondheid vir die tragedie. Haar broer, Jaco Stols, is in Oktober 2016 by Mamelodi-hospitaal in Pretoria oorlede.

“Dit voel of hierdie mense [gesondheidswerkers] instruksies van bo af gekry het. Selfs nie eers ʼn dier kan só behandel word nie. Daar was ʼn kind by CCRC, en as hy my gesien het, het hy my omhels en my ‘mamma’ genoem. Ek hoop hy leef nog,” het sy tydens die verhoor gesê.

De Villiers het gesê sy is nooit toegelaat om die saal te sien waar haar broer by Siyabadinga gehou is nie. Sy weet nie of hy ʼn bed gehad het om op te slaap nie. Wanneer sy hom ook al besoek het, was hy honger en het dun klere aangehad, selfs op koue dae.

Sy het gesê die pantoffels wat sy vir haar broer gebring het, het die heeltyd verdwyn.

“Ek het hom een keer in September gaan besoek, en hulle het hom in ʼn rolstoel na my toe gebring. Ek wou by die verpleegster weet waarom sy gesondheid agteruitgaan, maar sy het gesê ek moet nie emosioneel wees nie. Ek het nooit ʼn dokter daar gesien nie. Ek moes hom elke keer na ʼn privaat dokter toe neem as hy siek was,” het sy verduidelik.

Sy het getuig dat die persone wat na die pasiënte omgesien het, onervare en ongekwalifiseerd voorgekom het en dat hulle niks geweet het van die medikasie wat uitgedeel word wanneer sy daaroor navraag gedoen het nie.

Tydens ʼn ondersoek, het ʼn privaat dokter vir haar gesê haar broer is ondervoed en gedehidreer. Sy het hom teruggeneem en seker gemaak dat die personeel sy medikasie vir hom gee.

Toe sy in ʼn latere stadium terugkeer, het dit goed gegaan met haar broer en hy kon self rondloop.

Sy het in Oktober ʼn oproep ontvang dat haar broer na ʼn hospitaal geneem word.

“Die dokter het gesê hy is baie erg gedehidreer en hy moet opgeneem word. Hulle het gesê hy was só siek dat hy in die hoësorgeenheid opgeneem moet word, maar daar was nie plek vir hom nie. Ek het in die hospitaal rondgehardloop om hulp te soek vir my broer,” het De Villiers verduidelik.

“Op 14 Oktober het die hospitaal my gebel om te sê dat my broer … iets in my het ook gesterf. Ons was baie naby aan mekaar.”

Sy het haar broer se afsterwe by die Cullinan-polisiestasie aangemeld. De Villiers het gehoor ʼn outopsie sal gedoen word, maar sy het tot dusver nog steeds nie die verslag ontvang nie.

David Makhura, premier van Gauteng, het in Februarie die departementshoof Barney Selebano geskors op aanbeveling van die ombudsman vir gesondheid, Malegapuru Makgoba, ná talle pasiënte by verskeie NRO’s gesterf het.

Qedani Mahlangu, voormalige LUR vir gesondheid, het in daardie stadium haar bedanking ingedien.

Volgens Makgoba se verslag in daardie stadium het minstens 94 pasiënte, wat van Esidimeni na ongelisensieerde sentra oorgeplaas is, gesterf as gevolg van wanvoeding en verwaarlosing.

Die getal sterftes het toegeneem toe meer inligting aan Makgoba bekend gemaak is en dit is uiteindelik tot 118 aangepas – ʼn getal wat hy verlede week tydens die verhoor bekend gemaak het. Die getal is weer na 141 aangepas, toe die waarnemende hoof van die departement, Enerst Kenoshi, by die arbitrasieverhoor getuig het. Nog 59 pasiënte word vermis ná die chaotiese oordrag van Esidimeni.

Die verhoor duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Life Healthcare Esidimeni op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Cherokee ·

Het nie die berig gelees (dit was op die 18:30 nuus) maar ek gril altyd daarvoor wanneer mense sê dat ‘nie eens diere so behandel moet word nie’ want dit neig te klink asof diere maar sleg behandel kan word maar ‘net nie sò sleg nie’.

pieterdp ·

59 weg. Genade is dit die regeeing wat n mooi toekoms ge skilder het vir elke Suid Afrikaner. Wit of swart.
Dis n klig en n vir draai ing.

Kat ·

Diere mag nie so behandel word nie.Mag mense so behandel word?

Ekke ·

Diere mag onder geen omstandighede mishandel of substandaard sorg ontvang nie.

Maar…………
Dit voel al meer vir my daar is soveel mense wat eintlik ‘n veer voel vir MENSE en al hulle tyd, finansies en energie aan diere bestee en dit is ok – ek glo in each to he’s own.

Ek is ‘n verpleegkundige en MENSE sal ALTYD vir my, my eerste prioriteit wees.

Kruisig my as julle dit goeddink maar miskien, net miskien as ons ons eie, maw MENSE meer aandag en compassion gee sal die wereld dalk ‘n beter plek word.

En jip, ek verstaan van honde en katte en al die res wat nie vir hulle self kan praat nie maar raai wat, geestesgestremde MENSE kan ook nie.

MENSE is nie veronderstel om soos diere te leef nie want hulle is nie diere nie.

Tina Buys ·

Die departementshoof is geskors….teen volle betaling? En geen verdere aksie?

John ·

Oraloor in tehuise, weeshuise, ouetehuise, koshuise en woonhuise is wreedhede aan die orde van die dag. Liefdeloosheid en wreedhede gedy. Kerkorganisasies laat dit ook toe en gryp selfs die armes van gees se pensioene onder ‘n vrome dekmantel… terwyl kakkerlakke en luise die mense treiter en hul bloed verder uitsuig. En daar is soveel naasbestaandes wat geen moeite doen om die uitgelewerdes te besoek nie… Diegene wat dit wel doen en onraad bemerk en gaan praat, spreek byna die doodstraf oor hul naaste uit want daarna neem die sadisme in felheid toe. Sulke gebeure dien as bewyse dat daar einde der dae ‘n ewigbrandende helse vuur wag op sekere gruwelike menslike wesens…

Jannie ·

Mense die is n realityd….geen staatshospitaal kyk na sy pasiente nie,hier by ons in Rustenburg as jy hoor iemand gaan na ons staatshospitaal toe,weet jy daai persoon gaan daarna toe om dood te gaan.Ons een drywer by die werk is n maand terug so dood as gevolg van nalatigheid.Hy het gegaan om na n klein seertjie op sy rug te kyk wat so grrot soos my pinkie nael was…dit het daar erger en erger geword tot hy dood is….n ander geval van ook n kolega van my se vrou is ook daar dood wat gekla het oor maagpyn…sy moes haar man tekemale bel deur die nag om haar te kom help om toilet toe te gaan en self te bad…daar was glad nie na haar gekyk nie,geen medikasie niks tot sy dood is…sy het vreeslik gely tot die eind….nou vra mens jouself,wat sal ek doen as ek daar moet beland…gelukkig kan ek n medies bekostig….maar self van ons private hospitale is besig om dieselfde paadjie te loop….veral as jy wit is kyk hul nog minder na jou…….daar is baie stories wat ek kan vertel……sterkte aan die famielies.

Charlotte ·

So she saw how her brother, and other patients, were suffering and deteriorating and suspected something was terribly wrong BUT she still just left him there….. If it was my Brother in this situation in that place I would NEVER leave him him, even if I couldn’t afford homecare I would make another plan !

Jakoba ·

So jy wil nou die blame game speel huh? Gou om vinger te wys as jyself nie in daardie situasie was/is nie. Het jy al daaraan gedink dat sy finansieel nie na hom kon omsien nie en iemand wat in ‘n inrigting gesit is daar moet wees. As sy finasieel goed daaraan toe was kon sy dalk dit bekostig het ….regtig Charlotte hou op vinger wys dit is glad nie maklik soos wat jy dink nie. Mens kan nie net loop en oordeel en veroordeel nie, gaan stap in haar skoene dan praat jy weer. Is dit nie genoeg dat hulle harte seer is nie … koue harte soos jy sal altyd vinger wys en mense nog skop as hulle klaar le

Anna ·

As alle staatsinstansies Se koffers leeg gesteel word,
Mense Wat in Stoele sit waar hulle geensins opgelei is of geskool is nie,
Gaan hierdie tipe situasies net aanhou gebeur.
Sluit Almal toe Wat deel gehad het aan die moorde Wat dit is en Bly moord!
Ons wil dit sien laat die regte geregtilikheid geskied sodat dit Sal lei dat dit nie moontlik weer Sal gebeur nie.
Kry insette van lande Wat Se Mediese eenhede werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.