Esidimeni: Families glo finansieel vergoed

Familie van die Life Esidimeni-slagoffers was vroeër tydens die arbitrasieverhoor in trane. (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Die families van die pasiënte wat in die Life Esidimeni-tragedie dood is, gaan glo finansieel vergoed word.

Section 27 en Solidariteit, die organisasies wat van die families verteenwoordig, het ʼn ooreenkoms met die staat bereik dat die families R200 000 as vergoeding sal ontvang.

Adv. Adila Hassim van Section 27 het gesê R180 000 is vir emosionele skok toegeken en R20 000 vir begrafniskoste. Sy het gesê berading sal ook aangebied word.

Adv. Lilla Crouse van Regshulp SA het gesê dié organisasie sal nie deel wees van Donderdag se verrigtinge by die arbitrasieverhoor nie omdat Regshulp SA nog nie ʼn ooreenkoms met die regering bereik het nie.

Adv. Tebogo Hutamo, vir die staat, het Crouse se verklaring bevestig, maar bygevoeg die staat het ʼn aanbod gemaak vir berading aan die families wat deur Regshulp SA verteenwoordig word.

Prof. Malegapuru Makgoba, ombudsman vir gesondheid, het Dinsdag gesê dat die sake van 140 van die 144 pasiënte wat dood is, kwalifiseer om deel te wees van ʼn bemiddelingsproses.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

wraggies ·

Die betrokke amptenare hoort verantwoordelik te wees vir ten minste ‘n gedeelte van die “vergoeding” asook tronk toe gestuur word.

Alida 2 ·

Wat my nog die heel tyd pla is dat niemand by die NRO’s waarheen die mense oorgeplaas is vervolg is nie. Of het ek iets gemis?
Dit is ministers ens wat ondervra word en in vals trane is oor wat gebeur het. Hulle moet redes gee waarom daar oorplasings was.
Die instansies in wie se sorg die pasiente was het vergoeding ontvang om hulle te versorg. Hulle het geld gekry en die pasiente is verwaarloos en laat verhonger. Al het jy dan nie die nodige kennis om so persoon te versorg nie bly kos die mees basiese.
Is dit dan nou nie moord om iemandvan homger te laat sterf nie.
Gaan daar niks aan die mense gedoen word nie? Laat hulle dan die vergoeding betaal en nie die belastingbetalers nie.

Andre ·

@ Al – jy is so reg! Wanneer kan ons uitbetalings verwag aan die boere en blankes wie so uitgemoor word se familie?

Johann ·

Is dit n skokkende wrede voorbeeld van wat on onbevoegde, gewetenlose ANC kader ontplooiing tot gevolg het? JA! Moet ons belasting geld nou daarvoor instaan? NO WAY!!!! Laat die wat SKULDIG is aan MASSAMOORD dit betaal! Verhaal dit van hulle met n Siviele saak!

Amelia ·

Ek wonder nou net…..sal geld die mense terugbring? Hoekom word geld gegee? dai mense het mos nie n finansiele verskil gemaak aan die mense nie? Ek is nie lelik nie, maar verstaan nie die betaling nie. Wel dat die personeel wat betrokke is moet hul posisie en werk verloor. Dit verstaan ek ja….

Alida ·

Asof geld nou hulle geliefdes wat van honger dood is as gevolg van ‘n siek regering sal terugbring.

Annie ·

Wraggies jy is so reg en hulle moet ook sommer van hulle pensioen geld vat om die mense te vergoed. Lekker lewe in SA !!!!!!!!!!!!!

Tammy ·

Nou toe nou. Kan jy dit glo. Jy verkoop n hulpelose mens vir R200 000. Ek sal spook by die besluitnemers dat hulle nooit weer rus sal he in hulle lewe nie, Dit sal voel of iemand hulle tot in ewigheid bekruip….. as ek so n onnodige aaklige dood moes sterf aan iemand anders se hand. Dis n skande!! Se ons liewers watter straf het die bestuurders van van die inrigtings gekry vir hulle moorde? Ek wag in spanning?

Mooi Man ·

Noudat die “sjelt” betaal word kan ons almal huistoe gaan en van hartseer gaan dans. Shame

TLC ·

So dit is waaroor die trane gegaan het. Van die families het vir maande (jare) nie vir hul mense gaan kuier nie nou moet hul sorry geld kry. Ek hoop hul gebruik dit wys want ek werk nog hard aan my pension geld wat mildelik uitgedeel word nou gaan my maandelikse tax ook vir jammer sê van skuldige mense wat eintlik tronk toe moet gaan

Francois le Cochon ·

Een familie lid het gese^ dat sy so geskok is oor haar broer se verdwyning, dat sy nie kan slaap nie, en nie met haar lewe kan aangaan nie. Hierdie R200,000 sal haar seker help. O ja, sy het ook gese^ dat sy haar broer laas gesien het toe sy hom in 1992 besoek het!!!

snoefie ·

die “bedroefde naasbestaandes her hulle familie lid in n inrigting gaan weggooi en van hulle vergeet. roe sien iemand n geldmaak geleentheid en siedaar!!!! hulle is netso skuldig soos die non, dr, en kie.

DS ·

Net nog ‘n bribe wat betaal word – in die Nuwe Suid-Afrika maak geld alles reg. Siek wereld waarin ons leef.

Nettie ·

Dit is alles goed en wel om die mense te vergoed maar wie gaan betaal ? Dit is amper R30 miljoen rand …………………….die Amptenare wat vir die gemors verantwoordelik is ?????

Hulle moet gefire word, aangekla word en beslag gelê word op hulle bates om vir die geld op te maak. Die belastingbetaler kan dit mos nie betaal nie ………………..hulle het nie hulle werk gedoen nie……………..

Alida ·

Die amptenare moet direk verantwoordelik gehou word en aangekla word van moord. Dit is en was moord deur mense van honger te laat sterf terwyl daar geld was om hulle te versorg. Nou word die families sommer skatryk terwyl hulle vir jare nie hul geliefdes besoek het nie. Sommiges het daardie mense weggegooi en van hulle vergeet maar wil nou finansiele voordeel trek. Kla almal van die minister van gesondheid tot die skoonmakers aan en dank hulle summier af.

wilma ·

Maak ‘n uitbetaling t.o.v. begrafnisonkoste wat bewys kan word. Bo en behalwe die R200 000 moet die regter nog oor ‘n verdere uitbetaling beslis wat skynbaar in die omgewing van bykans R360 miljoen in totaal beloop! Ek twyfel of enige van die afgestorwenes broodwinners was dat ‘n ekstra betaling geregverdig kan word. Gebruik die geld vir opgradering van mediese fasiliteite!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.