Esidimeni: Families wil meer hê

Adv. Lilla Crouse. Foto: ANA.

Regshulp SA, wat van die pasiënte wat die Life Esidimeni-tragedie oorleef het verteenwoordig, het aan die arbitrasieverhoor gesê dié pasiënte moet ook vergoed word.

Adv. Lilla Crouse het aangevoer die pasiënte wat oorleef het moet met R750 000 vergoed word. “Die pasiënte wat oorleef het, het ook baie gely en is ook gemartel, hulle verdien ook geregtigheid,” het Crouse gesê.

Volgens haar is algemene skade nie genoeg in dié opsig nie. Sy het oud-adjunkhoofregter Dikgang Moseneke, wat die verhoor lei, gevra om te oorweeg om grondwetlike skade toe te ken.

Volgens haar is R1 miljoen se grondwetlike skade vir die oorlewende pasiënte genoeg.

Sy het ook bygevoeg dit sal regverdig wees om R300 000 aan die familielede van die pasiënte toe te ken. Sy het gesê die families moet R5 000 vir klere en R1 000 vir vervoerkostes ontvang.

Dié versoek spruit uit die feit dat pasiënte geskuif is na fasiliteite wat ver weg is van hul geliefdes. Die families het ook getuig hulle het vir die pasiënte klere gekoop, maar as hulle gaan kuier, is die klere weg.

Sy het laastens ook versoek dat die families R20 000 ontvang vir berading vir pyn en lyding.

Regshulp SA is die enigste groep wat van die families verteenwoordig wat nog nie met die staat tot ʼn vergelyk gekom het nie.

Section 27 en Solidariteit het ʼn ooreenkoms bereik dat families van die oorledenes R200 000 moet ontvang. R180 000 is vir emosionele skok terwyl R20 000 vir begrafniskostes is.

Adv. Adila Hassim, vir Section 27, het gesê die families van die oorledenes vra vir R1,5 miljoen se grondwetlike skade. “As die proses nie plaasgevind het nie, is dit hoeveel aan die pasiënte spandeer sou word.

“Daar is geen handleiding om die monetêre waarde van ʼn lewe en die trauma wat die familie deurgemaak het te bepaal nie. Dit is die hoeveelheid wat die regering sou spandeer op die pasiënte as die projek nie plaasgevind het nie.”

Moseneke het gesê hy is bekommerd dat as ʼn aktuariële formule gebruik word dit ʼn prys op ʼn lewe gaan sit. Moseneke het gesê die finale bedrag moet nog toegeken word. “Die bedrae wat genoem is, is net voorstelle,” het Moseneke gesê.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Johannes van Rooyen ·

So raak almal skielik gulsig nê
Geld kan mos nie opmaak vir leiding nie net die families gaan lekkkkkker leef

Helen ·

Dit is regverdig maar die koste moet verhaal word van die besluitnemers wat onverantwoordelik opgetree het en die sterftes veroorsaak het en nie van die belastingbetalers nie. Geld kan ongelukkig nie die geliefdes terugbring of vergoed vir die hartseer nie, persoonlik sien ek dit as bloedgeld en as dit een van my geliefdes was sou ek dit nie wou hê nie, maar wel sien dat die skuldigers ordentlik gestraf word want dit was moord. Dit is my opinie oor die saak.

Annie ·

Belasting betalers ons gaan nog lank aan hierdie bedrog spul betaal. Wonder wat gaan gebeur met die mense wat verantwoordelik was vir al hierdie “tragedie” seker wegstap met ‘n goue handdruk en vet bank balanse – weereens die belasting betalers se geld. Hulle moet almal tronk straf kry en doodstraf ook sommer daarby – hulle moet verantwoordelikheid neem vir hulle dade.

andrea van vuren ·

Eisj, daar gaan my hardverdiende staatspensioen!

Cherokee ·

Dit is presies wat geld se waarde is in Suid Afrika. Nul. Geld is bloot ‘n syfer. Nou word baklei om ryk te word uit strafregtelike dode van mense wat geen inkomste voorsien het aan hul families, asof emosionele pyn ‘n geldwaarde het.

Cherokee ·

Die ou-ou storie ‘en as dit jou broer of suster of kind was?’ Dieselfde rympie was herhalend gevra tydens die Pistorius saak, vanaf albei pawiljoene. Jy het egter niks gesê nie Ouvrou, maar net ‘n doellose vraag gevra. Ek het voorheen gesê dat ek gewoonlik nie reageeer op een-sin kommentare nie.

snoefie ·

hoekom moet die families enigsins uit belastingbetalersgeld vergoed word? hulle kon hulle familie gaan haalen self versorg het. doen wat reg is, laat die mense verantwoordelik vir dir tragedie, die begrafniskoste, soos daar kwitansies bewys, dra. die families en hulle prokureurs behoort te weet die wereld kon ook sien hulle het hulle familie nie eers gereeld besoek nie. hou op gierig wees. dis n sonde.

Carel ·

Ek vermoed baie van hierdie pasiënte is in die tehuise gedrop soos wat baie bejaardes deur hulle kinders in tehuise gedrop en vergeet word. Hoe neem dit so lank voordat jy uitvind jou “geliefde” word verwaarloos of mishandel? Nou reën dit pap en ons skep!

andrea van vuren ·

Van die slagoffers was jarelank in die inrigting weggebêre. Nou skielike kom almal na vore (verwant of nie-verwant) en eis ‘n spul geld. Wié was hul raadgewers?

Johann ·

ANC LEGACY wat hy self geplant en grootgemaak het. ALTYD n ou geldjie wat gegee moet word! n ou geldjie wat belasting betalers voor moet instaan. Weet dit is n horrible en wrede, gewetenlose ding wat gebeur het… maar ek wonder hoeveel van die families wat nou ween en huilen DAE daar sit was by hul familie lede in Life se fasaliteite?

Lollie ·

Maak nie saak van die bedrag wat hulle kry nie dit sal nie die oorledenes terugbring nie. Waarom nou gulsig raak?! Voordat die mense verskuif is, hoeveel het daardie mense regtig besoek? Hulle huil nou verskriklik om simpatie te kry maar hoe gereeld was hulle daar vir die oorledene? Hoe beter die toneelspel hoe groter die beloning? Dit geld nie vir almal nie maar ek glo die meeste het nie vir daardie omgegee nie.
R20 000 vir berading vir pyn en lyding? Waarom baklei niemand dat die oorlewendes van ń plaasaanval dit ook kry nie? Hulle gaan beslis deur meer hel want hulle lewe is verwoes en hulle geliefdes waarmee hulle elke dag te doen het word wreedaardig van hulle weggeneem! Niemand baklei vir hulle vir gratis mediese sorg of berading nie!
Daar word gesê dat hulle nie ń prys vir ń lewe wil maak nie maar dit is duidelik dat party se lewe meer werd is as ander sn. Geregtigheid?

Alida ·

Gruwelike skande dat hulle wat hul mense vir maande en selfs jare “weggegooi” het nou skielik voordeel wil trek uit hul wrede dood.

Theresa B ·

Ja nee – gulde geleentheid om meer en meer te eis. Nou word die dam weer onder die eend uitgeruk. Tipies

SjN ·

Die beste beradering is om geld te kry, alles herstel oornag.

Genieve ·

Aarde sluk my in waar gaan al die geld vandaan kom? Ja die families het hul geliefdes verloor maar geld gaan hulle nie terug bring nie.

Amelia ·

Johannes van Rooyen, dit is wat ek gister ook gese het. Die mense wat oorlede is, kan nie teruggebring word nie, maar nou wil die families ryk word.

honourable member ·

Geen geld gaan opmaak vir hierdie mense se smart en die manier waarop hulle mense dood is nie. Ek sal ook se laat die staat hoes dis mos hulle mense wat hierdie gemors veroorsaak het.

Willie ·

My vraag- Wie gaan tronk toe? Wie gaan aangekla word van massa moord?

LandieF ·

Wie word tronk toe gestuur vir hierdie verlies van lewens?

Sê maar net ·

Die een oomblik word gehuil oor gelieftes wat dood is en die vlg. oomblik word daar baklei oor die hoeveelheid geld wat aan gelieftes uitbetaal moet word. Wat is die doel van die verhoor? Om skuldiges aan die pen te laat ry, of om met ‘n lekker meevallertjie huis toe te gaan? Makes you think, doesn’t it?

Willie ·

Nou wonder ek, het die familie vir die waarvoor hulle so geld soek, darem gereeld gaan kuier? Se ook maar net….

Jaco ·

Krimminele klagtes moet teen hulle gemaak word nie net siviele aksie nie.

Katvis ·

Ek dink dit is regverdig dat daar kompensasie is, maar nie uit die belastingbetaler se sak nie. Hou die wat verantwoordelik was vir die mense wat hulle self nie kon help nie direk verantwoordelik

indigogirl ·

gaan die boere se naasbestaandes ook dit kry?
nie so gedink nie! you are the weakest link, goodbye!

Katvis ·

Hoekom verwys jy net na die boere, wat van enige ander persoon wat deur hierdie gewetenlose boewe vermoor word? Die boere is nie meer spesiaal as enige ander wetgehoorsame mens in hierdie land nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het baie simpatie met die boere, maar daar is baie ander mense wat net so wreed vermoor word in die stede.

verdedig ·

Katvis, ek dink indigogirl het maar net na die boere verwys, want dit is vanuit haar verwysingsraamwerk. Ons almal besef dis ‘n landswye probleem waaraan aandag gegee moet word.

Alida ·

Betaal begrafniskoste reg maar dank al die amptenare af sonder vergoeding want hulle gaan skotvry wegloop. MOORDENAARS

Hanna ·

Ek het by van hierdie hospitale verpleeg tot so n paar jaar gelede en glo my, bitter min van hierdie pasiente ontvang besoekers. Nou het almal skielik “hartseer naasbestaandes”… Jammer, ek het die teendeel beleef. Baie van hierdie pasiente word in jare nooit besoek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.