Esidimeni: Hof beslis oudgesondheidshoof moet getuig

Dr. Barney Selebano, die hoof van die Gautengse gesondheidsdepartement. Foto: http://www.health.gpg.gov.za

Barney Tiego Selebano, voormalige hoof van die Gautengse departement van gesondheid, se dringende aansoek om om ʼn dagvaarding ter syde te stel wat hom verplig om tydens die Life Esidimeni-arbitrasieverhoor te getuig, het misluk.

Regter Daniel Berger het Maandag Selebano se aansoek met koste van die hand gewys.

“Selebano het nie daarin geslaag om die hof te oortuig van die basis waarop die dagvaardiging betwis kan word nie. Die aansoek is daarom met koste, wat dié van die twee regspanne insluit, van die hand gewys.”

Craig Watt-Pringle, Selebano se regsverteenwoordiger, het verlede week gesê om sy kliënt te dagvaar om te getuig sal so goed wees as om hom aan nog ʼn verhoor te onderwerp, siende dat hy reeds onderhewig is aan dissiplinêre stappe van sy werkgewer.

William Mukhari, vir die staat, het gesê die arbitrasie was ʼn oop proses en die feit dat Selebano in beheer was van die oorplasing van die Life-Esidimeni-pasiënte beteken hy moet getuig om sy rol te verduidelik.

Selabano is in Februarie geskors vir growwe wangedrag en onbekwaamheid en sy gedrag is by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) aangemeld soos aanbeveel in die gesondheidsombudsman, Malegapuru Makgoba, se verdoemende verslag oor die Life Esidimeni-projek.

Dié oorplasing van Life Esidimeni-pasiënte na ongelisensieerde NRO’s is onder toesig van Qedani Mahlangu, die voormalige LUR van gesondheid, gedoen.

Sy sal in Januarie in die verhoor getuig.

Selebano sou volgens die dagvaarding vandag getuig het.

Adv. Kirsty McLean, vir Selebano, het vir Berger gesê haar kliënt sal teen die uitspraak appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish ·

Niks minder as reg nie. Daar is 143 mense dood in die asemrowende vertoning van kapasiteitsgestremdheid.
Hy moet verseker ook sy dag in die hof ook kry. 143 van hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.