Esidimeni: ‘Qedani moet verantwoordelikheid aanvaar’

Qedani Mahlangu, voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng. Foto: ANA

Die DA meen Qedani Mahlangu, die voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng, moet verantwoordelikheid aanvaar vir die 143 Life Esidimeni-sterftes.

Jack Bloom, woordvoerder vir die DA, het gesê Mahlangu sal na verwagting Maandag voor die arbitrasieverhoor oor die sterftes verskyn.

“Ek hoop sy vermy enige vertragingstegnieke en lewer oop en eerlike getuienis sonder haar vorige arrogansie oor wat gelei het tot hierdie tragedie waarin 143 mense dood is,” het Bloom gesê.

Die beamptes wat reeds voor die verhoor verskyn het, het ʼn klimaat van vrees beskryf wat gespruit het uit Mahlangu se vasbeslotenheid om die Life Esidimeni-kontrak te beëindig en die pasiënte na onstabiele NRO’s te stuur.

Sommige van die sleutelvrae wat Mahlangu volgens die DA moet beantwoord is:

  • Wat is die werklike rede dat die kontrak gekanselleer is as ʼn studie deur die departement bevind het dit is koste-effektief en verskaf goeie sorg?
  • Hoekom het sy keer op keer waarskuwings dat die skuif van pasiënte tot sterftes sal lei geïgnoreer?
  • Hoekom het sy die wetgewer in Gauteng mislei deur oneerlik te antwoord op sommige van Bloom se vrae?
  • Watter inligting het sy aan premier David Makhura en die uitvoerende raad verskaf en wat was hulle aandeel in die besluite wat geneem is?

Die DA meen verder sy moet van die skade ongedaan probeer maak deur eerlike getuienis en ʼn opregte verskoning aan die gesinne van die slagoffers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

John ·

Die foto is sprekend… Wat mens bang maak is dat SA se mediese instansies oraloor onder erge wanbestuur gebuk gaan. Waarom nie ‘n landswye ondersoek doen nie. Agteruitgang is aan die orde van die dag en medikasie wat reeds in die buiteland in onbruik verval het word na bewering glo steeds hier gebruik. Gebruik buitelandse maatskappy Afrika as stortingsterrein?

Willie ·

Die foto sreek boekdele… lyk soos n heksie..akra kadabra, en kyk waar is SA se mediese sorg

snoefie ·

ek sê weer, as die families van die oorledenes net besoek aan hulle gebring het, sou hulle kon keer.

Johann Marx ·

Wat ek nie verstaan van Afrika nie is dit: Daar’s altyd EERS ‘n gemors, dan ‘n ondersoek, dan almal geskors met volle voordele, dan afgedank met hande vol geld…….en dan herhaal die proses homself. Daar is by vele instansies “waarnemendes” wat wag vir hulle goue handdruk, en daar is een ondersoek na die ander, teen enorme kostes, wat min of geen resultate lewer nie. Niemand is ooit verantwoordelik vir enige iets nie……..

Dinarie ·

Jy slaan die spyker op sy kop.
Dit is absoluut verbasemd hoeveel kere hierdoe scenario hom al in die verlede uitgespeel het.

Hulle is meesters om situasies op te los nadat growwe nalatige foute begaan is met gepaardgaande “beserings” aan onskuldiges.
Om n situasie te sien ontwikkel en voortydig op te los of te voorkom is buite hul gemakzone. Hulle is gewoon onmagtig om toekomstige scenarios te visualiseer en daarvoor te beplan.

Gestremde ·

Het simpatie met die familie van die oorledenes. Die feit van die saak is dat daar geskat word dat tot 5% van Suid Afrika se bevolking gestremd is. My vraag is wat gaan gedoen word om sulke insidente te voorkom? Verder is dit ook vir my heel duidelik dat gestremdes se mense regte nie gelyk is aan nie-gestremde persone nie en wat gaan die regering doen om die probleem op te los?

ongestremde ·

gestremde, ek het simpatie met gestremdes, liggamlik en verstandelike gestremdes. wat my verstand te bowe gaan, is dat die ouers, sibbe, familie van gestremdes nie net n verposing van hulle verantwoordelikheid teenoor die gestemde wil neem nie, maar eerder van hulle ontslae wil raak seur hulle in n inrigting te plaas en as so iets met die gestemde gebeur, wil hulle huil en treur en eise instel rerwyl hulle self die gestremde jare laas besoek het of net geskakel het om te vra hoe dit gaan. laat ons skuldenaars oral verantwoordelik hou. nie net geldelike gewin najaag nie.

Ouma ·

Onthou dat meeste van hierdie gestremdes armes is, en dus moet hul familie werk vir ‘n lewe. So ‘n persoon moet na gekyk word en kan nie alleen gelos word nie. Hulle loop uit die huis en verdwaal, moet badkamer toe gehelp word, en is soms aggressief. Hulle kan nie vasketting of toesluit terwyl hulle familie by die werk is nie. Selfs ‘n Ouma kan nie na hulle kyk nie, Ek wonder ook hoe dit in die res van die land lyk.

J ·

Narkotiseers by privaat hospitale byt pasiente ook uit met buitensporige pryse . Met elke besoek het jy cap cover onthou dit bly jou verantwoordelikheid om rekening te vereffen dubbeld die prys wat mediese fondse.beteid is om te betaal. Ek sit met n R3500 rekening na medies hulle deel betaal het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.