Eskom begin met fase 2-beurtkrag

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Eskom het Maandagmiddag aangekondig dat hy fase twee van beurtkrag begin toepas het.

“Beurtkrag het van 15:00 af van fase een na fase twee beweeg,” het die kragvoorsiener gesê. Beurtkrag sal tot 22:00 Maandagaand voortduur.

Fase een maak voorsiening vir die sny van tot 1 000MW se kragverbruik, fase twee tot 2 000MW en fase drie maak voorsiening vir die sny van tot 4 000MW se kragverbruik.

“Ons weet nie wat is die rede nie, ons het net ʼn oproep van Eskom af ontvang om na fase twee te beweeg,” het Sol Masolo, woordvoerder van City Power, gesê. “Eskom-bestuurders is blykbaar in ʼn noodvergadering,” het hy gesê.

Eskom het vroeër Maandag gesê die kragnetwerk is erg onder druk weens onvoorsiene tegniese probleme by sy kragstasies. Die kragvoorsiener het verbruikers versoek om hul geisers, lugverkoelers, swembadpompe en ander nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Dave ·

Volgens Zuma het Jan Van Riebeeck die Evkom-beplanning verkeerd aangepak.

sue ·

Hulle soek geld en sal kort kort die een of ander probleem voorhou tot hulle die elektrisiteit weer belaglik verhoog het.

chris ·

Heeltemal reg Sue.Die aankoop van bykomende krag vanaf ander bronne wat meestal gefinansier word deur buitelanders vereis dat die kostes drasties hoer moet wees.Vandaar die “probleem”.

CHRISTA CONTINO ·

Ek weet nie hoekom ESKOM ‘n problem met krag het nie. 30% van Ekurhuleni se straatligte brand heeldag!!!

wendy ·

rede die ligte brand was nou die dag in koerant is omdat hulle nie die kabels kan steel nie

SNEL ·

Die probleem is….elke gehuggie het n liggie en die groot masjien hy moet net hardloop, hy “grow” nie in “size” of word gemaintain nie, ou Jhan van Riebeeck het daai masjien mos goed gemaak, hulle sal vir jhare hou.

annie ·

Skakel oor na gas dan sal al die probleme uit gesny word ek is besig om alles oor te skakel

Dave ·

Ek soek juis nou op Internet na gas-rekenaars en ‘n gas modem, Annie. Dit sal nie vir die gaste wees maar vir self. :-)

Estelle ·

En ons betaal maar met ‘n “SMILE”, want hulle se so!!

zahn ·

Eskom se hele probleem is daar is te veel Chiefs en te min Indians, hulle topstruktuur sit heeldag en vreet uit die trog, maak allerhande slim planne, en daar is niemand om die planne uit te voer nie. Of om onderhoud te doen nie. Ek sal graag wil weet wat hulle bestee aan Raadgewende Ingenieurs per maand om hul basiese onderhoud en beplanning te doen.

Martyn du Plessis ·

Eskom moet besef dat kundige werkers, om dienste te lewer, nodig is. Kry vir julle `n klomp Boere om die spul weer aan die gang en gediens te hou.

Elize ·

Kan iemand my net help. Iets wat ek nie verstaan nie. Apartheid en Van Riebeeck word blameer vir die kragkrisis. Na 21jr van demokrasie… kon hul nie al vroeer die kragkrisis, raakgesien het nie, in 2008 was daar beurtkrag. Hoelank vat dit om n kragstasie te bou? Hoekom word die kragstasies in instand gehou nie? Wat maak Eskom met die geld wat van die regering af kom? Kan iemand my help, ek verstaan nie.

wendy ·

Elize hulle was 15 jaar terug gewaarsku oor die krag en hulle het hul nie daaraan gestuur nie ja die geld is aan hoe salaris en bonusse betaal en uitgemors

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.