Eskom begin weer met fase 3-beurtkrag

Foto: GCIS

Foto: GCIS

Eskom het aangekondig dat daar Saterdag weer beurtkrag fase drie toegepas sal word, wat beteken dat groter dele van die land sonder krag sal sit vir langer tydperke.

Die kragvoorsiener het ook Vrydag beurtkrag fase drie toegepas en het aanvanklik gesê daar sal beurtkrag fase twee oor die naweek toegepas word. Beurtkrag fase twee is Saterdagoggend van 06:00 tot 08:00 toegepas waarna daar met fase drie begin is. Volgens Eskom sal dit tot 22:00 Saterdagaand voortduur.

“Ons doel met beurtkrag die naweek is om opgaardamme en dieseltenkers te vul en noodsaaklike instandhouding te doen,” het Tshediso Matona, Eskom se uitvoerende hoof, Vrydag gesê. Hy het gesê Eskom se strewe is om daarna beurtkrag tot in die middel van Januarie te probeer voorkom.

Volgens Matona kan dit egter nie gewaarborg word dat daar nie beurtkrag oor die feesseisoen gaan wees nie. Eskom se kragnetwerk is uiters beperk weens probleme by kragstasies, ʼn tekort aan waterreserwes en logistieke probleme in verband met sy dieselvoorraad.

Beurtkrag fase drie maak voorsiening vir die sny van tot 4 000MW se kragverbruik.

Indien jy ʼn Eskom-kliënt is, klik hier vir die beurtkragskedules.

Munisipale-kliënte kan hul beurtkragskedules op die onderskeie munisipaliteite se webwerwe kry. Eskom publiseer ook van die munisipale skedules hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

oom Koos ·

Die grootbase by Eishkom gaan hulself die Krismis seker ‘n lekker kersbonus gee vir hul harde werk die afgelope jaar….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.