Esidimeni-tragedie: Net 5% van vergoeding vanjaar uitbetaal

Jack Bloom, DA-LPW (Foto: DA)

Net R6,5 miljoen van die R120 miljoen wat begroot is vir vergoeding van slagoffers van die Life Esidimeni-tragedie en hul familielede is vanjaar al uitbetaal. Altesaam 81 bevestigde eisers is nog glad nie betaal nie.

Dít volgens Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, wat sê die syfers is tydens ʼn voorlegging van die premierskantoor bekend gemaak.

Volgens die premier se kantoor is die onderbesteding die gevolg van afsonderingsregulasies wat tot ʼn vertraging in die verifikasieproses van eisers gelei het. Altesaam 451 eise is ontvang, waarvan 352 bevestig is. Hiervan is 81 eisers nie betaal nie.

Phindile Baleni, direkteur-generaal in Gauteng, het gesê die oorblywende geld sal in Desember en Januarie bestee word, wanneer ʼn trust deur die meester van die hooggeregshof opgestel is. Altesaam 50% van betalings is geoormerk vir pasiënte en die ander 50% is veronderstel om aan die familielede van pasiënte uitbetaal te word.

Bloom sê wat die situasie verder ingewikkeld maak is die feit dat ontevrede familielede volgende week boonop in die hof is in ʼn poging om te verseker hul eie prokureurs administreer die trust omdat hulle nie die prokureurs vertrou wat die provinsiale regering gaan aanstel nie.

“Dit is ʼn hartseer situasie dat daar steeds soveel betalingskwessies uitstaande is in ʼn saak waar talle mense weens regeringsverwaarlosing gely het,” het Bloom gesê.

Die betalings spruit uit die sogenaamde Life Esidimeni-tragedie waar meer as 140 mense in sielkundige inrigtings in Gauteng dood is nadat die provinsiale regering hulle na ander instellings laat oorplaas het. Talle het weens verwaarlosing of honger gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

domheks ·

En wat word van die skuldiges? Net mooi niks! Almal is nou ONSKULDIG! anc het geen respek vir lewens nie, net solank hulle sakke vol gestop word.

Sarel ·

Ag ja almal soekgeld masr was nie dasr toe naasbestaandes hulle nodig gehzd het nie. Wat hille nie weet nie daai Prokureurs wat hille wil aanstel eet geld

Sarel ·

Ek het al verskeie kere gevra maar word begroet met stilte
Hoekom was niemand ooit vervolg nie. Familie stel net belang in geld. Hier kan die ANC nie alleen die blaam dra nie.

JohanR ·

The Life Healthcare Esidimeni Tragedy involved the deaths of 143 people. Qedani Dorothy Mahlangu is the former Gauteng MEC for Health and Social Development, who resigned after the release of a report by the health ombudsman, on the circumstances surrounding the deaths of 94 mentally-ill patient. Despite resigning as Member of Executive Committee and Member of Provincial Legislature, Mahlangu remains a member of the Provincial Executive Committee of the ANC in Gauteng……sy kry nog ‘n lekker vet salaris elke maand selfs na die tragedie. The ANC kaders just go round and round and round.

Sandra ·

Dis ‘n skreiende skande. Maar ek weet nie hoekom is ons nog geskok nie. Ons behoort nou al gewoond te wees aan die huidige regering se wanbestuur van geld en land en grond en mens.

Nico ·

ANC regering net soos ‘n klomp aasvoels om ‘n vrot karkas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.