Eskom-bedrog: Hier is die beweerde skurke

Kusile-kragstasie Foto: Khulu Pasiwe (Eskom), Twitter

Die vier persone wat daarvan beskuldig word dat hulle miljoene rande vir Eskom-projekte in hul sak gesteek het, is Donderdag op borgtog van R300 000 elk vrygelaat.

Die volgende beskuldigdes het Donderdag in die Johannesburgse streekshof verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery:

  • Abraham Masango, ʼn voormalige Eskom-hoof verantwoordelik vir die bestuur van kapitaal en konstruksie by Eskom se kragsentrales Medupi en Kusile
  • Mangope France Hlakudi, ʼn voormalige senior bestuurder by Eskom
  • Antonio Jose Da Costa Trindade, ʼn direkteur en aandeelhouer van Tubular Holdings (Pty) Ltd
  • Maphoko Hudson Kgomoeswana, eienaar en bestuurder van Babinatlou CC.

ʼn Lasbrief is ook uitgereik vir die inhegtenisname van Michael Harry Lomas, ʼn Brit wat Tubular Holdings (Pty) Ltd op verskeie maniere bedien het.

Die volgende maatskappye word ook by die klagtes betrek: Hlakudi Translation and Interpretation Services (HTI); Bon Serve Telekom; Tubular Construction Projects (Pty) Ltd (TCP); Abeyla Trading (Pty) Ltd; Tubular Technical Construction (Pty) Ltd, Cosira Tubular Joint Venture (Pty) Ltd; en Babinatlou Business Services CC (Babinatlou).

Die Valke, in samewerking met die Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat, het die verdagtes Dinsdagoggend onderskeidelik in Limpopo, Mpumalanga en Gauteng in hegtenis geneem.

Die inhegtenisname Donderdag is die gevolg van ʼn multidissiplinêre ondersoek deur lede van die Valke, die Spesiale Ondersoekeenheid (SIU), die finansiële intelligensiesentrum (FIC) en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), onder leiding van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat. “Die ondersoek vorm deel van die direktoraat se strategie om Suid-Afrika se staatsbeheerde entiteite weer terug te eis van staatskaping,” sê Bulelwa Makeke, woordvoerder van die NVG.

Die saak is tot 25 Mei uitgestel, met die doel om Lomas by die verrigtinge in te sluit. Hy is tans in Brittanje. Die saak sal dan na die hooggeregshof verwys word.

Volgens Makeke spruit die aanklagtes uit ʼn korrupte kontrak tussen Eskom en TCP.  ʼn Voorlopige ondersoek het daarop gedui dat kontraktuele ooreenkomste tussen kontrakteurs, Eskom-werknemers en derde partye by die Kusile-kragsentrale gruwelik gemanipuleer is. Die beskuldigdes het glo tot R30 miljoen onder mekaar verdeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

skurweberg ·

Dit is nie genoeg dat die misdadegers wie se name is die artikel verskyn aan die pen ry nie, die individue of onderhoudspan wat hulle aangestel het moet ook inhegtenis geneem word, om hulle kant van die saak te hoor. Is daar poligraaf evaluering of psigometriese toetse op hierdie mense tydens die onderhoud of minstens voor die onderhoude gedoen. Watter sekerheidsklarings was beskikbaar?

Andre ·

Stadig maar seker word die korruptes vasgetrek en voor die Howe gebring, dit sal goed wees om n paar van die korruptes in die Gevangenis te sien saam met die Guptas en die meesterbrein Zuma.

Pampoen ·

Wonder net hoeveel van daardie miljoene geld gaan terug betaal word. As jy my vra is dit al lankal in die buiteland iewers belê. Maar lekker van Mercedes terug na donkiekar

Pieter ·

En ons is van die domste belasting betalers in die werld want ons finansier julle korrupte ANC narre

Kobus ·

En die verbruiker moet maar net betaal. Borgtog ? Was hulle Paspoorte ingeneem? Die Engelsman sit in Britanje, hoe lank gaan dit neem.om hom hier te kry? Seker masr net die punt van die Ysberg want ons praat van jare se bedrog

Johanna Botha ·

Gaan hulle nou oorweeg word vir ministersposte want hulle het mos nou die toets geslaag ….of onstap uit aanhouding …of aanhou appeleer vir 20 jaar en dan skielik n siekte opdoen …..

David Potgieter ·

En dit is wat jy kry van BEE aanstellings. Hierdie is maar die punt van die ysberg.

Karools ·

Daar is mos nog baie meer wat moet sit!!!!
Ek hoop hierdie is net die voorlopige lys?
Ek dink hulle sal Robbeneiland weer moet oop maak!!!

Trojaanse Donkie ·

Dis nog net die ore v/d seekoei. Daar is nog baie meer van hulle.

Anna ·

BEE aanstellings !!! Toe dit nog EVKOM, was, was dit beter.. As daar eers n naamsverandering, plaasvind, dan is die ……… geboek!!!

elsa ·

Die hele spul gaan uit poste verwyder word, die tyd het aangebreek vir reguit tronk toe.Hoop net daar is genoeg plek om al die skelms en korruptes te kan inneem. NIKS sal hul kan beskerm nie en hulle sal moet terug betaal of dan uit ANC kas moet bedrae plus rentes inkom.NIE OOR JARE >>>DADELIK> sodat ons ‘n rustige lewe kan leef, want die Woord sal ons beskerm. Dis tyd vir vergelding

Johann ·

In my eerste kommentaar op die arrestasie het ek gesê by hul eerste verskyning is hul almal uit op borg, ‘n leser sê toe in sy kommentaar ek moet voort droom hulle sal nie borg kry. Nou voorspel ek verder, geen tronkstraf vir hulle net n boete, want dit was duidelik die voorwaardes wat met Zuma gesluit was om van sy pos afstand te doen. Niemand sal uiteindelik in die tronk beland agv staatskaping nie. Ek droom voort my vriend.

Stiks ·

Sluit hulle toe in n donker kamer en gooi die sleutels weg!

charmaine ·

CR het verlede week gese beurtkrag is agv sabotasie en as die skuldiges gevang word sal hulle aan die “pen” ry so hier is die eerste 4 saboteerders so wys nou vir ons CR hoe gaan jy hulle straf as hulle alreed uit is op borgtog? Gaan hulle die miljoene terug gee of is dit reeds uitgemors?
Ek het al gewonder kan die belasting betalers nie n saak maak teen die regering vir diefstal van ons SARS geld nie?

Alexz ·

Maar net R300 000 borg?? Dis soos ñ druppel in ñ swembad!

Susanna ·

In hegtenis geneem en op borgtog uit! Gaan fondse terug betaal word? En in wie se sak gaan dit beland?!

daniel ·

Ek dink huidiglik kan mens die eerlikes in Suid Afrika op die een hand se vingers tel.

Johan Louw ·

Ja, BEE het `n stigma van mense onkunde en hul weet nie hoe om die skielike mags posisies te hanteer nie. Dus is hulle gulsig en wil gou ryk word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.