Eskom bekom dringende interdik teen staking

Argieffoto

Argieffoto

Die National Union of Mineworkers (NUM) het Dinsdag sy ontsteltenis uitgespreek dat Eskom ʼn interdik teen ʼn staking bekom het.

“Die NUM is woedend dat Eskom ʼn dringende hofinterdik bekom het om sy werknemers te verhoed om te staak omdat Eskom as ʼn noodsaaklike diens beskou word,” het die vakbond in ʼn verklaring gesê.

Eskom het bevestig hy het Maandag die interdik bekom.

“Die werkgewer probeer om sy werkers te bestuur deur middel van ʼn interdik en om hulle só te probeer intimideer,” het Ndlela Radebe, waarnemende energiebedryfskoördineerder van NUM, gesê.

Eskom het gesê hy vergader Dinsdag en Woensdag met vakbonde by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie. NUM en die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) eis ʼn algemene loonverhoging van 12% en ʼn behuisingstoelaag van R1 000.

Eskom het vroeër aangedui hy ag loononderhandelings as ʼn vertroulike saak tussen die werkgewer en vakbonde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

se-net ·

Maar die stakers mag maar die werkgewers en mede werkers intimideer?

Estelle ·

En as SA op sy kniee is deur al die stakings, gaan NUMSA eerste vra, wat het dan nou gebeur? Ons ekonomie is in sy m..r NUMSA! Strike julle as Unie asb! en los ander mense uit wat wil werk! Soos Eskom se dit is ‘n privaat aangeleentheid tussen hulle en die betrokke unies! BUTT OUT!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.