Eskom-beeldpoetser lê tuig neer

Khulu Phasiwe, Eskom se woordvoerder.

Eskom se woordvoerder, Khulu Phasiwe, het ná vyf jaar by die kragvoorsiener bedank.

Hy verlaat Eskom einde vandeesmaand.

“Ek het my bes gedoen om ons maatskappy en land te dien en ek wil tyd afneem om te ontspan en te herlaai, sonder om snaaks te wees. Dankie vir die vriendskap oor die jare. Ek is seker ons sal later weer in ander kringe ontmoet,” het Pasiwe in ʼn WhatsApp-boodskap aan verslaggewers gesê.

Phasiwe was pootuit verlede maand, terwyl opwekkingsprobleme by Eskom voortgesleep het. Hy was ʼn hele paar dae met siekverlof.

Dis nog nie bekend wie Phasiwe gaan vervang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ha ha ·

Mens raak pootuit van praat met verslaggewers. Ag nou ja toe. Die slim rotte vlug eerste as die skip sink

Eish ·

Nou toe nou, beurtkrag het toe die Kiwi fabriek tot stilstand laat plons. No polish , no buff…

fred ·

lekker om genoeg geld te hê om te bedank en te gaan ontspan….die plekkie by Eskom het seker ook te warm geword…

IK ·

Ook ek sal eerder die nagkar gaan ry as om vir eishkom te werk. Baie minder stres.

GM ·

Ja nee kyk, dit raak seker uitputtend om die heeltyd te moet onthou wat jy vir die publiek moet oor lieg.

Dink net hoe uitgeput moet van die WERKGEWERS wees (van slapelose nagte) wat hul mense moet laat gaan omdat eens suksesvolle maatskappye hul deure moet sluit as gevolg van beurtkrag!

Gert van Wierdapark ·

Ek reken in vyf jaar kon jy n lekker nes-eier opgebou het onder die verskillende Ceo’s en natuurlik seker ook elke jaar n stewige verhogingkie onderhandel het. ‘n Gepaste afskeidsboodskap aan ons agtergeblewendes wat van Eishkom (beurt)-krag afhanklik is, sou gewees het “Don’ t be Left in the Dark”, right!

wielie ·

pppppffff – beeldpoetser? Dis n mooi woord ………… waar kom dit vandaan en wat beteken dit?

John ·

Is die politoer ook weer op? Teen 1 bijoen ‘n bikkie kan hulle dit seker darem bekostig. Enigiemand met ‘n ou ANC-t-hempie?

Jeremia ·

Het seker nuwe blik politoer gekry wat romeriger is en waar alles nóg blinker is ná die swaar opvryfslag.
En die vergoeding skitterblink al hoe meer namates alles al hoe meer opgekoffie.
Om Eskom se opgefoeterde beeld op te poets is onbegonne taak. So goed ‘n stuk pikswart steenkool word as Cullinan-diamant verkoop.

George in Bloem ·

Hmmmm…..ja swaer. Ons verstaan jou pyn.Lieg is maar harde werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.