Esidimeni-tragedie: Voormalige LUR ‘moet gedagvaar word’

Qedani Mahlangu, voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng. Foto: ANA

Qedani Mahlangu, voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng, kan gedagvaar word om tydens die Life Esidimeni-arbitrasieverhore te verskyn noudat daar vasgestel is dat sy aan die London School of Economics and Political Science (LSE) studeer, het die DA Sondag gesê.

Die DA se Jack Bloom het gesê ʼn betroubare bron het bevestig Mahlangu het op 29 Julie van Suid-Afrika na die Heathrow- internasionale lughawe in Londen gevlieg.

“Dit is noodsaaklik dat sy aanspreeklik gehou word vir haar optrede aangesien sy daarop aangedring het om die Esidimeni-kontrak vir psigiatriese pasiënte te kanselleer ten spyte van waarskuwings dat dit op ʼn ramp sou uitloop. Sy het ook beamptes geïntimideer om die pasiënte oor te plaas na onwettig geregistreerde NRO’s waar hulle gesterf het, en toe probeer om dit wat aan die gebeur was toe te smeer,” het Bloom gesê.

Familielede van die meer as 100 psigiatriese pasiënte wat gesterf het, het eenparig gesê Mahlangu moet gedagvaar word om by die arbitrasieverhore te verskyn. Bloom het gesê hul wense moet gerespekteer word.

“Hulle sal nie kan afsluiting kry voordat hulle die volle waarheid gehoor het van die persoon wat die meeste verantwoordelik is vir hierdie enorme menslike tragedie nie,” het hy gesê.

“Ek hoop dat regter Dikgang Moseneke [Mahlangu] se Londen-adres by die universiteit [LSE] kry en doen wat wetlik nodig is om haar te dwing om voor hom te verskyn. Dit sal waarskynlik tydens ʼn spesiale sitting gebeur, aangesien die verhore hierdie week tot ʼn einde kom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johanna Botha ·

Wat sloer so ! ! ! …mense is dood agv haar dom besluit om mense te plaas na ongelisensieerde inrigtings …waarvoor wag hulle vervolgingsgesag ? ? . Sy behoort al agter tralies te wees met n oranje pakkie !

Asmain ·

Ek verstaan nie mooi hoekom het sy die hospital geslit end aangedring dat die pasiente oorgeplaas word? Wat se voordeel was daar vir haar?

andrea ·

Eienaardig hoe almal met in ‘rekord’ iewers in die buiteland gaan studeer. Word daar vir hul plek gehou?

Kat ·

Sy gaan net aan asof niks gebeur het nie? Laat weet die plek waar sy nou is waarvoor sy verantwoordelik is sodat hulle haar daar kan uitgooi.

Oosie ·

Kan die families haar nie privaat vervolg en ook aankla vir massamoord nie? DIE BEWYSE IS OORWELDIGEND!

Anti-Qedani ·

Sy het land-uit gevlug…. bring haar terug om verantwoording te doen vir haar dom besluite. My simpatie aan al die ouers en familie van die mensies.

Eish ·

Nou vir wat studeer sy aan n westerse instelling indien hul so erg oor Afrikanisering te keer gaan?

Swart Piet ·

Hierdie Madam moet aan ‘n 5 meter stuk ketting in die middel van n oop stuk grond vas geketting word, met een bakkie koue pap en twee beketjie water per dag, sodat sy kan voel wat sy aan ander laat doen het.

REGVERDIG ·

Is sy ook “untoucheable” ??
Mag sy in die poorte van die hel met kettings vasgebind word…………….Sy kan soooo bly wees my sus was nie ook in daardie plek nie. Ek sou haar persoonlik agtervolg het en haar lewe op aarde hel gemaak het……….

SjN ·

Gebruik die studie as rookskerm om weg te kom van haar verantwoordelikheid

Waarheid ·

Kan nie help om die mense wat SEER het, agv diè vrou se ONMENSLIKE MOORD optrede en GEVOLGE, Mag elke hartverskeurende geliefde vertroos word deur God wat ook sàl sorg vir geregtigheid. Tog jammer die regering is sonder ophou besig om sy mense so te MARTEL.

Alida ·

Sy moes nooit ooit toelelaat gewees het om die land te verlaat nie. Haar paspoort moes onmiddellik weggevat gewees het. Sy het hierdie chaos sien kom en gevlug. MOORDENAAR !!!

Hanna ·

Moorde – geen ander woord nie. Hoe kan één mens so besluit neem. Hierdie saak is 100 X erger as Marikana. Tronk straf hier voor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.