Eskom begin met fase 3-beurtkrag

kersEskom het aangekondig dat hy tans fase drie van beurtkrag oor die land toepas en dat daar ook oor die naweek beurtkrag toegepas sal word.

“Ons is tans in beurtkrag fase drie in sommige areas weens ʼn hoë vraag of dringende instandhouding wat by sekere kragstasies gedoen word,” het Eskom aangekondig.

Fase drie maak voorsiening vir die sny van tot 4 000MW se kragverbruik. Eskom het ook reeds vroeër aangekondig dat daar Saterdag en Sondag fase twee beurtkrag toegepas sal word tussen 6:00 en 22:00.

Indien jy ʼn Eskom-kliënt is, klik hier vir die beurtkragskedules.

Munisipale-kliënte kan hul beurtkragskedules op die onderskeie munisipaliteite se webwerwe kry. Eskom publiseer ook van die munisipale skedules hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kosie ·

Instandhouning?en nou gaan hulle die naweek oortyd werk dan is die verkoning weer volgende week daar is nie diesel nie,dis nou n slapgat regering en ook die party wat ek voor gestem het wat Malema probeer navolg om stem dik te maak maar kruip eintlik net agter hom weg en ry die soustrein maar saam

Marthie ·

Eskom het ‘n skedule maar hulle hou nie by dit nie. Hulle besluit wanneer en wie se krag af moet gesit word. Daar is woongebiede wat nog glad nie beurt krag gehad het nie en dan hier in Bredell Kempton Park het ons sommer twee keer per dag. Jy kan nie beplan nie. Eskom moet terug gaan skooltoe om te leer lees.

Marthie ·

Eskom het ‘n skedule maar hulle hou nie by dit nie. Hulle besluit wanneer en wie se krag af moet gesit word. Daar is woongebiede wat nog glad nie beurt krag gehad het nie en dan hier in Bredell Kempton Park het ons sommer twee keer per dag. Jy kan nie beplan nie. Eskom moet terug gaan skooltoe om te leer lees.

Dioline Burdekin. ·

Wat dink hulle wat gaan word van ons vleis wat gaan vrot word? gaan hulle dit vervang? o nee!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.