
Khulu Phasiwe, Eskom se woordvoerder.
Eskom se woordvoerder, Khulu Phasiwe, het ná vyf jaar by die kragvoorsiener bedank.
Hy verlaat Eskom einde vandeesmaand.
“Ek het my bes gedoen om ons maatskappy en land te dien en ek wil tyd afneem om te ontspan en te herlaai, sonder om snaaks te wees. Dankie vir die vriendskap oor die jare. Ek is seker ons sal later weer in ander kringe ontmoet,” het Pasiwe in ʼn WhatsApp-boodskap aan verslaggewers gesê.
Phasiwe was pootuit verlede maand, terwyl opwekkingsprobleme by Eskom voortgesleep het. Hy was ʼn hele paar dae met siekverlof.
Dis nog nie bekend wie Phasiwe gaan vervang nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Mens raak pootuit van praat met verslaggewers. Ag nou ja toe. Die slim rotte vlug eerste as die skip sink
Nou toe nou, beurtkrag het toe die Kiwi fabriek tot stilstand laat plons. No polish , no buff…
lekker om genoeg geld te hê om te bedank en te gaan ontspan….die plekkie by Eskom het seker ook te warm geword…
Shame.. My hart bloei vir jou…
Ook ek sal eerder die nagkar gaan ry as om vir eishkom te werk. Baie minder stres.