“Beurtkrag het van 15:00 af van fase een na fase twee beweeg,” het die kragvoorsiener gesê. Beurtkrag sal tot 22:00 Maandagaand voortduur.
Fase een maak voorsiening vir die sny van tot 1 000MW se kragverbruik, fase twee tot 2 000MW en fase drie maak voorsiening vir die sny van tot 4 000MW se kragverbruik.
“Ons weet nie wat is die rede nie, ons het net ʼn oproep van Eskom af ontvang om na fase twee te beweeg,” het Sol Masolo, woordvoerder van City Power, gesê. “Eskom-bestuurders is blykbaar in ʼn noodvergadering,” het hy gesê.
Eskom het vroeër Maandag gesê die kragnetwerk is erg onder druk weens onvoorsiene tegniese probleme by sy kragstasies. Die kragvoorsiener het verbruikers versoek om hul geisers, lugverkoelers, swembadpompe en ander nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Volgens Zuma het Jan Van Riebeeck die Evkom-beplanning verkeerd aangepak.
Hulle soek geld en sal kort kort die een of ander probleem voorhou tot hulle die elektrisiteit weer belaglik verhoog het.
Ek weet nie hoekom ESKOM ‘n problem met krag het nie. 30% van Ekurhuleni se straatligte brand heeldag!!!
Die probleem is….elke gehuggie het n liggie en die groot masjien hy moet net hardloop, hy “grow” nie in “size” of word gemaintain nie, ou Jhan van Riebeeck het daai masjien mos goed gemaak, hulle sal vir jhare hou.
Skakel oor na gas dan sal al die probleme uit gesny word ek is besig om alles oor te skakel