Eskom begin met beurtkrag

Argieffoto

Eskom het Dinsdag om 17:00 beurtkrag begin toepas weens arbeidsprotesoptrede wat by die kragvoorsiener se kragstasies ontwrigting veroorsaak.

Khulu Pasiwe, woordvoerder van Eskom, het gesê beurtkrag sal tot 22:00 toegepas word. “Kragverbruikers word aangeraai om hul verskaffers te kontak om te hoor watter gebiede geraak sal word.”

Volgens Pasiwe het die onwettige arbeidsprotesoptrede Eskom se bedrywighede erg beïnvloed. “Min personeellede en gevalle van intimidasie het reuse-agterstande tot gevolg gehad.”

Die vakbond Solidariteit het intussen versoek dat Eskom en die SAPD sterk teen kriminele elemente wat Eskom saboteer, moet optree.

“Daar is elemente wat infrastruktuur beskadig en die land se elektrisiteitstabiliteit onder die dekmantel van loononderhandelings bedreig. Solidariteit-lede wat Suid-Afrika se ligte wil aanhou, word geïntimideer en selfs met ernstige geweld gedreig,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit gesê.

Volgens Hermann is dié wat saboteer en met geweld dreig ʼn klein groepie, maar ongelukkig kan ʼn klein groepie anargiste groot ontwrigting veroorsaak. “Daar moet ʼn onderskeid getref word tussen kollektiewe bedinging en kriminaliteit. Die eerste is ʼn legitieme proses van magspel en die ander is krimineel en verdien vervolging,” het Hermann gesê.

“Eskom, vakbonde, die SAPD en Suid-Afrika in geheel moet geen geduld met kriminele elemente hê nie,” aldus Hermann. Solidariteit verteenwoordig sowat 7 000 werknemers in Eskom.

Eskom het reeds die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) se dienste aangevra om die dispuut tussen die kragvoorsiener en die vakbonde te help oplos. “Ons hoop dat al die betrokke partye Suid-Afrika eerste sal stel in die poging om ʼn vriendskaplike oplossing te vind.”

Pasiwe het gesê die polisie se hulp is ingeroep om orde by Eskom se kragstasies te handhaaf aangesien die stasies nasionale sleutelpunte is.

Eskom-kliënte kan die kragvoorsiener se webtuiste besoek vir die beurtkragskedules terwyl munisipale verbruikers hul onderskeie munisipaliteite se webwerwe kan besoek vir die skedules.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Irma ·

En so is dit nogsteeds die ou ou storie. Escom hou almal gyselaar want hulle hou die hef in die hand enopsigte van kragvoorsiening. Die skade aan toestelle by individuele huishoudings pla hulle geen oomblik nie. Rampokkers beskadig bestaande infrastruktuur en verminder Escom se vermoë. Geen einde aan al die twak nie.

Rynhardt ·

Eskom -menere, staak jul buitensporige bonusse en salarisverhogings, en betaal jul werkers!!!Jul en Anc hou die land gevangene!!Hier kom donkerte vir SA en moeilikheid!

Hans gordon ·

Escom en sy werknemers hou suid afrika gyselaar om hulle sin te kry. Dit in die naam van mense regte! DIT IS SABOTASIE VAN DIE REEDS ERG SUKKELENDE EKONOMIE. Wat van die sg armes wat nie werk het nie en eskom dra by tot werkloosheid deur ekonomiese sabotasie. Wat van die res van die bevolking se regte. Eskom en sy werkers asook die vakbonde maak hulle skuldig aan boewery. Alles in die naam van menseregte. Hulle pleeg verraad teen die mens van RSA. Hulle behoort aangekla te word van hoogverraad!

IK ·

Wragtig pragtig!! Al my gloeilampe is met kerse vervang! My geiser is ook nou ‘n donkie.

Alida ·

Zuma belowe geen beurtkrag nie! Mis hom nogal! Hallo CR kom by ou!

SjN ·

Dit is mos nou die gulde geleentheid om die oorbetaalde stakers weg te jaag aangesien daar te veel werkers tans is. Daar is duisende wat die werk sal waardeer en kan en wil doen.

Adri ·

Dankie tog vir die polisie wat ingeroep is. Nou kan hulle alles sorgvuldig monitor.

John ·

Eskom speeel net so hard die’ speletjie en hoop ons het sedert verlede jaar almal op ons koppe geval of wen gereeld die R125milj-Lotto. Kan iemand by Eskom aan ons verduidelik hoe hulle by 47 000 aanstellings gekom het as slegs 14 000 volgens die IMF voldoende sou wees. Dit is miskien tyd dat unies afgeskaf word, want die’ spul bly op ‘n ander planeet as ons, veral as hulle soos die 27% werkloses ook tuis sit maar om te tv-kyk en hulself voor die kame-e-e-ras te bewonder; hul skandelike toi-trums-gooiery soos 3-jarige bedorwe tjokkies.

Johanna Botha ·

Ai tog die nuwe SA is al lamgele deur ewige staking op staking !

honourable member ·

Ons wat vir alles moet betaal moet nou met die irretasies sit en die regering sit soos gewoonlik net agteroor.

smurfie ·

Het iemand dalk n link vir die beurtkragskedules. Eskom se website is nie veel van hulp nie :(

Wynand ·

Gelukkig is my ligte sokar(en yskas) Stoof en geyser gas. die res moet maar wag vir die twee ure n week wat die generator loop

Casper Labuschagne ·

Ek gee nie ‘n flenter om of Solidariteit se werkers ook staak nie, hierdie stakers stel net nog meer werksgeleenthede in die gevaar deurdat hulle net vir hulself omgee. Sedert die begin van die jaar het 150,000 mense hul werk verloor, met die komende minimumlone gaan nog miljoene hul werk verloor en as grondonteiening kom sal daar bitter min oorbly wat hoegenaamd werk het.

Nee hierdie werkers van Eskom is besig om hul riel van selfbelang te dans terwyl die land om hulle afbrand, maar hulle gee net vir hul eie beursies om. Nie daardie werkers of Solidariteit het meer my steun nie, voel die werkers miskien lekker trots omdat die land se elektrisiteit nou afgeskakel word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.