Eskom-base se veiligheid opgeskerp  

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom. (Foto: Facebook)

Voldoende veiligheidsmaatreëls is getref vir die beskerming van Eskom se grootbaas, André de Ruyter, asook alle ander toepaslike uitvoerende beamptes.

Só het Sikonathi Mantshantsha, Eskom se woordvoerder, aan Maroela Media gesê nadat ʼn spioenasietoestel onlangs in De Ruyter se voertuig gevind is.

Verskeie media het die afgelope paar dae berig dat De Ruyter ʼn klein, gesofistikeerde afluisterapparaat in die agterkant van sy Volvo ontdek het.

De Ruyter het aan Sunday Times gesê hy vermoed die toestel was aan die onderkant van sy sitplek vasgeplak, en dat dit waarskynlik “losgeskud” het.

Mantshantsha wou nie verder kommentaar oor die voorval of die aard van die toestel lewer nie.

De Ruyter is die afgelope tyd gereeld in die spervuur weens die voortslepende kragkrisis in die land, met toenemende oproepe deur onder meer politici wat eis dat hy die trekpas moet kry.

Dr. Dirk Hermann, bedryfshoof van Solidariteit, het Sondag gesê De Ruyter bestuur nie net Eskom nie, maar “ʼn anti-misdaad, -sabotasie en -korrupsie operasie” en dat die toestel wat in sy voertuig gevind is, dit bevestig.

Net ʼn paar dae nadat De Ruyter die spioenasietoestel ontdek het, het ʼn vermeende saboteur boonop op die Camden-kragstasie toegeslaan, met die gevolg dat die steenkoolkragstasie in geheel afgeskakel moes word, nadat gekontamineerde water verlede week in die stoomketels gebruik is.

Mantshantsha het bevestig dat ʼn werknemer – na verneem word ʼn ervare tegnikus – intussen in verband met dié voorval geskors is.

“Eskom se dissiplinêre prosesse het ingeskop en ʼn ondersoek is onderweg, wat die geskikte dissiplinêre proses sal insluit,” het hy gesê.

Hermann sê ʼn reuse-anti-misdaadoperasie – insluitend prioritisering van Eskom-verwante misdaad deur die SAPD – is egter nodig om Eskom te beredder.

“Eskom word geteister deur ʼn gesofistikeerde korrupte misdaadsindikaat wat strek vanaf die verskaffingsketting, veral steenkool, tot aankoopprosesse in Eskom,” het Hermann gesê.

“Alles dui daarop dat voormalige senior werknemers ook betrokke is. De Ruyter staan op die suurstofpype van die misdaadsindikaat. Daar is reusedruk van misdadigers om van hom ontslae te raak.

“Een van die metodes is direkte sabotasie by kragstasies om kragopwekking te ontwrig. Die doel van sabotasie is tweeledig. Eerstens die destabilisering van Eskom om druk te plaas om van De Ruyter ontslae te raak. Tweedens word komponente gesaboteer sodat ‘verskaffers’, onder die dekmantel van swart bemagtiging, dit teen reusepremies kan ontvang.”

Maak De Ruyter ‘sterk’

Volgens Hermann is die druk om van De Ruyter ontslae te raak nie om Eskom reg te ruk nie, maar verder te plunder.

“Die boewe haat die feit dat korrupsiesuurstoflyne afgesny word. Dit is ook nie net vir politieke gewin met die oog op die komende ANC-verkiesing nie, maar dit gaan oor wie die naaste aan die korrupte kospotte kan wees.

“Die antwoord is nie om van De Ruyter ontslae te raak nie, maar om hom sterk te maak. Wat die staat moet doen om Eskom om te draai is om ʼn spesiale Eskom-ondersoekeenheid in die SAPD aan te wys, wat net daarop gefokus is om misdaadsindikate in en om Eskom uit te wis.  Die Nasionale Vervolgingsgesag moet Eskom-verwante misdaad prioritiseer. Eskom kan nie omgedraai word sonder ʼn reuse-anti-misdaadoperasie nie.”

Hermann het verder bevestig dat Solidariteit bewus is van verskeie gevalle van sabotasie, maar dat fluitjieblasers dikwels te bang is om na vore te kom.

Die vakbond sê hoewel strafregtelike klagte al by die polisie ingedien is, is dit kommerwekkend dat ondersoeke stilstaan of sloer.

“Die staat se voetesleep met Eskom-vervolgings, ten spyte daarvan dat misdadigheid algemene kennis is, maak die staat medepligtig aan die Eskom-misdaadnes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Keelvol ·

Hy voel vere daarvoor. Want betaal vir sy lyfwagte. Dis Hoekom hy nou n 32% verhoging soek.

Nie Verbaas ·

Waar is die mense nou wat sê dat hy nie bevoeg is om die pos te beklee nie? Presies wat ek n ruk terug gesê het van die sindikate. Mense besef nie waarmee die man op n daaglikse basis mee moet deel nie.

Althes ·

Ek stem saam. Andre de Ruyter het staal in sy are om te staan waarin hy glo.
Ander sou stert tussen die bene gevlug het… miskien nog landuit.

Sandra ·

Dis juis sy onbevoegdheid wat hom in die situasie laat beland het. Wat moet gewone burgers op ‘n daaglikse basis deurgaan. Klein besighede wat nie net hard geslaan was deur Covid nie, maar ook nou met die beurtkrag. So tensy jy nou ‘n grap maak om reaksie uit te lok, stem niemand met jou saam nie.

Nie Verbaas ·

Klink my nie baie stem saam met jou nie. Mens moet n ketting breek in n maatskappy wat in n benarde situasie is voordat jy dit kan bou. Geen towerstaffie maak jare se afbreek net ongedaan nie.

Jacobus ·

Jy sal nie namens my besluit nie! Ek stem nie saam met jou nie. Jy moet dankie se vir de Ruyter dat daar nog net beurtkrag is en nie n algehele ineenstorting van Escom nie.

Keelvol ·

Jacobus, ek glo nie mense wat hulle besighede moes toe maak as gevolg van beurt Krag sal saam jou stem nie. Beurt krag is n fout. As de ruyter nie vinnig dinge begin reg te ruk nie, gaan daar n opstand kom. Wie dink jy gaan daar onder lei?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die afgelope paar maande moes ek heelwat klein besighede bystaan wat moes sluit weens beurtkrag. Dis rerig sad om te sien hoe drome en harde werk tot ‘n einde kom. Werkers sit nou sonder heenkome. Ek hoop dat die wat jammer is vir De Ruyter ook aan die mense dink. En dit gaan erger word.

vuurvliegie ·

Ek laat al die “Ja Broers” in vrede om die load shedding te geniet.

Samuel ·

Natuurlik is die staat betrokke by die misdadige aanslag op Eskom.

Drikus ·

Ek stel voor sit Eskom se bestuur gerus op jou gebedslys, klink nie maklik nie !

Janine ·

Johan! HY probeer sy verdomde werk doen!! Maar die sleg anc regering is BAAS! Kom by!

Keelvol ·

Janine, as hy probeer om sy verdomde werk te “doen” sal ons minder beurt krag hê en vir korter tydperke. Maar ons het nie, So wat sê dit vir jou? Of lei jy aan die volstruis sindroom?

Samuel ·

Wat is sy werk, Johan? Skynbaar het jy insae in goed wat ons nie weet nie.

Keelvol ·

Samuel, is dit nie sy werk om Eskom te bestuur en reg te ruk nie? Is dit nie sy werk om te sorg dat instandhouding gedoen word nie? Want as dit nie syne is nie, is hy net daar vir die 7.5 mil salaris?

vuurvliegie ·

Johan ek wonder wat is de Ruyter se “Performance Bonus”?
Molefi het mos die fluitjie geblaas oor die geheime bonusse wat hulle ontvang as CEO’s

Casper ·

Ek glo werklik de Ruiter en sy raad kan eskom omkeer maar dit gaan tyd vat om van die saboteurs en korrupte ontslae te raak.Ek glo ook verder dat sabotasie verantwoordelik is vir die eenhede wat onklaar raak by alle stasies.

Keelvol ·

Dis as gevolg van swak bestuur. Nie sabotasie nie. Met elke beurt Krag maak de ruyter net verskonings een na die ander. As hy sy werk ver n slag begin te doen, Sal daar minder beurt Krag wees.

Moedeloos ·

Nou hoekom gaan help jy hom nie Johan. Ek dink hy sal die waardeer.

vuurvliegie ·

Moedeloos, ek sal hom gaan help vir die helfte van sy pay.

Keelvol ·

Moedeloos, as hy my gelyke aan Sy salaris betaal enige tyd. Maar is jy bereid om hom te help of Sal hom vinnig onder die bus gooi as dit jou pas?

Peet ·

Die oplossing is nie te moeilik nie. Skep ‘n spesiale taakmag/eenheid wat eerstens die kriminele/mafia lede identifiseer, fluitjie blasers se hulp kan ingetrek word op baie effektiewe manier. Begin ‘n sterk intimidasie en sielkundige proses wat hierdie ouens een vir een uitrook en teen mekaar begin laat draai. Vervolging moet op groot skaal en baie effektief begin word met uitsonderlike swaar strawwe sodat die res oorgee.

Lourens CFG ·

So iets sit ongelukkig nie in hierdie regering se broek nie.

Sandra ·

Hulle moet eerder die geld spandeer om Eskom finaal reg te ruk. Geen elektroniese toestel, elektriese toestelle, rekenaars of robotte is gebou om aan en af te gaan nie. Dit kos die land se burgers miljoene om al die goed te vervang. Ek sal ook bang wees as ek hy is. Spioenasie toestelle?? Afluister apparaat?? Is daar dan iemand daar buite wat Eskom se krag implementasie geheime dan wil afluister. Hulle sal niks leer nie, want Eskom het nie ‘n plan nie. Al plan wat hulle het is om vir die hoofde ‘n groter salaris en bonus te gee, en nou nog beskerming ook. Dis al plan wat die spioene sal hoor. Die hele storie is belaglik. Ek dink die outjie, de Ruyter, moes eerder ‘n loopbaan in modelwerk oorweeg het. Hy sag op die oog, maar dis waar sy talente ongelukkig eindig.

Perdeby ·

So jy wil hulle liewers dood hê??? Dis reeds hulle wat probeer om ons te red van ondergang wat gedreig word met die dood, want hulle is in die pad, want nou kan hulle nie meer maak soos hulle wil nie. Daar word letterlik op hul privaat wonings geskiet!!! Die ondersoekbeampte heet binne ‘n paar maande bedank, want hulle het op sy privaat woning een aand 64 skote op sy huis gevuur. Is dit vir jou aanvaarbaar?? Hy kan nie binne ‘n kragstasie wees 24 uur ‘n dag om die wat die krag netwerk saboteer dop te hou nie.

Keelvol ·

Hulle ons red….. asseblief tog. Van 2020 het ons elke maand beurt Krag danksy de ruyter.

Jacobus ·

Jy weet duidelik nie waarvan jy praat nie. Klaar gebreinspoel deur die ANC.

Perdeby ·

Shame dit is verskriklik, dit is reeds hy wat al die onder wereld mense wat ons so saboteer probeer aan keer, en hulle hom en sy gesin nou begin taget. Jy is ver van die pad af lees eerder al die berigte behoorlik en neem in wat jy lees.

My Mening ·

Is jy net aspris dat jy sulke snert kwytraak of net baie oningelig?

Marelize ·

Ek dink dit het baie te doen met Mr de Ruyter se vel kleur. Hoe gaan dit lyk as ‘n wit man kom en ‘n beter werk waarvan maak as die dosyn wat voor hom gevaal het. Te veel politiek en te min krag voorsiening.

Samuel ·

Wie gaan die saboteurs vasvat? Die ander saboteurs dws die ANC kabinet?

Manie ·

Kla die persoon wat die stoomketels gesaboteer het vir terrorisme aan, want dis presies wat hy/sy gedoen het, die sabotasie van ‘n nasionale sleutelpunt. Daar is onlangs ‘n persoon lewenslank tronk toe gestuur vir iets wat hy beplan het, maar nie uitgevoer het nie. Hier sit ons met ‘n geval waar ‘n persoon iets beplan en uitgevoer het, dus verwag ek niks minder as lewenslange tronkstraf nie.

Keelvol ·

Elize, Hoekom bedank hy nie, as hy dit nie kan doen nie. Jy, soos menige ander is baie naïef. Gaan lees al die ander artikels oor de ruyter in Business Tech webwerf. Kom tot groter insigte wat aan gaan.

Patch ·

Ek stem saam. Johan doen aansoek dan kyk ons hoe goed jy daarin sal vaar!

Vonkprop ·

Daar het ‘n tydjie terug ‘n paar ouens bymekaar gekom wat uit baie sekuriteits en beskermings eenhede bestaan wat hierdie zama-zamas en onwettige mynbesettings getakel het en dit klink of hulle nie nonsens vat nie. Ek sal sterk aanbeveel daar moet ‘n hoogs gespesialiseerde eenheid op die been gebring word wat hierdie kriminele monitor en uiteindelik besoek. Al wat sal help is om sterker terug te baklei. Probleem is ons regering is kop in een mus en as iemand gevang word gebeur of niks of as hulle vervolg word word hulle vrygelaat weens gebrek aan bewyse en word op die vingers getik. Ons strawwe is nie groot genoeg om ‘n boodskap te stuur nie.

marius ·

Hulle weet presies wie hierdie gemors is wat agter alles sit . As jy ‘n slang wil doodmaak moet jy sy kop verbrysel . Ongelukkig is hierdie gemors in gevleg tot in die hoogste gestoeltes van die hool , en hulle sal NOOIT verandwoording doen vir hul dade nie .

Delia ·

En die skielike ommekeer. Nou kom die blikke wurms skielik oral uit en aksie van die regering se kant.
Wat het dit veroorsaak? Wie werf stemme

Lillian ·

Sabotasie = huidige regering. As ek hy is vat ek my goed en gee pad. Dié drama is nie sy of sy gesin se lewe werd nie.

Dup ·

SA/ESKOM sal nooit ooit weer herstel nie.Alles sal stelselmatig voor die voet vernietig word.Die kodewoord is TRANSFORMASIE.

Jacobus ·

Dr Hermann weet jy nou nog nie dat die ANC uit n klonp terroriste bestaan wat nou die land regeer nie? Die ANC doen maar net wat hulle voor1994 gedoen het, SABOTEUR.

Micheal ·

Die sabotasie van die krag netwerk grens aan hoog verraad en terrorisme en gevolglik moet oortreerders so aangekla en vervolg word

Pierre ·

Vir al die wat so oor Mnr De Ruyter kla, julle kan gerus maar aansoek doen vir sy pos as hy eendag loop en ons met julle wysheid en bestuursvaardighede asemloos los met julle bonatuurlike magte om Eskom reg te ruk.

Keelvol ·

So, ons moet stil bly en te vrede wees met beurt Krag? Dit terwyl mense se besighede sukade lei? Mense se eletroniese toerusting beskadig word? Dit terwyl mense moet sukkel om kos te maak in die donkerte? Het jy nie ewe veel hard gekla oor al die vorige ceo’s nie? Wat het verander?

Keelvol ·

Beurt Krag was nog nooit die oplossing nie. Dit het n negatiewe uitwerking op die ekonomie. Na die COVID-19 fiasco kan ons nog beurt Krag bekostig? Nee ons Kan nie. Maar solank jy jou sin kry en de ruyter aanbly as ceo maak ander mense se verlies mos nie zaak nie. Want de ruyter is volgens julle heilig….

vuurvliegie ·

Ons almal het altyd gelag en gespot oor die ANC ondersteuners en hulle redenasies.
Nou verstaan ek dit as ek na de Ruyter se ondersteuners kyk.

Keelvol ·

Jip. Hulle het hard gekla oor beurt Krag onder al die ander ceo’s. Nou ondersteun Hulle beurt krag.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien De Ruyter van Mitchells Plain gekom het sou die kommentare anders geklink het.

Gerra ·

Moenie net die “ervare” tegnikus skors nie!!!
Bekyk sy bankrekeninge.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat is De Ruyter se primêre rol by Eskom?
1. Om misdaad uit te roei.
2. Om nuwe kragstasies af te lewer.
3. Om skuld te delg.
4. Om hernubare krag te bevorder.
5. Om kostes te besnoei.
6. Om ou kragstasies te onderhou.
7. Om Eskom te hernuwe.

Hy kan nie alles doen nie. Dus moet hy eerder Eskom herorganiseer wat aandag aan al die kwessies kan gee. Dis wat ‘n top CEO behoort te doen. Tans ploeter hy voort en hoop vir dir beste. Dalk moet hy om hulp vra.

Magda ·

Ni Eskom SE skuld ni, EFF SE ZIMBABWE BURGER WAT N POLITIEKE PARTY HIER IN SA STIG, EN ANC SE KRIMINELE WAT AS POLITIEKE LEIERS WAT DI OORSAAK VAN DI KRAG PROBLEEM IS, DUIDELIK SABOTASIE MAAR MET N POLISIE SO KORRUPT KAN MENS GEEN BESKERMING VERWAG NI. DANKIE ANC EN EFF GEMORS, DAAR IS NO EEN DING WAT JULLE GOED GOED KAN DOEN, STEEL EN ALLES VERNIETIG , NI ESKOM SE SKULD NI.

Yvonne ·

Hierdie is amper iets soos’ cut your nose to spite your face’…..hoe redeneer die verstandlose mense….boosheid het oorgeneem…..sabotasie … hierdie misdaad is teen ons hele land en sy mense

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.