Eskom begin met beurtkrag

beurtkragEskom het aangekondig dat hy Vrydagmiddag gaan begin om beurtkrag toe te pas.

“Beurtkrag gaan tot vanaand 20:00 landswyd toegepas word,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

Eskom het verbruikers gevra om swembadpompe, warmwatertoestelle, lugverkoeling en onnodige ligte en toestelle af te skakel om te help om krag te spaar.

Die beurtkragskedule is op Eskom se webwerf beskikbaar. Verbruikers kan ook Eskom se inbelsentrum skakel vir meer inligting.

Dit is nog nie bekend of beurtkrag vir die res van die naweek beplan word nie. Eskom gaan later Vrydagmiddag nog ʼn persverklaring daaroor uitreik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Maryna ·

Mens betaal jou blêrrie kop van jou lyf af vir krag en dan moet mens nog sonder krag ook sit. Wat doen Eskom met almal se gelde? Dink dis tyd dat ons mense Eskom aan die bek moet ruk.

snip ·

Corrie, nie alweer nie, maar nog steeds. ons krag was al 2 keer hierdie week af.

alet ·

Kry vir julle gasstoof geysers en parafien lampe of n krag opwekker vir die ligte baie beter .Anders moet ons maar oorslaan na die donkie buite soos wat die plaasmense vir hulle warmwater gemaak het en koolstowe.Dan kry hulle geen geld in van iemand af om te steel,dis waarom dit so gaan jammer maar dit is so

Rooies ·

Dis net dat Eskom later kan se ons het n RXXXX bedrag minder gemaak dat hul die prys kan opstoot.

bernard ·

ai soms is dit ook lekker om sonder krag te sit want vroeer jare was daar nie elektrisiteit nie. Kanoneiland bv het tot in die tagtigerjare geen elektrisiteit gehad nie. die mense moes saans met kerse en gaslampe besig gewees het. hulle het gas gebruik om vrieskaste bv koud te hou. die ou mense het glad nie gekla oor hulle nie krag gehad het nie. ek het op ‘n plaas gekuier vir so een week waar daar geen krag was nie. die plaas is so een uur se ry van bitterfontein en garies af in die noordkaap.

tertia vd wezthuizen ·

Wat van spots by groot geboue straatligte.winkel vensters en straat ligte en bill boards???????? Sit af!

Dave ·

Indien jy DA gestem het moet jy jou bekhou en tjoepstil bly want dan het jy aandeel in die bankrotskap van Eskom. Ervaar dan bloot waarvoor jy gestem het. Jy hèt immers gestem daarvoor dat bevoegde blankes oorsee gaan werk soek en onbevoegdes die land se kragsentrales beman.

Rina ·

Geen waarskuwing. Die swart woongebiede se straatligte brand dag en nag. Oumensies in ouetehuise kry bitter swaar, geen kragopwekkers nie. Weer klomp inbrake vanaand. Eskom se goed word nie instand gehou nie en nou moet ons maar swaarkry. Kort seker weer geld vir eie gewin.

Peet ·

In ons area help dit niks dat jy na Eskom se skedule kyk nie, want hulle volg dit nie. Wie ondervind dieselfde probleem?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.