Die kragvoorsiener het ook Vrydag beurtkrag fase drie toegepas en het aanvanklik gesê daar sal beurtkrag fase twee oor die naweek toegepas word. Beurtkrag fase twee is Saterdagoggend van 06:00 tot 08:00 toegepas waarna daar met fase drie begin is. Volgens Eskom sal dit tot 22:00 Saterdagaand voortduur.
“Ons doel met beurtkrag die naweek is om opgaardamme en dieseltenkers te vul en noodsaaklike instandhouding te doen,” het Tshediso Matona, Eskom se uitvoerende hoof, Vrydag gesê. Hy het gesê Eskom se strewe is om daarna beurtkrag tot in die middel van Januarie te probeer voorkom.
Volgens Matona kan dit egter nie gewaarborg word dat daar nie beurtkrag oor die feesseisoen gaan wees nie. Eskom se kragnetwerk is uiters beperk weens probleme by kragstasies, ʼn tekort aan waterreserwes en logistieke probleme in verband met sy dieselvoorraad.
Beurtkrag fase drie maak voorsiening vir die sny van tot 4 000MW se kragverbruik.
Indien jy ʼn Eskom-kliënt is, klik hier vir die beurtkragskedules.
Munisipale-kliënte kan hul beurtkragskedules op die onderskeie munisipaliteite se webwerwe kry. Eskom publiseer ook van die munisipale skedules hier.
Die grootbase by Eishkom gaan hulself die Krismis seker ‘n lekker kersbonus gee vir hul harde werk die afgelope jaar….