Esidimeni: Oud-gesondheidshoof weerspreek homself

Voormalige hoof van gesondheid dr. Barney Tiego Selebano (Foto verskaf deur die Gautengse departement van gesondheid)

Barney Tiego Selebano, geskorste hoof van die departement van gesondheid in Gauteng, het Woensdag by die arbitrasieverhoor oor die Life Esidimeni-tragedie homself weerspreek oor bewyse wanneer hy die beëindigingskontrak met Life Esidimeni geteken het.

Selebano het Dinsdag gesê hy het die kontrak in Oktober 2015 saam met projekbestuurder Molefi Mosenogi geteken.

Adv. Lilla Crouse, vir Legal Aid, het egter tydens kruisondervraging dokumente aan hom voorgehou wat toon dat die kontrak in Oktober 2016 geteken is.

Crouse het dit aan Selebano gestel dat dit onmoontlik sou wees vir Mosenogi om die kontrak in Oktober 2015 te teken omdat hy glo eers November 2015 deur Qedani Mahlangu, voormalige LUR, genader en amptelik in Desember 2015 aangestel is.

“Jy het Oktober 2016 geteken, nie Oktober 2015 soos jy getuig het nie, toe 81 mense reeds gesterf het.”

Selebano het skuld erken en verantwoordelikheid aanvaar.

Afgetrede adjunkhoofregter Dikgang Moseneke het gesê dit is belangrik dat Selebano die waarheid praat en die families help om afsluiting te kry.

Die skuif het nie net die dood van 143 pasiënte tot gevolg gehad nie, maar ook tot die verlies van 700 betrekkings gelei.

Selebano hou vol die beëindiging van Life Esidimeni se kontrak is nie met kwaadwillige bedoelings gedoen nie. Hy het benadruk dat dit glo nie sy besluit was nie, maar dié van Mahlangu. Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

snoefie ·

wat het die families, ouers, broers, susters, kinders, eggenote in hulle verdediging te sê?wil op kamera tjank. maar waar was hulle toe hulle geliefdes gely het?

Alida ·

As die REGTE en OPGELEIDE mense van die begin af aangestel was sou hierdie tragedie NOOIT plaasgevind het nie. Nou sit 143 families met oneindige hartseer. Wat se dit van ons regering.

Dereck Le Roux ·

Leuens het in die politieke wereld algemene praktyk geword in so mate dat leuens nie meer as leuens geklassifeer word nie maar as politiekery, dit sal goed wees as daar op so wyse van kaderontplooing die verantwoordelikheid, verantwoordbaarheid en deursigtigheid na die betrokke amptenare teruggeplaas word en die reg en regstelsel sy gang laat gaan en mense begin betaal en boet vir die verlies van lewens maar ek glo nie dat dit gaan gebeur nie want leuens word van die president tot op die laagste rang van amptenaar gebruik vir verskonings en verdraaings omdat hulle weet dat daar sal nie gevolge of ernstige gevolge vir hulle wees nie, wat hulle aanbetref is dat daar altyd lewe is aan die anderkant van die politieke spektrum.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.