Eskom-bates nié sekuriteit vir China-lening, sê Ramaphosa

Argieffoto: GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag volgehou dat Eskom nie die bepalings van sy lening van R33 miljard met die Chinese ontwikkelingsbank (CDB) bekend kan maak nie, maar in die geval van agterstallige betalings sal daar nie beslag gelê word op bates nie.

Hy het reageer op ʼn vraag van die Demokratiese Alliansie in die Nasionale Raad van Provinsies. Hy het dit benadruk dat die lening deur regeringswaarborge onderskryf word.

“Dit beteken dat Eskom-bates glad nie gebruik is as sekuriteit vir die lening nie en die CDB is nie geregtig op enige direkte of indirekte eienaarskap van Eskom-bates nie,” het hy bygevoeg.

Eskom het ʼn versoek, om die bepalings en voorwaardes van die lening te publiseer, verwerp en gesê dit sal sensitiewe inligting openbaar maak wat sy vermoë kan beïnvloed om verdere lenings in die mark te verseker.

Maroela Media het vroeër berig Mmusi Maimane, leier van die DA, het die kragvoorsiener versoek om die bepalings en voorwaardes bekend te maak kragtens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia). Die verslag moet ook die rentekoers, terugbetalingsvoorwaardes, waarborge, totale bedrag betaalbaar, leningsbedrag, bedrag rente wat geëis word en jaarlikse persentasiekoers, asook die bepalings wat betref agterstallige terugbetaling insluit.

Ramaphosa het die party daarvan beskuldig dat hy “bevooroordeeld is jeens China” en gesê die regering beskerm die bates van sy staatsinstansies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

John ·

Sensitiewe inligting… klink darem vreeslik soos die geheime wapen of derde mag (mog) vanslewe waarmee sekere politici, nou oorle, so te koop geloop het. Lyk of dit weer in die mode is. Wanneer gaan die jonges weer opgeroep word vir weermagopleiding… die polieste sukkel nou so kwaai en wie gaan die boere van die plaaste afhaal as die spul hul hande so vol het met statistieke hou en dit dokter. Dalk kom Xi se mense help… ek bedoel nou met Eskom se boekhoudingstelsel want Indie is tans met langverlof.

Judge Dredd ·

Wil jy rerig die Effers en ANC jeugliga weermagopleiding gee?

Koos de Meyer. ·

Ja en voor hulle weet vat die Chinese ons land. Hulle is al die hele Afrika vol.

Zambie skillie ·

Kyk gerus wat huidig met Zambie se elektrisiteits voorsiener (Zesco) besig is om te gebeur:

China To Take Over Zambia’s National Power Utility ZESCO – How Zambia is Becoming Chinese Property – Interresante stuk op African Exponent

Hennie ·

Kan net dink hoeveel politieke sakke volgestop is voor die left-overs gaan vir n onsinnige doel soos om nog ‘n kragstasie te bou! Is daar enige eerlike politikuste in die ANC? Nope!

Diefie ·

Soos Judge Judy sou sê: Lair lair your pants are on fire.

uitverkopers ·

Ons is klaar aan die Chinese uitverkoop. Het al lankal gebeur.

Debbie ·

Belastingbetaler moet betaal maar ons mag nie insae hê van die leenvoorwaardes nie.

Non Tax Payers ·

Betaal al die duisende Chinese winkeltjies is S A tax? Ek glo nie?

J van Rustenburg ·

Hulle het iets gekry vir sekuriteit As dit nie eskom is nie Wat is dit dan en hoekom dit wegsteek?

marous ·

Duidelik dat suid afrika te sleg is om op eie stoom vorentoe te beweeg , dan word die bietjie wat oor is verkwansel vir ‘n pot suur pap .

GM ·

Bahaha, dit gaan Eskom se ‘vermoë beïnvloed om verdere lenings in die mark te verseker’? Wat van hulle hou op geld oral leen wat hul nie kan terugbetaal nie, en hul begin te werk daaraan om besighede winsgewend te maak? Hulle klou vas aan alles, maar hul kan niks ‘manage’ nie (in die grond in wel).

Grassie ·

Dit is totaal onaanvaarbaar dat die regering R33 miljard leen wat deur die belastingbetalers terugbetaal moet word en dan weier om die voorwaardes en verpligtinge wat betrokke is bekend te maak. Eskom sal dit mos nog nooit kan terugbetaal nie en die staatskas sal dan moet pa staan daarvoor. Maar ons mag nie weet wat die terme van die lening is nie. Alles dui op ‘n verskuilde agenda – m.a.w, daar is iewers ‘n groot skroef los. Miskien het dit iets te doen met Sjinese se planne daar in die noorde van Limpopo. Volgens berigte is die steenkool onder Akkerland ongeveer R70 miljard werd. Die Sjinese sal nie ‘n groot lening aan ‘n bankrot instansie maak sonder bymotiewe nie. Ramaja is besig om ons land aan hulle te verkoop, vandaar sy stilswye.

Ryan ·

Kan nie bekend maak nie. Watse nonsens is dit? Ons dring aan om te weet!

pinkie ·

Miskien omdat dit nie ‘n lening is nie?! Die land word aan China verkoop. Stukkie vir stukkie.

IK ·

In graad 1 het juffrou ook ‘n kabouter aan my belowe en ek het haar geglo. Nou 71 jaar later wag ek nog op my kabouter. Glo dis wat Sirrel sê!!

gatiep ·

Nou wat is opgesit as securiteit?
Geen land leen so klomp geld leen en gaan nie bekomerd wees hulle sal dit verloor nie.
Hy dink regtig ons is almal ape.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.