Eskom begin met beurtkrag

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Maandagoggend aangekondig dat hy begin het om beurtkrag toe te pas.

“Weens onvoorsiene tegniese probleme by ons kragstasies is die kragnetwerk erg onder druk. Eskom sal van 11:00 af [fase 1] beurtkrag toepas,” het die kragvoorsiener gesê. “Eskom doen ‘n beroep op gebruikers om dringend geisers, lugverkoelers, swembadpompe en ander nie-noodsaaklike toestelle deur die dag af te skakel.”

Eskom het vroeër gesê die kragnetwerk sal onder druk wees tot daar nuwe kragvoorsieningskapasiteit beskikbaar is, en dat dit twee tot drie jaar sal duur. “Dit beteken egter nie dat daar daagliks beurtkrag sal wees vir die volgende drie jaar nie.”

Daar is ook verlede week berig dat Nampower, die Namibiese kragvoorsiener, tans elektrisiteit aan Eskom uitvoer. Namibië voer gewoonlik tot 60% van sy elektrisiteit van naburige lande in, insluitend van Eskom. Gedurende ʼn goeie reënseisoen in die opvangsgebiede van die Kunenerivier, kan Namibië buite spitstye, wat laat in die nag is, elektrisiteit uitvoer.

Eskom sukkel om by te hou met Suid-Afrika se vraag na elektrisiteit weens gebrekkige infrastruktuur en ʼn agterstand in instandhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jan ·

Wonder watter spekstories skiet Jacob vir die beleggers by die Wereld Ekonomiese Forum oor die krag in sy land !

Hendrik ·

Ons het beurtkrag hier in Samrand. Die werk se geboue is natuurlik so ontwerp dat jy feitlik doodgaan van die hitte in die somer en vrek in die winter sonder lugversorging. Ek wonder of mense besef dat toskaanse huise ook nie eintlik geskik is vir Afrika.

Elize ·

Ek wens net Eskom wil gaan kyk hoe word krag getap(gesteel) in sekere dele van dorpe en stede, as ons almal ons verantwoordelikhede nakom en ons krag betaal, sal dit nie die krag situasie n hupstoot in die regte rigting gee nie?

Tienie ·

Ek raak sommer pisserig as Eskom se woordvoerders hulle klante vra om krag te bespaar. Verwys na ons as wat ons is. Julle slagoffers.

Robert ·

Ons kan nie klante wees as ons geen ander opsie het nie.N klieent het n keuse om iewes anders te gaan as hy swak diens kry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.